Attie Heunis's Journey

The ramblings of a Caucasian African American

  • Charles Darwin
    Charles Darwin

    Ek was ‘n programmeerder (op verskillende vlakke) in Engeland vir 7 jaar. Soos lesers sekerlik weet is programmeerders redelik “geeky” en meeste mense sou sê relatief intelligent. Ek het sekerlik ‘n honderd kollegas gehad in hierdie periode. En ek kan eerlikwaar erken dat ek net 1 kan onthou wat nie evolusie aanvaar nie. En hy was ‘n Sikh Indiër gewees. Dit is ook nie dat ek nie geweet het wat die ouens dink nie want dit is iets wat ons gereeld bespreek het. In Engeland en nog meer in Europa word mense wat nie Darwin se teorie aanvaar nie, as oningelig beskou.

    In 2006 het ons terug Suid-Afrika toe gekom en van toe af is ek weereens verstom hoe evolusie nog moet plek maak vir godsdienstige dogma in Suid-Afrika; selfs nog meer by Afrikaners. Hier word evolusie gesien as ‘alternatief’ en word vergelyk met Crop Circles!! Dit is vir my baie frustrerend.

    Na al die gesonde wetenskaplike debat vanaf 1859 (toe Charles Darwin se seminale “Origin of the Species” eerste gedruk is) word evolusie nou aanvaar in die moderne wêreld as die beste & enigste teorie huidiglik wat alle lewe op Aarde kan verduidelik. Die wetenskaplike gemeenskap erken egter dat dit ‘n teorie is. Net soos Galilei, Newton & Einstein se wette ook teorieë is. Miskien sal iemand eendag weer bewys dat die Aarde plat is of dat evolusie onsin is. Maar ek twyfel!!

    Suid-Afrika (en veral Afrikaners) se beheptheid met geloof word weerspieël in die res Afrika waar mense ook nie vir hulself kan dink nie; miskien uit misplaaste vrees is vir iets wat nie bestaan nie. Dit is teleurstellend vir ‘n volk wat as modern wil beskou word.

    Op 24 November is Charles Darwin se boek “On the Origin of Species by Means of Natural Selection or The Preservation of Favoured Races in the Struggle For Life” 150 jaar oud. Die Smithsonian Instituut sê die boek “may be the most important book ever written”.

  • Blou Bulle heers
    Die Blou Bulle heers!

    Die Blue Bulle se trofeekas is nou propvol na hulle die naweek die Curriebeker teen Adriaan Strauss se Cheetahs verower het. Met spelers soos Guthro Steenkamp, Bakkies Botha, Victor Matfield, Danie Rossouw, Deon Stegmann, Dewald Potgieter, Pierre Spies, Fourie du Preez, Morné Steyn, Bryan Habana, Wynand Olivier & Zane Kirchner gaan mense oor 20 jaar nog praat van hierdie uitsonderlike groep spelers.

    In hierdie goeie tye moet ‘n mens nie die maer jare vergeet nie. Ek is ‘n fanatiese Bul ondersteuner vandat ek 11-jaar oud is. Ek onthou die glorie jare van die 80s en toe Deon Oosthuizen onder die pale gaan druk het na ‘n Naas Botha skop in 1991. En toe die eksodus van al ons top spelers, Uli Schmidt, Robert du Preez, Theo van Rensburg & selfs Gerbrand Grobler, na Natal en Transvaal in die 90s. Dit het die Bulle hard geslaan. Dit het 7 jaar gevat vir reserwe skrumskakel Conrad Breytenbach in 1998 om die Bulle weer te laat geld.

    Tot in die middel Naughties (2000s) het ons maar les opgesê in die Super 14. My Weepee vriende terg my nou nog oor my lojaliteit teenoor Adriaan Richter, agsteman. Toe kom Heyneke Meyer en ruk die dinge rug. Eers op Curriebeker vlak; ons het 3 bekers in ‘n ry gewen onder Anton Leonard. En toe die Super 14 in 2007 – al was daar ‘n hanteer foutjie voordat Bryan Habana die Sharks se harte verskeur het. Ironies dink ek Heyneke het self die pad byster geraak daarna, maar hy het ‘n uitstekende fondasie gelê vir Frans Ludeke.

    Maar nou dink ek nie enigiemand kan stry dat die Bulle nou tops is nie. Nie net het ons die 2009 Super 14 en die Curriebeker gewen nie, maar die Bulle was die grootste element in moontlik die Springbokke se beste jaar. Bakkies Botha, Victor Matfield, Danie Rossouw, Fourie du Preez en Bryan Habana het al die Curriebeker (nasionale kompetisie), die Super 14, die Drie-Nasies, die Britse Leeus en die Wêreldbeker gewen! Hulle is letterlik (ja oukei ek weet net Suid-Afrikaners speel Curriebekker, maar julle weet wat ek bedoel) die enigste ouens in die wêreld wat hiermee kan spog.

  • ANC Corruption
    ANC Korrupsie

    Hierdie vraag duik nou weer in my gedagtes op nadat ek van ‘n goeie vriend verneem het dat hulle Elliot Mashile, voorsitter van die Oos-Kaap se drankraad moes omkoop om hulle lisensie te kry. Blykbaar het die vark ‘n moerse fancy kar en ‘n moerse salaris, maar hy het nie geld vir petrol in sy kar nie!!!! Met die omkopery het hy ‘n dranklisensie, wat gewoonlik maande neem, binne 24-uur gereël. Al sou ek nooit wetend sou iets self doen nie, neem ek nie my vriend kwalik nie; hulle het alles aan hulle kant reg gedoen en moes al lankal die lisensie gehad. Maar die raad is so treurig hulle funksioneer eenvoudig nie. Of hulle verwag om omgekoop te word.

    Op dieselfde dag verneem ek van ‘n ander vriend wat die lokale verkeersdepartement moes omkoop vir ‘n een of ander lisensie. Ek het self al – geheel en al onwetend – ‘n verkeersbeampte afgepers en my loodgieter het (sonder my toestemming) die bouinspekteur omgekoop namens my. Ek moes my prokureur betaal om die NHBRC te dagvaar sodat ek my sertifikaat kon kry want ek was nie beried om hulle om te koop nie.

    Ons woonbuurt se strate is in haglike toestand, maar Ndlambe Munisipaliteit het niks geld om enigiets reg te maak nie. Die hoofberig in gister se Herald gaan oor Ndlambe se baie ernstige watertekort. En die ergste is dat dit nie eers so droog is nie; die munisipaliteit het net nie die vermoeë om die situasie te bestuur nie. Nou word tientalle ontwikkelings wat hierdie onderontwikkelde area broodnodig het net eenvoudig gestop; tot wie weet wanneer. Ons bedryf ‘n restaurant en water is ‘n noodsaaklikheid. Nou gaan hulle waarskynlik ons water afsny in Desember; die een periode in die jaar wat ons moet skep.

    Eskom, ons enigste verskaffer van krag, se pryse gaan op met 45% per jaar vir 3 jaar. Dit beteken dat waar ons besigheid se krag ons nou R4000 per maand kos, sal dit in 2012 R12,000 per maand wees!! En ons is nie ‘n groot besigheid nie. Terloops Eskom Voorsiening (waar die grootste gemors is) se grootste sub-kontrakteur is Hitachi Power Africa en hulle grootste aandeelhouer? Die ANC!

    Al hierdie terminale probleme kan oor die lang termyn uitgesorteer word deur mense met die regte vaardighede aan te stel in sleutelposte. Die feit wat baie linksgesindes en die ANC nie wil erken nie is dat meeste van hierdie mense wit is. En die ANC (lees Regering, Polisie, Lokale Regering, Eskom, Telkom, Groot Besigheid ens) weier om witmense aan te stel. Witmense word geheel en al gemarginaliseer. En die ergste van alles is witmense wil bydra. Hulle is bereid om opofferings te maak. Maar die nuwe Suid-Afrika soek nie witmense nie. Die reënboog is baie vinnig besig om swart te raak.

    Ongelukkig dink ek dit gaan nog erger raak. Gister het Jacob Zuma, ons eerbare President (wat steeds nog nie sy dag in die hof gehad het nie) gesê dat die erg radikale Julius Malema, leier van die ANC se jeugliga, ‘n goeie leier vir die ANC sal wees. Hy het gesê die ANC is Malema se ‘inheritance’! Almal weet dit seker teen die tyd, maar Malema is ‘n imbesiel wat nie heeltemal matriek kon deurkom nie. Hy spoeg vuur en is openlik rassisties teenoor witmense. Cosatu is baie ontstel oor Eskom se voorgestelde tariewe en tog sal hulle (deur hulle ANC verteenwoordigers) nie ‘n private kragvoorsiener toelaat nie. Laas week is nog ‘n kragtige matige, Joel Netshitenzhe, uitgewerk deur die Kommunistiese elemente in die ANC. Ekonome erken dat hierdie verskynsel saam met die aanstelling van die uiters linkse Pravin Gordhan lei tot kommer.

    Dit alles terwyl misdaad, korrupsie en armoede net meer raak. Hierdie is die tipe goed wat lei tot burgeroorloë. Rian Malan, voorheen linksgesinde joernalis en skrywer van My Traitor’s Heart, het onlangs gesê hy dink Suid-Afrika is op pad na ‘n burgeroorlog toe.

    In my frustrasie het ek nou net aanlyn gekyk of ons kan werk in Holland. Ons kan; enige plek in Europa. Ons het nie papierwerk nodig nie omdat ons Britse Burgers is. Dit is vir my ongelooflik hartseer om dit te sê en ek wens dat was anders, maar ons is besig om in daai koers te dink. Uit die aard van die saak moet ons nog baie dink en bespreek voordat ons ‘n besluit maak, maar dit is nou ‘n oorweging waar dit vroeër nie was nie. Ek is gatvol vir korrupsie, omkopery, graft, rassisme, slaggate, geen dienslewering, misdaad en onkunde en mense wat al hierdie fundamentele probleme probeer afmaak as “nie so erg nie”!

  • Elke en Gustav was gister in hul 1ste konsert gewees. Elke het vrek baie uitgesien daarna en sy het dit regtig terdeë geniet. Soos julle op die video sal sien het sy ‘n lang gehad want sy gaap kompleet soos ‘n minister in die Parlement. Sy is nog net 2 weke in die skool en sy verstaan nog nie altyd die Engels so lekker nie.

  • Ek dink Boesmans groei nou die vinnigste in ‘n vrek lang tyd. My Pa het die Red Apple Liquor Store in die laat 90s gebou. Die het van tyd tot tyd huurders gehad maar dit was meer leeg as vol. Die 1ste besigheid wat ‘n regtig ‘n sterk huurder geword het was Cecil en Yvonne Jones se Preston’s Liquor Store. JuJu Art Gallery van Julius Bramley het in 2005 oopgemaak en ons het in 2006 die Red Apple Farm Stall oopgemaak. Ongelukkig het JuJu sedertdien weer toegemaak. Waves het ook in 2007 oopgemaak.

    Maar nou in Oktober maak 3 splinternuwe besighede oop. Ek dink dit gaan regtig baie goed wees vir Boesmans en die Red Apple.

  • South-Africa Rules!
    Springbok bewonderaar
    Suid-Afrika Nommer 1!

    Ek dink regtig dat dit ongelooflik is dat Suid Afrika nou Nommer 1 in die wêreld is in Rugby (15man en 7s) en Krieket (Toetskrieket en Eendagkrieket)!

    In Rugby is ons boonop die wêreldkampioene in 7s en “regte” rugby en deur die Bulle hou ons die Super 14 trofee. In 15man rugby het ons die Nommer 1 rang oorgeneem van die die “Ou Vyand” Nieu-Seeland toe ons hulle vroeër die maand in ‘n drie-nasies wedstryd geklop het. Die huidige rugby span word gereken as een van die beste Springbok ooit. En meer as dit; hy word gereken as een van die beste internasionale spanne van alle tye.

    Met Spelers soos Bismarck du Plessis, Victor Matfield en Bakkies Botha (wêreldrekord slot vennootskap), Juan Smith, Schalk Burger (IRB Speler van die jaar 2004), Heinrich Brussouw, Pierre Spies, Fourie du Preez (gunsteling vir Speler van die Jaar 2009), Jean de Villiers, Jacque Fourie, Bryan Habana (IRB Speler van die jaar 2006), JP Pietersen en Frans Steyn kan hierdie span in 2011 weer die wêreldbeker wen.

    John Smit is nou wel nie die beste stut of hakker in Suid-Afrika nie, maar sy kapteinskap is regtig uitstekend. Hy kommunikeer uitstekend met skeidsregters en die Pers. En ek dink die spelers respekteer hom geweldig. Ek persoonlik is nie ‘n aanhanger van Pieter de Villiers nie; ek dink hy is aangestel omdat hy ‘n kleurling is en beslis nie die beste afrigter nie. Ek dink die span is so goed ten spyte van die afrigter en nie as gevolg van hom nie. Dit spreek boekdele oor die leierskap van ouens soos John Smit, Victor Matfield, Fourie du Preez en Dick Muir. As politieke inmenging (byvoorbeeld Adi Jacobs en Ricky Januarie) nou net nie dinge befoeter nie kan hierdie span vir nog 3 jaar lank die wêreld heers.

    In krieket het ons ongelukkig minder trofees, maar nadat Engeland vroeër die maand vir Australië geklop het in die reeks om die As het ons die Nommer 1 mantel oorgeneem. Ek dink baie Suid-Afrikaners het besef dat daar iets spesiaals in hierdie span steek toe hulle die “Greatest One Day International ever” in 2006 teen Australië gewen het. Vandaar onder die sterk leiding van Graeme Smith het hierdie span op en op beweeg. Weereens is daar soveel kwaliteit in hierdie span (Graeme Smith, Herschelle Gibbs, Jacques Kallis, AB de Villiers, Ashwell Prince, Hasim Amla, Johan Botha, Mark Boucher, Albie Morkel, Wayne Parnell en Dale Steyn) dat dinge net soveel beter kan raak.

  • Die naweek het ek net weereens besef dat daar ‘n besliste poging is om die Afrikaner te marginaliseer in Springbok Rugby. Op die oomblik is die oorgrote meerderheid van spelers in Suid-Afrika Afrikaners; 73% (11 uit 15) van die Springbokke is Afrikaners en ek vermoed dis nog meer in Provinsiale rugby. En tog is daar net Een Afrikaner (uit 13) op die Springbok Bestuur.

    Ek sou geen pyn hiermee hê as die ander 12 mense op meriete daar was nie, maar almal in Suid-Afrika weet dat Springbok Rugby een van die goed is wat die ANC teiken om die Afrikaner nog meer te marginaliseer. So ek is seker die ANC tesame met Oregen “Quota” Hoskins doen alles in hul vermoë om die Afrikaner uit die bestuur te hou. Dis eintlik pateties as ‘n mens dink dat hulle tog op Afrikaners staat maak om die REGTE werk te doen – namens wedstryde te wen.

    Dis eintlik ‘n mikro-weergawe van ons land, dan nie.

  • "Deep Water" - moving
    "Deep Water" – moving

    Deep Water is a film currently showing on DSTV. This documentary covers the true story of how Don Crowhurst, Bernard Moitessier and others attempt to sail around the world on their own.

    The first words of the film are “We are all human beings and we all have dreams.” Very apt. This deeply moving film examines Man’s (sometimes tragic) quest for adventure and glory. But it is far more than that; it is about friendship, failure, family, priorities, greed and solitude. I would say it is essentially about men. Real Men; with their strengths AND weaknesses. But it also explores these men’s relationships to their families and how unwittingly destructive these men can be.

    I like to think I have exploration in my blood. I think most men, especially Afrikaners, feel the same. I know my father has it in his blood; he has travelled into remote Africa on his own for months on end. This need to explore – in solitude sometimes – is something that fascinates me tremendously.

    This film hit my right in the chest; Twice! I give it 8.5/10 – a must see!

  • Baie beïndruk met Nikon D90

    Ek het nou al ‘n bietjie kans gehad om met my Nikon D90 te speel. Ek moet sê ek is baie beïndruk. Hierdie foto het ek nou die aand in die donker geneem en tog was daar meer as genoeg detail in die foto. Hy is ook heelwat makliker en vinniger om te hanteer as my ou D70.

    Hierdie foto is gemaak deur ‘n “blending” tegniek wat ek by die erkende fotograaf Hougaard Malan geleer het. Hulle gebruik (soos verwag) Adobe Photoshop CS3/4, maar ek het sommer Adobe Photoshop Elements 6.0 gebruik.

  • Ek het het vandag fotos gaan neem met my splinternuwe Nikon D90. Die kamera is die 1ste DSLR wat video kan neem maar dis glad nie hoekom ek hom gekoop het nie. Ek het niks verwag van die video nie, maar toe Elke en Gustav in die bootjie gesit en gesels het het ek gedink dis ‘n goeie geleentheid om te kyk hoe goed die video funksionaliteit is.

    Ek was aangenaam verras. Ek het op die kleinste format 640 x 480 geneem en ek dink die kwalitieit is heel goed. Dit was bewolk gewees, maar soos julle kan sien was die beeld baie goed en lekker skerp.

    Die video self is baie snaaks – veral die einde! 😉