Suid-Afrika se dae getel?

ANC Corruption
ANC Korrupsie

Hierdie vraag duik nou weer in my gedagtes op nadat ek van ‘n goeie vriend verneem het dat hulle Elliot Mashile, voorsitter van die Oos-Kaap se drankraad moes omkoop om hulle lisensie te kry. Blykbaar het die vark ‘n moerse fancy kar en ‘n moerse salaris, maar hy het nie geld vir petrol in sy kar nie!!!! Met die omkopery het hy ‘n dranklisensie, wat gewoonlik maande neem, binne 24-uur gereël. Al sou ek nooit wetend sou iets self doen nie, neem ek nie my vriend kwalik nie; hulle het alles aan hulle kant reg gedoen en moes al lankal die lisensie gehad. Maar die raad is so treurig hulle funksioneer eenvoudig nie. Of hulle verwag om omgekoop te word.

Op dieselfde dag verneem ek van ‘n ander vriend wat die lokale verkeersdepartement moes omkoop vir ‘n een of ander lisensie. Ek het self al – geheel en al onwetend – ‘n verkeersbeampte afgepers en my loodgieter het (sonder my toestemming) die bouinspekteur omgekoop namens my. Ek moes my prokureur betaal om die NHBRC te dagvaar sodat ek my sertifikaat kon kry want ek was nie beried om hulle om te koop nie.

Ons woonbuurt se strate is in haglike toestand, maar Ndlambe Munisipaliteit het niks geld om enigiets reg te maak nie. Die hoofberig in gister se Herald gaan oor Ndlambe se baie ernstige watertekort. En die ergste is dat dit nie eers so droog is nie; die munisipaliteit het net nie die vermoeë om die situasie te bestuur nie. Nou word tientalle ontwikkelings wat hierdie onderontwikkelde area broodnodig het net eenvoudig gestop; tot wie weet wanneer. Ons bedryf ‘n restaurant en water is ‘n noodsaaklikheid. Nou gaan hulle waarskynlik ons water afsny in Desember; die een periode in die jaar wat ons moet skep.

Eskom, ons enigste verskaffer van krag, se pryse gaan op met 45% per jaar vir 3 jaar. Dit beteken dat waar ons besigheid se krag ons nou R4000 per maand kos, sal dit in 2012 R12,000 per maand wees!! En ons is nie ‘n groot besigheid nie. Terloops Eskom Voorsiening (waar die grootste gemors is) se grootste sub-kontrakteur is Hitachi Power Africa en hulle grootste aandeelhouer? Die ANC!

Al hierdie terminale probleme kan oor die lang termyn uitgesorteer word deur mense met die regte vaardighede aan te stel in sleutelposte. Die feit wat baie linksgesindes en die ANC nie wil erken nie is dat meeste van hierdie mense wit is. En die ANC (lees Regering, Polisie, Lokale Regering, Eskom, Telkom, Groot Besigheid ens) weier om witmense aan te stel. Witmense word geheel en al gemarginaliseer. En die ergste van alles is witmense wil bydra. Hulle is bereid om opofferings te maak. Maar die nuwe Suid-Afrika soek nie witmense nie. Die reënboog is baie vinnig besig om swart te raak.

Ongelukkig dink ek dit gaan nog erger raak. Gister het Jacob Zuma, ons eerbare President (wat steeds nog nie sy dag in die hof gehad het nie) gesê dat die erg radikale Julius Malema, leier van die ANC se jeugliga, ‘n goeie leier vir die ANC sal wees. Hy het gesê die ANC is Malema se ‘inheritance’! Almal weet dit seker teen die tyd, maar Malema is ‘n imbesiel wat nie heeltemal matriek kon deurkom nie. Hy spoeg vuur en is openlik rassisties teenoor witmense. Cosatu is baie ontstel oor Eskom se voorgestelde tariewe en tog sal hulle (deur hulle ANC verteenwoordigers) nie ‘n private kragvoorsiener toelaat nie. Laas week is nog ‘n kragtige matige, Joel Netshitenzhe, uitgewerk deur die Kommunistiese elemente in die ANC. Ekonome erken dat hierdie verskynsel saam met die aanstelling van die uiters linkse Pravin Gordhan lei tot kommer.

Dit alles terwyl misdaad, korrupsie en armoede net meer raak. Hierdie is die tipe goed wat lei tot burgeroorloë. Rian Malan, voorheen linksgesinde joernalis en skrywer van My Traitor’s Heart, het onlangs gesê hy dink Suid-Afrika is op pad na ‘n burgeroorlog toe.

In my frustrasie het ek nou net aanlyn gekyk of ons kan werk in Holland. Ons kan; enige plek in Europa. Ons het nie papierwerk nodig nie omdat ons Britse Burgers is. Dit is vir my ongelooflik hartseer om dit te sê en ek wens dat was anders, maar ons is besig om in daai koers te dink. Uit die aard van die saak moet ons nog baie dink en bespreek voordat ons ‘n besluit maak, maar dit is nou ‘n oorweging waar dit vroeër nie was nie. Ek is gatvol vir korrupsie, omkopery, graft, rassisme, slaggate, geen dienslewering, misdaad en onkunde en mense wat al hierdie fundamentele probleme probeer afmaak as “nie so erg nie”!

6 thoughts on “Suid-Afrika se dae getel?

Add yours

  1. Weet jy Attie, partykeer dink ek die emosies wat so diep in elk van ons opgesluit lê moet nou maar dat wat moet gebeur, gebeur. Laat ons mekaar tog nou openlik aanvat en sommer moer toe ook skiet as dit dan nou moet. Ek is sommer gaivol vir al hierdie goed wat onder die mat gevee word.

  2. Sammi, dis die probleem as dinge so sleg raak. ‘n Ou begin dink aan goed wat jy nie moet nie!

    Johannes, dit is miskien wat my meeste frustreer; ek dink nie ons broers verstaan die beginsel van demokrasie. Hulle sal vir die ANC aanhou stem net soos wat 50% van Zimbabwe nog vir Mugabe stem.

  3. Maar die waarheid en die feite staar ons in die gesig – elke dag. Ek het verhuis van KZN JUIS oor ek NIE daardie kon hanteer nie. Slaan mens se denke vloer toe – en dan kan mens nie eers ordentlik asemhaal nie. Tog hoor ek nou dat Solidariteit iets vir die Afrikaner wil beding.
    Attie, ons MOET uitpraat – ons MOET mense weer passie laat voel sonder apatie. Dis die apatie wat mens doodmaak.

  4. Dankie dat jy die moed van jou oortuiging gehad het om hierdie stuk te skryf en te plaas.

    Korrupsie, hetsy wit of swart, kniehalter enige vooruitgang. Al kom enigiemand met teenargumente. Dit is ‘n vieslike ding wat allesoorheersend geword het in SA.

    Ek wens ons kon ons oumense inpak, en wegneem. Geen mens verdien om so te moet leef in ‘n land waar hulle hard gewerk het om dit op te bou en in stand te hou nie.

    Zuma is net so ‘n imbissiel as hy reken Malema is van enige waarde. Ek dink die media gee hopeloos te veel aan daardie aaphok aandag, en dis hoekom hy so tekere gaan. Sou hulle hom ignoreer, sou hy sy bek hou.

    Die leier wat ons almal gehoop het, Zuma sou wees, is ook toe net ‘n lugspieeling in die woestyn.

    Dit was seker maar verkeerd van die Blanke regering om paaie te bou en dit in stand te hou. Want wragtag, wat tans hier aangaan is ‘n joke.

    Ek was nog nooit skaam om te se ek is ‘n rassis nie. As jy my nie wil ken daaroor nie, then so be it. Ek glo in myself en in myne. As ons nie vir ons eie gaan sorg nie, gaan flippen NIEMAND dit doen nie.

    Het jy al een maal op ‘n robot gestaan en gesien dat swart studente geld insamel vir die Blankes in plakkerskampe?

    Dis hierdie aanhoudende breinspoeling wat ons laat glo ons is k*k. En dit werk.

    Maar ek weier om in te gee. So lank soos daar mense is wat nie bang is om te se JULLE IS VERKEERD nie, sal die droom voortleef om regtig alle velkleur issues tot niet te kry. Maar dan het mens OPGEVOEDE mense nodig.

    Nie mense wat hulle beskyt oor die Reitz 4 wat ‘vergewe’ moet word nie. Maar as dit 4 Swartes was, was dit sommer grand – parlement toe met julle.

    Ek praat geensins die 4 poepolle se gedrag goed nie. Hulle is stupid en stel blankes in ‘n slegte lig. Ek is seker hulle ouers het hulle nie so grootgemaak nie.

    Black Economic Forums is ok, maar o moer, moenie BLANKE iets stig nie, jy sal voor die menseregtekommissie gesleep word!

    Ai ou Attie, ek het nou so afgepak, ek het skoon vergeet waaroor jou post aanvanklik gegaan het! Maar dis maar Skoor vir jou. Moenie my laat begin nie, dan is my brieke sommer vinnig gefail

    😆

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: