Ek het het vandag fotos gaan neem met my splinternuwe Nikon D90. Die kamera is die 1ste DSLR wat video kan neem maar dis glad nie hoekom ek hom gekoop het nie. Ek het niks verwag van die video nie, maar toe Elke en Gustav in die bootjie gesit en gesels het het ek gedink dis ‘n goeie geleentheid om te kyk hoe goed die video funksionaliteit is.
Ek was aangenaam verras. Ek het op die kleinste format 640 x 480 geneem en ek dink die kwalitieit is heel goed. Dit was bewolk gewees, maar soos julle kan sien was die beeld baie goed en lekker skerp.
Die video self is baie snaaks – veral die einde! 😉
Leave a Reply