Ek het nou al ‘n bietjie kans gehad om met my Nikon D90 te speel. Ek moet sê ek is baie beïndruk. Hierdie foto het ek nou die aand in die donker geneem en tog was daar meer as genoeg detail in die foto. Hy is ook heelwat makliker en vinniger om te hanteer as my ou D70.
Hierdie foto is gemaak deur ‘n “blending” tegniek wat ek by die erkende fotograaf Hougaard Malan geleer het. Hulle gebruik (soos verwag) Adobe Photoshop CS3/4, maar ek het sommer Adobe Photoshop Elements 6.0 gebruik.
Leave a Reply