Ek dink Boesmans groei nou die vinnigste in ‘n vrek lang tyd. My Pa het die Red Apple Liquor Store in die laat 90s gebou. Die het van tyd tot tyd huurders gehad maar dit was meer leeg as vol. Die 1ste besigheid wat ‘n regtig ‘n sterk huurder geword het was Cecil en Yvonne Jones se Preston’s Liquor Store. JuJu Art Gallery van Julius Bramley het in 2005 oopgemaak en ons het in 2006 die Red Apple Farm Stall oopgemaak. Ongelukkig het JuJu sedertdien weer toegemaak. Waves het ook in 2007 oopgemaak.
Maar nou in Oktober maak 3 splinternuwe besighede oop. Ek dink dit gaan regtig baie goed wees vir Boesmans en die Red Apple.
Leave a Reply