South-Africa Rules!

Springbok bewonderaar
Suid-Afrika Nommer 1!

Ek dink regtig dat dit ongelooflik is dat Suid Afrika nou Nommer 1 in die wêreld is in Rugby (15man en 7s) en Krieket (Toetskrieket en Eendagkrieket)!

In Rugby is ons boonop die wêreldkampioene in 7s en “regte” rugby en deur die Bulle hou ons die Super 14 trofee. In 15man rugby het ons die Nommer 1 rang oorgeneem van die die “Ou Vyand” Nieu-Seeland toe ons hulle vroeër die maand in ‘n drie-nasies wedstryd geklop het. Die huidige rugby span word gereken as een van die beste Springbok ooit. En meer as dit; hy word gereken as een van die beste internasionale spanne van alle tye.

Met Spelers soos Bismarck du Plessis, Victor Matfield en Bakkies Botha (wêreldrekord slot vennootskap), Juan Smith, Schalk Burger (IRB Speler van die jaar 2004), Heinrich Brussouw, Pierre Spies, Fourie du Preez (gunsteling vir Speler van die Jaar 2009), Jean de Villiers, Jacque Fourie, Bryan Habana (IRB Speler van die jaar 2006), JP Pietersen en Frans Steyn kan hierdie span in 2011 weer die wêreldbeker wen.

John Smit is nou wel nie die beste stut of hakker in Suid-Afrika nie, maar sy kapteinskap is regtig uitstekend. Hy kommunikeer uitstekend met skeidsregters en die Pers. En ek dink die spelers respekteer hom geweldig. Ek persoonlik is nie ‘n aanhanger van Pieter de Villiers nie; ek dink hy is aangestel omdat hy ‘n kleurling is en beslis nie die beste afrigter nie. Ek dink die span is so goed ten spyte van die afrigter en nie as gevolg van hom nie. Dit spreek boekdele oor die leierskap van ouens soos John Smit, Victor Matfield, Fourie du Preez en Dick Muir. As politieke inmenging (byvoorbeeld Adi Jacobs en Ricky Januarie) nou net nie dinge befoeter nie kan hierdie span vir nog 3 jaar lank die wêreld heers.

In krieket het ons ongelukkig minder trofees, maar nadat Engeland vroeër die maand vir Australië geklop het in die reeks om die As het ons die Nommer 1 mantel oorgeneem. Ek dink baie Suid-Afrikaners het besef dat daar iets spesiaals in hierdie span steek toe hulle die “Greatest One Day International ever” in 2006 teen Australië gewen het. Vandaar onder die sterk leiding van Graeme Smith het hierdie span op en op beweeg. Weereens is daar soveel kwaliteit in hierdie span (Graeme Smith, Herschelle Gibbs, Jacques Kallis, AB de Villiers, Ashwell Prince, Hasim Amla, Johan Botha, Mark Boucher, Albie Morkel, Wayne Parnell en Dale Steyn) dat dinge net soveel beter kan raak.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: