Attie Heunis's Journey

The ramblings of a Caucasian African American

  • I had just started at Dimension Data in 2010 when Marius Vorster, a colleague at the time, introduced to me to the Sony Ericsson X10 Xperia Mini. It was my first experience with an Android phone and I have to say that I was very impressed. So much so that I immediately got myself one.

    At that point in time Android had been around for a while, but I don’t think it was quite mainstream yet. The biggest smartphone players were Apple & especially Blackberry in South Africa. For instance, most of my friends had Blackberries and scoffed at the idea of Android (aka Google) phones. But having seen where Android was headed I thought that Blackberry and even Apple would struggle to hold off the Google OS.

    While there were certain things that I loved about the Xperia Mini, it soon became apparent that it was underpowered and the screen was too small to really be able to use comfortably. So for me the Android OS was a definite yes, but the phone I got was not quite as good.

    With this in mind and the fact that I am a technically inclined person I keenly followed the Android evolution that was occurring and indeed taking over the smartphone world. I must say that I didn’t expect Samsung to be the hardware manufacturer to steal the Android market in a manner of speaking in the way that they did. But they did; big time. Their  Samsung Galaxy S2 was released and became the best selling phone model of all time; selling 27 million units in one quarter (compared to 17 million iPhone 4s units in the same period)! I advised everyone that was in the market for a new phone to get the Galaxy S2 – although frustratingly many people still ignored my advice and got Blackberries.

    Samsung Galaxy S3
    Is the newly released Samsung Galaxy S3 the best phone yet?

    And now, very timeously, Samsung has released the next version of the Galaxy – the S3. I say “very timeously” because my contract has just expired and fortunately for me it gave me the opportunity to upgrade to this phone without having to “manipulate” my contract at all.

    I have now had the phone for 5 days and I have to say that this phone is phenomenal!  It just blows me away. Broadly speaking, the phone impresses as follows:

    • The phone is very powerful. In 5 days of trying everything on the phone, I have yet to encounter any type of lag whatsoever. Even HD video plays instantly.
    • The screen is a thing of beauty. It looks very crisp and sharp and the colours are well saturated (but not too much as I’ve heard the previous model was). The touch-screen functionality is miles better than the previous phone I had.
    • The cameras. I am a wannabe serious photographer (I photograph with a Nikon DSLR) and phone cameras have never impressed me simply because they can’t really compete with a real camera. However this camera (the primary one) exceeds my expectations. Photos or videos taken with this camera are brilliant. The one question I have is that especially the videos look much better on the S3 than on a laptop. Hardware-wise the quality of photos and especially videos are the best thing to show off on this phone! The quality of the camera for the first time now makes me feel that I don’t always have to have my DSLR with me. For a wannabe photographer like me this is a big deal!
    • Battery Life is still an issue, but this is a sector-wide problem. And it is not a problem if one manages it. But the days of not having to charge your phone for 6 days are over for the foreseeable future.
    • Storage. For me this is a big win over Apple’s iPhone’s non-transparent pricing model. Apple’s pricing just pisses me off in the same way that Windows’s pricing does. With this phone you decide on the storage space you need by simply using a bigger or smaller SD card. Although having said that, the phone comes standard with a 32GB drive which is plenty.
    Now Android 4 aka Ice Cream Sandwich aka ICS:
    • A lot of reviewers complain about Samsung’s TouchWiz undermining Android ICS on this phone. I hear what they’re saying but to me it isn’t much of an issue. I honestly don’t notice it; although in principle I dislike the principle.
    • ICS is a massive improvement over the previous versions of Android. It is just a much more rounded product. Usability is much better on all fronts. It is to be expected as an OS evolves and user requirements are better understood.
    • Resource Management on ICS. I have to mention this specifically. On my previous it was a tedious process to manage Wifi, Mobile Data usage and GPS usage. On this OS it is so easy.
    • Google/Android photo management. The instant upload is brilliant. It sometimes still catches me unawares. I would like to see a differentiation between photos and videos though. I love the instant upload on photos but on videos the bandwidth is a problem. For instance I took a 60 second HD video of a kids birthday party ad the size; 210MB!
    • Google+. To make full use of Android you really must have a Google+ account. Google+ is Google social networking platform and it isn’t quite Facebook (yet), but it is very good. In fact, I like the underlying architecture of Google+ more than Facebook and with its Android integration I think it will be as big as Facebook one day.

    Apps, the fun part. Some of the Apps available will simply blow your mind. Many (probably most) are just for fun. Plenty of games. Social networking and much much more. One of the apps that I would say one really must install (even more so if you use more than one language like I do – Afrikaans and English) is the SwiftKey X keyboard app. It is a much better keyboard than the default keyboard. In fact, I won’t be surprised if Google (or someone else like Apple) buy the developers of this software.

    So in conclusion, I think this phone is the best Smartphone up to date. It easily beats the iPhone 4s. Although I’m pretty certain that the next version of the iPhone (due for release in October) will catch-up and quite possibly surpass this phone. For me the Google integration – in terms of Android, but their services like Maps and the rest as well – make Android devices more of an option than an Apple device.

    I can’t recommend this remarkable bundle of technology enough – even despite the cost.

  • My eerste ware padongeluk

    Ek ry toe gister, soos gewoonlik, Port Elizabeth toe vir my werksweek. Maar net so ‘n paar kilometer ander kant die Boknes afdraai kry ek toe ‘n plaaslorrie met 50 vrouens agterop wat oppad was om sigorei vir ‘n lokal boer te gaan pluk. Die lorrie het baie stadig gery en ek het gemeet om hom verbysteek sodra die dubbellyn opgehou het. Ek versnel toe en nes ek wou verby steek draai die man oor die pad in ‘n land in (oor ‘n dubellyn nogal). Ek het g’n aanwyser gesien nie. Ek was reeds verbind om verby te steek so ek kon nerens heen gaan nie behalwe agter in die lorrie vas; wat ek toe gedoen het!

    Ek het beslis nie oor die spoedgrens gegaan nie, maar ek het nog steeds vinnig gery – die spoedgrens daar was 120 km/h. Toe ek besef wat gaan gebeur het ek hard ankers gegooi, maar ek het baie vinnig besef dat ek die lorrie gaan tref. Ek sal nou eenmaal erken dat ek vir ‘n fraksie van ‘n sekonde (voor impak) gedink het dat alles verby is. Dis nogal ‘n onaangename gevoel maar ek het tog op ‘n manier vrede gehad; ek het aan my familie gedink en besef ek het eintlik ‘n great lewe gehad.

    Toe ek na die impak agterkom dat ek nog “daar” is was ek baie verlig gewees. Dis snaaks maar ek was nie emosioneel nie, net deurmekaar; iets (ek vermoed die lugsak) het my ‘n harde stamp in my gesig gegee. Ek het ook sweepslag en substantiewe kneuse op my skouer (deur die veiligheidsgordel) en in my ribbes (deur vermoedilik die stuurwiel) gekry. En dan snaaks genoeg het ek my vinger op ‘n manier in iets vasgeknyp; ek kan nie uitwerk hoe dit gebeur het nie. Maar dit is op die stadium die seerste ding van al my “beserings”!

    Ek moet sê ek besef dat ek baie gelukkig is en ek is baie dankbaar daarvoor!

    Ek het nie kwade gevoelens teenoor die drywer nie, maar in my opinie was die ongeluk sy skuld. Ek vermoed dat hy geen benul gehad het van my totdat hy die bande se geskree gehoor het. Ek twyfel baie sterk of hy sy aanwyser aangesit het; as ek ‘n aanwyser gesien het, so ek beslis nie gemeet het om verby te steek nie. Maar ek het ook geleer dat ‘n mens baie versigtig moet wees vir plaasvoertuie.

  • Makro fotos van my tuin

    My tuin is ongelooflik mooi op die oomblik en ek wou nou al ‘n ruk lank ‘n paar fotos van die blomme neem. Vandag werk ek van die huis af so ek het oor etenstyd ‘n paar fotos met my Tamron 90mm Makro lens geneem en hulle opgelaai. Die vetterige plantjie kom van my skoonma af – ek weet nie wat sy naam is nie, maar dis vir my ‘n asemrowende mooi ding.

    This slideshow requires JavaScript.

  • Rus in vrede Wangari Maathai

    Eergister is Wangari Maathai, stigter van die Green Belt Movement, oorlede aan kanker. Sy was 71.

    Mense wat my ken sal weet dat ek in die laaste 4 of 5 jaar min beïndruk is met Afrika se leiers. Ek het in 2006 teruggekeer na Suid Afrika vanaf Engeland met ‘n liberale uitkyk op Afrika van “gee die ouens ‘n kans”. Maar nou, 5 jaar later en na baie water onder deur die brug – onder andere die moord van my goeie vriend Juan Jansen, het ek verseker ‘n regse uitkyk op Afrika. Ek is beslis nie ‘n rassis nie, maar ek is siek en sat om vir swart mense ‘n “break” te gee net omdat hulle swart is en sodoende die probleem te vererger.

    Deesdae is my uitkyk “you get what you deserve”. As jy baklei waarvoor jy staan (Bryan Habana byvoorbeeld) kry jy jou kans, maar ek gun jou nie meer ‘n “free ride” nie. Die hele Afrika verwag deesdae free-rides en/of handouts en daarom sit ons waar ons nou sit. Selfs die voorheen onaantasbare Nelson Mandela is ook nou vir my nie meer so wonderlik nie. Ek sou verwag het dat hy, met al sy invloed, die ANC en gemors soos Julius Malema sou aanvat oor dit wat hulle aan Suid Afrika doen en tog is daar net stilswye.

    Vir my was een van die min uitsonderings Wangari Maathai. Sy was ‘n mens wat ek geadmireer het. As ‘n Professor in Kenya was sy erken as ‘n kampvegter vir vroue- en menseregte en demokrasie. Dit is alles uitstekende roepings, maar haar grootste bydrae was tot die omgewing en die natuur. Sy het in 2004 die Nobel Vredesprys gewen daarvoor in is myns insiens een van die waardigste ontvangers ooit daarvan. Sy het baie op grondvlak verwesenlik (sien onder), maar vir my was haar werklike mag om die boodskap van die skakel tussen die omgewing en die mens (spesifiek dat ‘n gesonde en toeganklike omgewing net so belangrik soos finansiële welvaart is) oor te dra aan baie en baie invloedryke mense. En ook die manier wat sy dit gedoen het. As Wangari gepraat het kon jy nie anders as om te luister nie!! Sy was duidelik baie intelligent en kon saam gesels met die kamtige slimkoppe van die Weste, maar sy het terselfdertyd ‘n fenomenale en eerlike begrip gehad van Afrika en sy eie swakhede.

    Daar is baie inligting oor wat sy behaal het, maar vir my was daar ‘n paar goed wat uitstaan:

    • Haar Green Belt Movement wat al in 1977 (lank voor Groen roepings populêr geraak het) gestig is het al 45 miljoen bome geplant!! Dit alleen is ‘n ongelooflike prestasie en waardig van ‘n Nobelprys.
    • Toe sy agterkom dat ‘n paar Keniaanse senior ministers ‘n stuk onbekende bewaringsgebied oorgeneem het en herehuise begin opsit het sy voet-by-stuk gehou om dit stop te sit. Sy het letterlik haarself teen ‘n boom vasgeketting. Die ministers het – in tipiese Afrika styl – ‘n paar oorlogsveterane gekry om haar pimpel en pers te moker (nogal op kamera), maar sy het nie geroer nie.
    • In 1989 wou ‘n paar invloedryke sakemanne (onder andere Robert Maxwell) en die Staatspresident, Daniel Arap Moi, ‘n gebou opsit in Uhuru Park. Nou Uhuru Park is soos Hyde Park in Londen of Central Park in New York. Almal het ingestem en die bouery het begin. Toe Wangari Maathai daarvan uitvind het sy soos voorheen alles gedoen om dit stop te sit. Sy het ook gesê dat die Britse publiek nooit ooit sou toelaat dat Rupert Murdoch ‘n gebou in Hyde Park opsit nie en dat dit nie Uhuru Park gaan gebeur nie. Op die ou end het dinge te warm vir Robert Maxwell geraak – hy was met reg bang dit sy reputasie in die Weste sou benadeel en hy het finansiering daarvoor onttrek.

    Sy het ware opofferings gemaak, maar steeds nederig gebly. Sy kon seker ‘n fortuin gemaak het, maar sy het ‘n diepere begrip gehad van wat belangrik was; die natuur (met al sy goggas en dinge). Dit is iemand na aan my hart!

    Op die Green Belt Movement se Wangari Condolences bladsy het ek die volgende geskryf:

    I am not a liberal – as I am in business I would be considered conservative.

    Despite this I found Wangari Maathai to be one of the most inspirational people I have ever encountered. She understood the link between people and the environment better than most leaders who make massive decisions on our behalf. I think this was because she grew up in a magical place like Kenya whereas the Suits, although meaning well, grew up in New York, Berlin & London. Destruction of a forest is one thing when you read about it, but quite another when you see the devastation through your own eyes on a daily basis.

    Although her death is an enormous blow to everyone who appreciates the environment, her courage will be missed in Africa most where exploitation by the West and now China continues unabated. And Africa, more than the rest of the world, still has it all to lose. I’m deeply saddened by hear death.

  • Valskermspring in Grahamstad

    Saterdag het ek, Stephan & Magdel Fourie en Chris Broom, ‘n vriend van hulle, gaan tandemvalskermspring in Grahamstad by die Joos Vos se EP Skydivers klub. En al was ons almal maar skrikkerig voor die tyd, was dit ‘n fantastiese ervaring – iets wat ek nie gou sal vergeet nie.

     

    Dis iets wat ek al wil doen vandat ek begin 2009 ge-bungy het. So ruk terug het ek op Facebook gese ek soek mense om saam met my te spring, maar ek het toe daarvan vergeet. Maar toe het Stephan dit onthou en gereken dit sal ‘n goeie verjaarsdag persent aan homself wees. Tot my effense spyt het ek toe ingestem voordat ek gevra het hoe duur dit is.

    Dit is beslis die moeite werd – eintlik meer waarde vir geld gemeet teenoor bungy wat na 15 sekondes verby is. Die opgaan is ‘n bietjie senutergend want dan besef jy dat jy nie meer kan kop uit trek nie, maar dit vat 20 minute om op 10,000 ft te kom en hier aan die einde wens jy die tyd wil nou aanbreek. As die deur oopmaak en daai koue wind waai in skop die adrenalien behoorlik in. Die vrye val, waar jy teen 240km/h op die Aarde afpeil – is absoluut fantasties!!! Die 1ste sekonde of 5 gebeur alles so vinnig jy weet nie eintlik wat aangaan nie, maar dan, as jy eers gestabiliseer, het is die beste deel van die hele episode. Dit is dieselfde gevoel as bunngy, maar net langer en baie meer intens. Jy wens dit wil langer aanhou.

    As die valskerm ooptrek dan voel ‘n mens ‘n geweldige pluk, maar dis nie seer nie – dis maar net onverwags. My springvennoot (die een wat al die werk moes doen) het gedink ek sal dit geniet om te spin, maar dit was die een deel waarvan ek NIKS gehou het nie; ek het baie amper bewusteloos daarvan geruk. Gelukkig het ek toe darem weer bygekom en die res van die rit af grond toe was baie mooi. ‘n mens kan Port Elizabeth (en alles tussen in) vandaar bo sien – dis regtig skouspelagtig.

    Ek sal dit beslis aanraai en self ook weer gaan, maar ek sal pertinent voor die tyd se dat hulle my NIE moet spin nie. Ek dink die hele opset is baie professioneel en ek dink al die staf is baie bekwaam. Valskermspring het ‘n boheemse konnotasie, maar ek was heeltemal gemaklik met hierdie ouens en die veiligheidsaspek. Net iets wat vir my opvallend is, is hoedat Joos Vos altyd saam met die vroumense opeindig – dit  is duidelik op sy fotos en ons het dit op die dag ook so ervaar. Joos jou ou doring – wie sou dan nie?

  • Gister was weer een van daai onvergeetlike dae wat ons hier by ons in die Oos-Kaap kry. Windstil en mating; nie so warm dat ‘n mens kan swem nie, maar net ‘n wonderlike verfrissende lentedag.

    Ane, Tjaart en Fleur Coetzee se 3de kind, is by die Port Alfredse NG Kerk aangeneem en ons (Ek, Lene, Elke en Cara) is uitgenooi na ‘n onthaal by die Coetzees na die diens. En een ding is verseker; as die Coetzees ‘n paartie gooi dan doen hulle dit ordentlik. Omtrent ons hele vriendekring was daar. Die Coetzees (obviously), die Heunisse (ons), die Ladewigs, die Groenewalds, Nelmarie Jansen, die Baxters, die Smutse en nog ‘n hele klomp ander mense. Tjaart se ouers het regtigwaar een van die ongelooflikste plekke in die Port Alfred omgewing. Hulle huis is nie op die eerste duin nie, maar ‘n entjie agter hom. Die mooi huis lê knus tussen die digte tipiese bos van die Sonskynkus. Tussen die huis en die eerste duin is daar ‘n reuse grasperk waar die kinders op en af baljaar. Jy kan nie ‘n beter plek kies vir ‘n paartie nie. Dis idillies; regtigwaar soos ‘n poskaart.

    Eers is daar rugby gekyk. Die Springbokke teen Wallis – ons 1ste wedstryd van die 2011 Wêreldbeker. Ons het net net met 1 punt gewen!! Frans Steyn en Francois Hougaard het baie mooi drieë gedruk, maar andersins het ons gesukkel. Hierdie is die laaste toernooi vir baie van ons ou strydosse wat al soveel bereik het en daar is ‘n groot vraag oor of hulle weer die wêreldbeker kan wen en sodoende die eerste span ooit word wat die wêreldbeker kan verdedig. Bismarck du Plessis het na 50 minute opgekom en almal was dit eens dat hy so gou as moontlik vir die respektabele maar onvanpaste John Smit moet vervang. Niemand weet egter wat in die regstellende aangestelde afrigter Peter de Villiers se kop aangaan nie.

    Na die verligting van ‘n wen is almal af na die onthaal area toe. Hier tussen die Witmelkhoute het Kosie Wolfaardt en ‘n paar ander manne vir ons steaks gebraai. As jy by die Coetzees braai, braai jy steaks. Dis net hoe dit werk! Die steaks, van ons lokale slaghuis hier in Kenton was, soos gewoonlik, perfek. Daar was slaai, brode, heerlike konfyte, koeksisters, mud pies en wortelkoek. Ons het ge-eet, ge-eet en nog ge-eet. En die kinders het gespeel, gespeel en nog gespeel. Die kinders het nie DVDs gekyk of videogames gespeel nie; hulle het op en af gehardloop, skulpies opgetel, trampolien (oftewel jumpolien soos Elke sê) gespring ensovoorts – soos dit hoort. Na ete het ons almal (wel amper almal) in die son; op die grasperk gesit en gesels oor so-te-sê ons almal se huidige passie, naamlik tennis. Ons het sorgeloos mekaar se siele uitgetrek en gelag oor goed wat gesê en gedoen is.

    Alles gaan deesdae – en veral op die stadium van ons lewens – oor werk en verantwoordelikhede en ek skroom nie daarvan weg nie, maar om so te kan ontspan tussen mense waarvoor ‘n mens omgee en baie in gemeen het is net so fantasties en ek ag dit as ‘n reuse voorreg om deel te wees van so ‘n vriendekring.

    Al is hier-en-daar klein verskille tussen ons, is dit ‘n hegte vriendekring. Ons almal se kinders is rondom dieselfde ouderdom en ons almal is al saam deur ‘n ding of twee. Ek dink nie ons besef altyd hoe bevoorreg ons is om in hierdie situasie te wees nie. Ek self besef dit al hoe meer want ek persoonlik vermoed dat dit nie gaan hou nie. Ek kry deja vu van ander tydperke in my lewe; dit is wanneer ‘n mens besef dat dinge gaan verander wat jy tevergeefs meer daaraan probeer vaskleef. Van ons gaan verseker die vriendekring verlaat en die verhoudings gaan al hoe meer “complicated” (soos die bekende Facebook uitdrukking) raak. Ek het my sterk vermoede hoe dit gaan gebeur, maar ek sal nie nou wil sê hoe nie. Dit sal moontlik ‘n toekomstige “I told you so” artikel wees.

    Glo my ook ek hoop nie dit gebeur nie, maar “all good things come to an end”. Dinge verander en mense beweeg in verskillende rigtings en teen verskillende snelhede; dis maar hoe die lewe werk. Dit gaan jammer wees, maar ek voel dit is soveel meer rede om nou die meeste van die saak maak. En gister by die Coetzees se Paartie het ons dit gedoen!! Ek sal dit nog baie baie lank onthou al verander dinge hoe ook al.

  • Is die Springbokke so dom? Ek glo darem nie.

    Ek is nie iemand wat gewoonlik e-pos aanstuur nie en ek vee hulle gewoonlik vinnig uit maar ‘n kollega het hierdie ene vandag gestuur wat vir my regtig snaaks was.

    Dit is ware aanhalings deur All Black en Wallabie rugbyspelers en afrigters. Van hulle is kostelik. Ek dink darem regtig nie die Bokke is so onnosel nie. Springbokafrigter Peter de Villiers is egter ‘n ander saak.

    Sonder verdere vertoef, hier is hulle:

    Jono Gibbs, Chiefs
    “Nobody in Rugby should be called a genius. A genius is a guy like Norman Einstein.”

    Rodney So’ialo, Hurricanes, on University
    “I’m going to graduate on time, no matter how long it takes.”

    Colin Cooper, Hurricanes head coach
    “You guys line up alphabetically by height.” And, “You guys pair up in groups of three, then line up in a circle.”

    Chris Masoe (Hurricanes) on whether he had visited the Pyramids during his visit to Egypt .
    “I can’t really remember the names of the clubs that we went to.”

    Colin Cooper on Paul Tito
    “He’s a guy who gets up at six o’clock in the morning regardless of what time it is.”

    Kevin Senio ( Auckland ), on Night Rugby vs Day Games
    “It’s basically the same, just darker.”

    David Nucifora ( Auckland ) talking about Troy Flavell
    “I told him, ‘Son, what is it with you… Is it ignorance or apathy?’ He said, ‘David, I don’t know and I don’t care.’

    David Holwell (Hurricanes) when asked about the upcoming season:
    “I want to reach for 150 or 200 points this season, whichever comes first.”

    Ma’a Nonu
    “Colin has done a bit of mental arithmetic with a calculator.”

    Phil Waugh
    “We actually got the winning try three minutes from the end but then they scored.”

    Jerry Collins
    “I’ve never had major knee surgery on any other part of my body.”

    Tony Brown
    “That kick was absolutely unique, except for the one before it which was identical.”

    Tana Umaga
    “I owe a lot to my parents, especially my mother and father.”

    Doc Mayhew
    “Sure there have been injuries and deaths in rugby, but none of them serious.”

    Anton Oliver
    “If history repeats itself, I should think we can expect the same thing again.”

    Ewan McKenzie
    “I never comment on referees and I’m not going to break the habit of a lifetime for that prat.”

    Murray Mexted
    (1) “Andy Ellis the 21 year old, who turned 22 a few weeks ago”
    (2) “He scored that try after only 22 seconds – totally against the run of play.”
    (3) “I would not say he (Rico Gear) is the best left winger in the Super14, but there are none better.”
    (4) “Well, either side could win it, or it could be a draw.”
    (5) “Strangely, in slow motion replay, the ball seemed to hang in the air for even longer.”

    AND THE “Piece de resistance’

    Murray Deaker:
    “Have you ever thought of writing your autobiography?”
    Tana Umaga:
    “On what?”

  • Enigiemand vir Tennis?

    Vandat ons 5 jaar gelede terug Boesmans toe gekom het het my suster, Katinka, en haar man Sven aan ons gekarring om aan te sluit by die Kenton Tennisklub. Lene het op skool 1ste span gespeel so sy kan speel en ek het op laerskool ‘n bietjie gespeel, maar ons het gevoel dat ons te veel ander familie- en werksverantwoordelikhede het.

    Maar laasjaar toe ek in Port Elizabeth begin werk het, het Lene en Sue, ‘n goeie vriendin van haar, toe wel by die klub aangesluit en hulle het begin om meer gereeld te speel. Intussen het die gogga my en ‘n hele klompie van ons ander vriende ook gebyt. Lene en Sue speel nou al vir ‘n jaar lank en Lene veral begin nou al opgang maak in die Oos-Kaapse plattelandse tennis arena. Mense fluister al haar naam. Nee wat dis net ‘n grap, maar sy en Sue het die naweek die streekkampioenskap vir 3de liga spelers gewen. En 2 van my ander vriende Christoph Groenewald en Douglas van Breda het die manskompetisie ook gewen.

    Ek en Greg Baxter het ook deelgeneem, maar ons het nie so goed gevaar nie. Ons was gelukkig nie laaste nie! Ek is nog altyd baie ongeduldig met sport (Gholf is die heel ergste), maar ten spyte hiervan geniet ek die tennis baie. En as ‘n mens in ag neem dat ek nog net so 6 weke of so speel, dink ek nie ons het te sleg gevaar nie. Daar is van die ouens by die klub wat se my tennis het baie verbeter in die laaste 6 weke so ek hoop hulle praat die waarheid en smeer nie net heuning om die mond nie.

    In ieder geval, ek besef dat ek nie ongeduldig moet wees nie en net om aan te hou speel. Ek het darem nou al geleer dat dit wel sal vrugte afwerp. Intussen geniet ek dit baie; ek moet net nie myself teen die ander meet nie. Dis maar dieselfde met gholf en sekerlik alle enige sport.

  • Cara in ons tuin

    This slideshow requires JavaScript.

    Vandag was een van daai spectacular dae wat ‘n mens net weereens laat besef hoe gelukkig ons hier in Boesmans is. Lae 20s en baie min wind. As jy hier bly raak  jy maar gewoond aan die wind, maar as daar dan wel min wind is, dan is hierdie ‘n paradys. Ek het van die geleentheid gebruik te maak om ‘n paar fotos van Cara in ons tuin (wat nou ook baie mooi lyk) te neem. Hierdie is die bestes van die lot.

  • Springbokke vs All Blacks in Port Elizabeth

    Ek en vriend Christoph Groenewald het gister die toets tussen die Springbokke en die All Blacks gaan kyk. Dit was die 1ste keer in 40 jaar dat die Bokke teen die All Blacks in Port Elizabeth gespeel het en was dus ‘n “once-in-a-lifetime” geleentheid wat ‘n mens net nie kon misloop nie!

    Dit was die 3de keer dat ek in die Nelson Mandela Stadion was en ek moet nou eerlikwaar sê dat dit ‘n uitsetekende stadion is. Die gees (behalwe vir die onsinnige Suid-Afrikaanse All-Black ondersteuners) was weereens fantasties. Ek is so gatvol vir al die advertensies en hoofstroom-media wat altyd die gemengde wit en swart beeld in ‘n mens se keel afdruk, maar gister op Nelson Mandela Stadion was dit ‘n spontane samesyn. En dit was great. Selfs die relatiewe konserwatiewe Afrikaners saam met wie ons daar was sou saamstem.

    Die enigste ou wat uit gevoel het was ‘n ou suurgat All-Black ondersteuner wat vir moeilikheid gevra het. En vir hom het ek regtig nie veel simpatie nie!

    Die Volkslied was fenomenaal. Dis mos maar altyd spesiaal, maar ek het eers na die wedstryd op die TV gesien hoe goed dit was. Bobby Skinstad het op die lug gepraat van hoe great die Volkslied geklink het en Bryan Habana en Pierre Spies het daaroor getweet. Ek dink dit was ‘n groot regmerkie in die Baai se kolum by die SA Rugby administrateurs. As ou Cheeky Watson so aanhou mag hy dalk net ‘n bietjie vergifnis genereer.

    Die rugby self was ook baie positief. Ons het nou nie bonuspunt driee gedruk nie, maar hierdie was 100% presies wat ons nodig gehad het. As ons te ver gewen het sou dit ook nie ideaal gewees nie. Ons het gedomineer, maar ons ouens sal besef daar is nog baie te doen. Wat wel opmerklik was is hoe geheel-en-al ons die All Black skrum gedomineer het. Ek het dit nie verwag nie.

    Die Bokke het verdien om 18-5 gewen.

    Verdere opmerkings na aanleiding van die toets:

    • Heinrich Brüssow kan heel moontlik hierdie Wêreldbeker se legende word. Daai Vrystater is net eenvoudig ongelooflik en is myns insiens ons grootste wapen.
    • Bismarck du Plessis is ons tweede grootste wapen. Met hom en Brüssow het ons al klaar twee fetchers in die span en kan ons met groter gemak die baldraers soos Spies, Schalk of Alberts insluit. Peter de Villiers is eenvoudig verkeerd om nog steeds vir John Smit te wil speel. Hy is net nie so goed so Bissie nie. Great kaptein en al daai, maar sy insluiting kan vir ons die wereldbeker kos. Kom nou Divvie; dis nog die een plek waar jy nog dom astrant is!
    • Bakkies is weer terug. Gister was hy “huge” gewees. Hy het fisies gedomineer en is weer “The Enforcer” van ouds. As Bakkies af is, is ons skrum net nie so sterk nie.
    • Morne Steyn moet speel. Ek is mal oor playmaker rugby soos wat Lambie en Butch speel, maar in ‘n Wêreldbeker kies jy jou skopper 1ste. En niemand skop beter as Morne nie!
    • Ek begin al hoe meer van Willem Alberts op 7 hou. Ek, saam met Stuart Barnes (die bekende eenogige Engelse rugby kommentator) reken Juan Smith is/was een van die beste rugbyspelers van ons tyd en ek was baie bekommerd toe hy aangekondig het dat hy nie werelbeker toe gaan nie. Maar selfs as Schalk nie reg is nie, dink ek ons sal oukei wees. Maar sonder Brüssow gaan ons sukkel.
    • Francois Hougaard moet ten minste op die bank wees in elke game. Hy is ‘n masjien. Was Fourie nie die (voormalige) beste skrummie in die wereld nie, was FH ‘n shoe in.
    • Fourie sal sy vorm moet lig, maar hy is die tipe ou wat dit sal doen.

    Ek dink sonder om grappies te maak dat ons hier die span het om ons wereldbeker te verdedig. Die enigste reuse kwelpunt is John Smit. Ek wens hy wil die eerbare ding doen en bedank, maar hy sal nie en jy kan hom nie daarvoor blameer nie. Dit is uit die aard van die saak ‘n moeilike besluit en ek dink nie Peter de Villiers het die standvastigheid om so ‘n besluit te neem nie. Dit kan die rugbypublik in SA nog duur te staan kom.