Valskermspring in Grahamstad

Saterdag het ek, Stephan & Magdel Fourie en Chris Broom, ‘n vriend van hulle, gaan tandemvalskermspring in Grahamstad by die Joos Vos se EP Skydivers klub. En al was ons almal maar skrikkerig voor die tyd, was dit ‘n fantastiese ervaring – iets wat ek nie gou sal vergeet nie.

 

Dis iets wat ek al wil doen vandat ek begin 2009 ge-bungy het. So ruk terug het ek op Facebook gese ek soek mense om saam met my te spring, maar ek het toe daarvan vergeet. Maar toe het Stephan dit onthou en gereken dit sal ‘n goeie verjaarsdag persent aan homself wees. Tot my effense spyt het ek toe ingestem voordat ek gevra het hoe duur dit is.

Dit is beslis die moeite werd – eintlik meer waarde vir geld gemeet teenoor bungy wat na 15 sekondes verby is. Die opgaan is ‘n bietjie senutergend want dan besef jy dat jy nie meer kan kop uit trek nie, maar dit vat 20 minute om op 10,000 ft te kom en hier aan die einde wens jy die tyd wil nou aanbreek. As die deur oopmaak en daai koue wind waai in skop die adrenalien behoorlik in. Die vrye val, waar jy teen 240km/h op die Aarde afpeil – is absoluut fantasties!!! Die 1ste sekonde of 5 gebeur alles so vinnig jy weet nie eintlik wat aangaan nie, maar dan, as jy eers gestabiliseer, het is die beste deel van die hele episode. Dit is dieselfde gevoel as bunngy, maar net langer en baie meer intens. Jy wens dit wil langer aanhou.

As die valskerm ooptrek dan voel ‘n mens ‘n geweldige pluk, maar dis nie seer nie – dis maar net onverwags. My springvennoot (die een wat al die werk moes doen) het gedink ek sal dit geniet om te spin, maar dit was die een deel waarvan ek NIKS gehou het nie; ek het baie amper bewusteloos daarvan geruk. Gelukkig het ek toe darem weer bygekom en die res van die rit af grond toe was baie mooi. ‘n mens kan Port Elizabeth (en alles tussen in) vandaar bo sien – dis regtig skouspelagtig.

Ek sal dit beslis aanraai en self ook weer gaan, maar ek sal pertinent voor die tyd se dat hulle my NIE moet spin nie. Ek dink die hele opset is baie professioneel en ek dink al die staf is baie bekwaam. Valskermspring het ‘n boheemse konnotasie, maar ek was heeltemal gemaklik met hierdie ouens en die veiligheidsaspek. Net iets wat vir my opvallend is, is hoedat Joos Vos altyd saam met die vroumense opeindig – dit  is duidelik op sy fotos en ons het dit op die dag ook so ervaar. Joos jou ou doring – wie sou dan nie?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: