Paartie by die Coetzees

Gister was weer een van daai onvergeetlike dae wat ons hier by ons in die Oos-Kaap kry. Windstil en mating; nie so warm dat ‘n mens kan swem nie, maar net ‘n wonderlike verfrissende lentedag.

Ane, Tjaart en Fleur Coetzee se 3de kind, is by die Port Alfredse NG Kerk aangeneem en ons (Ek, Lene, Elke en Cara) is uitgenooi na ‘n onthaal by die Coetzees na die diens. En een ding is verseker; as die Coetzees ‘n paartie gooi dan doen hulle dit ordentlik. Omtrent ons hele vriendekring was daar. Die Coetzees (obviously), die Heunisse (ons), die Ladewigs, die Groenewalds, Nelmarie Jansen, die Baxters, die Smutse en nog ‘n hele klomp ander mense. Tjaart se ouers het regtigwaar een van die ongelooflikste plekke in die Port Alfred omgewing. Hulle huis is nie op die eerste duin nie, maar ‘n entjie agter hom. Die mooi huis lê knus tussen die digte tipiese bos van die Sonskynkus. Tussen die huis en die eerste duin is daar ‘n reuse grasperk waar die kinders op en af baljaar. Jy kan nie ‘n beter plek kies vir ‘n paartie nie. Dis idillies; regtigwaar soos ‘n poskaart.

Eers is daar rugby gekyk. Die Springbokke teen Wallis – ons 1ste wedstryd van die 2011 Wêreldbeker. Ons het net net met 1 punt gewen!! Frans Steyn en Francois Hougaard het baie mooi drieë gedruk, maar andersins het ons gesukkel. Hierdie is die laaste toernooi vir baie van ons ou strydosse wat al soveel bereik het en daar is ‘n groot vraag oor of hulle weer die wêreldbeker kan wen en sodoende die eerste span ooit word wat die wêreldbeker kan verdedig. Bismarck du Plessis het na 50 minute opgekom en almal was dit eens dat hy so gou as moontlik vir die respektabele maar onvanpaste John Smit moet vervang. Niemand weet egter wat in die regstellende aangestelde afrigter Peter de Villiers se kop aangaan nie.

Na die verligting van ‘n wen is almal af na die onthaal area toe. Hier tussen die Witmelkhoute het Kosie Wolfaardt en ‘n paar ander manne vir ons steaks gebraai. As jy by die Coetzees braai, braai jy steaks. Dis net hoe dit werk! Die steaks, van ons lokale slaghuis hier in Kenton was, soos gewoonlik, perfek. Daar was slaai, brode, heerlike konfyte, koeksisters, mud pies en wortelkoek. Ons het ge-eet, ge-eet en nog ge-eet. En die kinders het gespeel, gespeel en nog gespeel. Die kinders het nie DVDs gekyk of videogames gespeel nie; hulle het op en af gehardloop, skulpies opgetel, trampolien (oftewel jumpolien soos Elke sê) gespring ensovoorts – soos dit hoort. Na ete het ons almal (wel amper almal) in die son; op die grasperk gesit en gesels oor so-te-sê ons almal se huidige passie, naamlik tennis. Ons het sorgeloos mekaar se siele uitgetrek en gelag oor goed wat gesê en gedoen is.

Alles gaan deesdae – en veral op die stadium van ons lewens – oor werk en verantwoordelikhede en ek skroom nie daarvan weg nie, maar om so te kan ontspan tussen mense waarvoor ‘n mens omgee en baie in gemeen het is net so fantasties en ek ag dit as ‘n reuse voorreg om deel te wees van so ‘n vriendekring.

Al is hier-en-daar klein verskille tussen ons, is dit ‘n hegte vriendekring. Ons almal se kinders is rondom dieselfde ouderdom en ons almal is al saam deur ‘n ding of twee. Ek dink nie ons besef altyd hoe bevoorreg ons is om in hierdie situasie te wees nie. Ek self besef dit al hoe meer want ek persoonlik vermoed dat dit nie gaan hou nie. Ek kry deja vu van ander tydperke in my lewe; dit is wanneer ‘n mens besef dat dinge gaan verander wat jy tevergeefs meer daaraan probeer vaskleef. Van ons gaan verseker die vriendekring verlaat en die verhoudings gaan al hoe meer “complicated” (soos die bekende Facebook uitdrukking) raak. Ek het my sterk vermoede hoe dit gaan gebeur, maar ek sal nie nou wil sê hoe nie. Dit sal moontlik ‘n toekomstige “I told you so” artikel wees.

Glo my ook ek hoop nie dit gebeur nie, maar “all good things come to an end”. Dinge verander en mense beweeg in verskillende rigtings en teen verskillende snelhede; dis maar hoe die lewe werk. Dit gaan jammer wees, maar ek voel dit is soveel meer rede om nou die meeste van die saak maak. En gister by die Coetzees se Paartie het ons dit gedoen!! Ek sal dit nog baie baie lank onthou al verander dinge hoe ook al.

6 thoughts on “Paartie by die Coetzees

Add yours

  1. Hier is my prediction:
    – Sven gaan die Swazi job aanvaar en trek. Hy gaan Neat uithuur,
    – Julle gaan die “thing that may not be discussed outside the circle” doen en cruise na die mega cash set-ups en beter healthcare vir Cara. It might be Cape Town it might be London.
    – Ek gaan die tenis club champs wen
    – Singles en doubles
    – En mixed

  2. Ek s^e geniet wat ons het …. leef voluit elke dag en “deal” met change as dit daar is maar moet def. nie dit “verwag” want “the mind is powerful”! Ek dink ook wat ons hier het is GREAT!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: