My eerste ware padongeluk

Ek ry toe gister, soos gewoonlik, Port Elizabeth toe vir my werksweek. Maar net so ‘n paar kilometer ander kant die Boknes afdraai kry ek toe ‘n plaaslorrie met 50 vrouens agterop wat oppad was om sigorei vir ‘n lokal boer te gaan pluk. Die lorrie het baie stadig gery en ek het gemeet om hom verbysteek sodra die dubbellyn opgehou het. Ek versnel toe en nes ek wou verby steek draai die man oor die pad in ‘n land in (oor ‘n dubellyn nogal). Ek het g’n aanwyser gesien nie. Ek was reeds verbind om verby te steek so ek kon nerens heen gaan nie behalwe agter in die lorrie vas; wat ek toe gedoen het!

Ek het beslis nie oor die spoedgrens gegaan nie, maar ek het nog steeds vinnig gery – die spoedgrens daar was 120 km/h. Toe ek besef wat gaan gebeur het ek hard ankers gegooi, maar ek het baie vinnig besef dat ek die lorrie gaan tref. Ek sal nou eenmaal erken dat ek vir ‘n fraksie van ‘n sekonde (voor impak) gedink het dat alles verby is. Dis nogal ‘n onaangename gevoel maar ek het tog op ‘n manier vrede gehad; ek het aan my familie gedink en besef ek het eintlik ‘n great lewe gehad.

Toe ek na die impak agterkom dat ek nog “daar” is was ek baie verlig gewees. Dis snaaks maar ek was nie emosioneel nie, net deurmekaar; iets (ek vermoed die lugsak) het my ‘n harde stamp in my gesig gegee. Ek het ook sweepslag en substantiewe kneuse op my skouer (deur die veiligheidsgordel) en in my ribbes (deur vermoedilik die stuurwiel) gekry. En dan snaaks genoeg het ek my vinger op ‘n manier in iets vasgeknyp; ek kan nie uitwerk hoe dit gebeur het nie. Maar dit is op die stadium die seerste ding van al my “beserings”!

Ek moet sê ek besef dat ek baie gelukkig is en ek is baie dankbaar daarvoor!

Ek het nie kwade gevoelens teenoor die drywer nie, maar in my opinie was die ongeluk sy skuld. Ek vermoed dat hy geen benul gehad het van my totdat hy die bande se geskree gehoor het. Ek twyfel baie sterk of hy sy aanwyser aangesit het; as ek ‘n aanwyser gesien het, so ek beslis nie gemeet het om verby te steek nie. Maar ek het ook geleer dat ‘n mens baie versigtig moet wees vir plaasvoertuie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: