Attie Heunis's Journey

The ramblings of a Caucasian African American

  • Quantum of Solace
    Quantum of Solace

    ‘n Goeie vriend van my (lees sy Polities Korrekte blog) het vir ons kaartjies gekry vir die nuwe James Bond fliek. Wat dit nog meer spesiaal gemaak het is dat dit ons 1ste fliek by die nuwe Rosehill Mall flieks in Port Alfred was.

    Eerstens die nuwe flieks: Die fliek het net 60 sitplekke. Dis klein, maar glad nie ‘n probleem nie – inteendeel dis nogal cosy. Die skerm is nie baie groot nie, naar dis ook heel oukei. Die klank is nie so watwonders nie. Ek gee die flieks 6/10. Nie vreeslik goed nie, maar hey dis 25 minute weg. Bargain!

    Olga Kurylenko
    Olga Kurylenko. Deksels!

    Nou die fliek self: Ek moet sê ek is nie ‘n Daniel Craig aanhanger nie. Hy kom vir my te veel soos ‘n gorilla voor. There is no subtlety about the guy. En sy bolip is net eenvoudig onatuurlik lank. Maar ten spyte daarvan, was Quantum of Solace vir my heel goed. Daar is beslis ‘n neiging om meer “realisme” in te bring sedert Casino Royale en dit werk nogal. Byvoorbeeld daar is nie ‘n stirred-not-shaken Martini in hierdie fliek nie. Ander goed ook, maar ek wil nie te veel weggee nie.

    Hulle het goddank darem nie weggedoen met die gorgeous girls nie. In die fliek is dit die Ukreiener Olga Kurylenko en die Brit Gemma Arterton. Die motor voertuie is ook uit die boonste rakke. Veral die Ford Edge waarmee 007 aan die einde gery het het aandag vereis. Ek sou die fliek 6/10 gee, maar met Olga en Gemma skuif dit op na ‘n respektabele 7/10.

  • Yet another top-level ANC politician escaped justice & punishment when Magistrate Ricardo Phillips found Tony Yengeni, former whip of the ANC, not guilty of Drunken Driving. The horrifying thing is that the Magistrate said that the case was unlawful because the arresting officers were ordered by the then commander at the Goodwood police station, senior superintendent Siphiwo Hewana, to “orchestrate an advantage favourable to the accused”. In other words they gave him an advantage and in so doing made his arrest unlawful!! Can you believe such utter nonsense.

    Yengeni is not the 1st high-profile ANC member to get off on a technicality – Jacob Zuma also had similar “luck” in his fraud case. It is such an occurring theme that I really don’t trust the police, the NPA or the Magistrates & Judges anymore. Basically the message to the general public is if you’re an high-ranking ANC member or government official you can drive around pissed and steal money from your people without fear. I wouldn’t be surprised if Judge Nkola Motata also comes off scot-free. And then these bastards can’t figure out why crime is out-of-control in this country.

    To their credit the DA have said that they are going to take action against the alleged crooked cops, BUT this should’ve been done by the Police & the NPA themselves.

    I am utterly disappointed with the legal system in this country – right now it is a joke.

  • Jupiter, Venus & our Moon
    Jupiter, Venus & our Moon

    On Monday, 1 December Jupiter, Venus & the Moon was in the same area of our night sky. This is a relatively (to us) rare occurrence, the next time this is expected to happen is in 2057 when I’ll be 84!! The really good thing about this event is that it is entirely visible with the naked eye. I took this photo with my Nikon D70 and Tamron 200-500mm lens. The photo was published on DieBurger‘s website.

  • Met die bou van ons huis (wat nou uiteindelik klaar is) het ons minder (eintlik te min) aandag gegee aan ons tweede baby: Die Red Apple. Maar nou is dinge weer aan die gang.

    Hier is van die verbeterings wat ons in die laaste paar weke aangebring het:

    1. Dranklisiensie (whooohooo – uiteindelik!)
    2. Kinder area (Jungle Gym). Kudos Lené!
    3. Splinternuwe professionele menus (met uitstekende fotos van ons eie kos)
    4. Beter uitleg in die winkel. Al die kos en ‘convenience’ goed is nou bymekaar
    5. ‘n Uitstekende nuwe kassier. Gemik op toekomstige langer ure en Desember.
    6. Beter kommunikasie. Ons het nou ‘n PABX stelsel wat beteken daar is direkte kommunikasie tussen winkel, kantoor, restaurant & kombuis
    7. Beter aanwysings in die winkel
    8. Gestremde toegang
    9. Beter musiekbeheer. Die musiek kom nou van ‘n iPod af en nie ‘n rekenaar nie.

    Volgende prioritiete wat Red Apple nog sal verbeter is:

    • Beter en nuwe bemarking.
    • Nog ‘n kasregister
    • Nog werksoppervlak vir Desember
    • Beter restaurant bedryf
    • Vleispasty verkope
    • Langer ure (vir vleispasty en ‘sundowner’ mark)

    Ek dink ‘n mens moet die stil tye gebruik om hierdie tipe goed te doen – want as dit besig is het mens nie kans vir sulke goed nie!

    Die Bushmans Tourist Information Office het ook nou nuwe lewe gekry – dit begin uiteindelik nou funksioneer soos wat ons van die begin wou he. Dit is al klaar vir ons ‘n aanwins, nevermaaind as dit rerig eers aan die gang gaan kom. Kudos vir my pa en Unique Monique. En met al die ‘leads’ waaraan hulle werk gaan dit net nog beter gaan.

    Ons self skaaf ook aan ‘n idiee wat ons dink die hele area kan bevoordeel, maar ek kan nog nie te veel hieroor sê nie. 🙂

  • Wel ons is nou al 6 weke lank in ons huis. Ons begin nou al in ‘settle’. Ek het al Broadband, maar nog nie ‘n stoel nie. Ons het al ‘n kombuis, maar nog nie ‘n sitkamer nie. En so gaan dit aan. Ons het gelukkig al ons sitkamerstel bestel en hy behoort so aan die begin van Desember hier aan te kom. Dit is nogal ‘n smart stel. Volle leer; word die Cybele reeks genoem. Ek kan nie wag nie. Dit voel terrible om nie ‘n plek te hê om sag te sit nie. Ons reuse nommer (6) is ook nou opgesit en dit lyk baie nice. Kudos vir Lene.

    Van ontwerp stadium af het ons die huis beplan om die grasperk. Tot nou toe moes ons maar visualiseer, maar ons grasperk begin uiteindelik na iets lyk. Maar ek dink oor so 2 maande gaan hy rêrig mooi wees.

    Om nog reg te maak? Sjoe dis nog ‘n te lange lys. Prioriteite is die agterste skuifdeur, plaveisel op die agterste stoep en die binne deure oorhang. As die goed eers reg is dink ek sal ek ‘n mate van rus vind.

  • Wel ons het gisteraand uiteindlik ingeterek in ons splinternuwe huis. Ons het die huis (met behulp van ‘n argitek) self ontwerp en gebou. Nou geheel en al uitgeput, maar daar is nog baie om te doen!

  • Riversbend Fire
    Riversbend fire

    On Tuesday several major fires occurred in the Eastern Cape (partly because of a serious drought). One of these fires burned right through our neighborhood.

    Somebody (Rudi Beukes) had to literally run through the flames to grab Elke and her nanny from the house. The smoke and the flames were so bad that people told us our house had burnt down!!! Fortunately it was only the fence that actually burnt down.

    It doesn’t like so bad now, but just imagine 8 feet tall flames and smoke so thick you can’t see 10 meters in front of you and your eyes burning. People were really freaked out.

  • OscarHier is die 1ste foto van Oscar (amptelike naam Oz of Aquador). Hy is ‘n opregte (met pampiere) Duitse Herdershond. Hy is geteel in Port Elizabeth en is gebore op die 4de April 2008 (dit maak hom amper 4 maande oud). Sover is ek baie beïndruk met sy geaardheid; ek dink hy gaan ‘n goeie waghond wees. En hy is baie oulik met Elke (ons 22 maande oue dogter). Hy is mal oor ons nuwe grasperk en die is al ingewy!

    Nog fotos van Oscar.

  • Raymond AckermanLast week I heard a story that enraged me: a successful Pick & Pay owner wanted to open a second Pick & Pay somewhere in the Southern Cape. According to my source Raymond Ackerman told this person that the only way in which he will ever be allowed to open that Pick & Pay was if he gave up 51% of the new shop to a black person.

    If this is true then I think Raymond Ackerman should be utterly ashamed, even more so because he is Jewish. Because this is exactly the kind of thing that you would expect to see in Germany in the late 30s. Jews in Germany were forced to undermine their business principles just like whites in South-Africa are being forced to do now. Soon Jews couldn’t own businesses any more and we all know what happened next. Is this the road for South-Africa as well? I sure as hell hope not, but I do know that it is a slippery slope from where we are now to where the Jews ended up.

    After the Holocaust everybody asked how it could’ve happened. Well Edmund Burke said: “All that is necessary for evil to succeed is for good men to do nothing”. I can’t help but wonder if one day people won’t accuse the Raymond Ackermans of this world of doing nothing.

    For the record: I am not some right-wing nut job. At school I campaigned for the end of apartheid and I support the principles of democracy 100%, but one of the most important parts of a democracy is minority rights. And currently the rights of the white minority are being eroded at a concerning rate.

  • Tim Russert diesTim Russert is gistermiddag (laat gisteraand vir ons in Suid-Afrika) oorlede. Hy het vir 17 jaar lank die uitstekende program Meet the Press aangebied. Die program het met die Amerikaanse top politici onderhoude gevoer. Dit was myns insiens die beste program van sy aard wat ek nog gesien het.

    Met Russert was die program was altyd in goeie gees en hy het altyd sy gaste met respek behandel, maar hy het verseker die moeilike vrae gevra. Sy manier was om nie konfrontasioneel te wees nie. As ‘n politiekus gejok het of onsin gepraat het het Russert gewoonlik die stuk, of dit nou geskryf of gesê is, verbatim gekwoteer en dan die gas die geleentheid gegee om te reageer. So het jy ‘n uitstekende idiee gekry van die politiekus.

    Ek smyt geensins konfrontasie weg nie – in Suid-Afrika byvoorbeeld dink ek dit is wat ons vreeslik nodig het – maar in Amerika waar die kiesers meer opgevoed is (behalwe in 2000 en 2004!) het Russert se manier uitstekend gewerk. Op ‘n manier het hy die gas genoeg tou gegee om hom self op te hang. Hy het gesê: “The one thing I’m determined to do on the show is not to let the powerbrokers leave without giving an answer” en “I have the sense when I’m out there on ‘Meet the Press’ that I’m a surrogate for people who get up, go to work, raise a family and don’t have the time to read six newspapers a day, read all the books and know all the questions to ask. I want to cut through the fog.” Vyf maande terug het McCain sleg 2de gekom in ‘n onderhoud.

    Soos ek gesê het die program was in goeie gees gedoen. Omtrent elke Sondag het ou Tim of een van sy gaste ‘n lekker grappie gemaak.

    Russert is dood aan ‘n hartaanval terwyl hy voorbereiding gedoen het vir die program. Soos een van sy kollegas gesê het: “he was one of the finest newsmen in the world”. Ek moet saamstem en ek gaan hom verseker mis.

    Lees hier vir ‘n great tribute.