Met die bou van ons huis (wat nou uiteindelik klaar is) het ons minder (eintlik te min) aandag gegee aan ons tweede baby: Die Red Apple. Maar nou is dinge weer aan die gang.
Hier is van die verbeterings wat ons in die laaste paar weke aangebring het:
- Dranklisiensie (whooohooo – uiteindelik!)
- Kinder area (Jungle Gym). Kudos Lené!
- Splinternuwe professionele menus (met uitstekende fotos van ons eie kos)
- Beter uitleg in die winkel. Al die kos en ‘convenience’ goed is nou bymekaar
- ‘n Uitstekende nuwe kassier. Gemik op toekomstige langer ure en Desember.
- Beter kommunikasie. Ons het nou ‘n PABX stelsel wat beteken daar is direkte kommunikasie tussen winkel, kantoor, restaurant & kombuis
- Beter aanwysings in die winkel
- Gestremde toegang
- Beter musiekbeheer. Die musiek kom nou van ‘n iPod af en nie ‘n rekenaar nie.
Volgende prioritiete wat Red Apple nog sal verbeter is:
- Beter en nuwe bemarking.
- Nog ‘n kasregister
- Nog werksoppervlak vir Desember
- Beter restaurant bedryf
- Vleispasty verkope
- Langer ure (vir vleispasty en ‘sundowner’ mark)
Ek dink ‘n mens moet die stil tye gebruik om hierdie tipe goed te doen – want as dit besig is het mens nie kans vir sulke goed nie!
Die Bushmans Tourist Information Office het ook nou nuwe lewe gekry – dit begin uiteindelik nou funksioneer soos wat ons van die begin wou he. Dit is al klaar vir ons ‘n aanwins, nevermaaind as dit rerig eers aan die gang gaan kom. Kudos vir my pa en Unique Monique. En met al die ‘leads’ waaraan hulle werk gaan dit net nog beter gaan.
Ons self skaaf ook aan ‘n idiee wat ons dink die hele area kan bevoordeel, maar ek kan nog nie te veel hieroor sê nie. 🙂
Kudos vir die hele Red Apple span! Ek’s seker julle sal die vrugte pluk vir al die werk wat julle insit.