Tim Russert is oorlede

Tim Russert diesTim Russert is gistermiddag (laat gisteraand vir ons in Suid-Afrika) oorlede. Hy het vir 17 jaar lank die uitstekende program Meet the Press aangebied. Die program het met die Amerikaanse top politici onderhoude gevoer. Dit was myns insiens die beste program van sy aard wat ek nog gesien het.

Met Russert was die program was altyd in goeie gees en hy het altyd sy gaste met respek behandel, maar hy het verseker die moeilike vrae gevra. Sy manier was om nie konfrontasioneel te wees nie. As ‘n politiekus gejok het of onsin gepraat het het Russert gewoonlik die stuk, of dit nou geskryf of gesê is, verbatim gekwoteer en dan die gas die geleentheid gegee om te reageer. So het jy ‘n uitstekende idiee gekry van die politiekus.

Ek smyt geensins konfrontasie weg nie – in Suid-Afrika byvoorbeeld dink ek dit is wat ons vreeslik nodig het – maar in Amerika waar die kiesers meer opgevoed is (behalwe in 2000 en 2004!) het Russert se manier uitstekend gewerk. Op ‘n manier het hy die gas genoeg tou gegee om hom self op te hang. Hy het gesê: “The one thing I’m determined to do on the show is not to let the powerbrokers leave without giving an answer” en “I have the sense when I’m out there on ‘Meet the Press’ that I’m a surrogate for people who get up, go to work, raise a family and don’t have the time to read six newspapers a day, read all the books and know all the questions to ask. I want to cut through the fog.” Vyf maande terug het McCain sleg 2de gekom in ‘n onderhoud.

Soos ek gesê het die program was in goeie gees gedoen. Omtrent elke Sondag het ou Tim of een van sy gaste ‘n lekker grappie gemaak.

Russert is dood aan ‘n hartaanval terwyl hy voorbereiding gedoen het vir die program. Soos een van sy kollegas gesê het: “he was one of the finest newsmen in the world”. Ek moet saamstem en ek gaan hom verseker mis.

Lees hier vir ‘n great tribute.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: