Afrikaners vs Suid-Afrika

Hierdie skrywe is kommentaar op Of generations, arseholes, Isreal and volkstate, ‘n uitmindende weldeurdagte skrywe deur Mhambi, en sy kommentaar.

‘n Mens (lees Marthinus) moet nie jou kop breek oor die woord liberalisme nie. Dis semantics. In sekere gevalle is liberalisme nie ‘n slegte ding nie. Maar ek stem 100% saam met jou dat “unquestioning tolerance” ook nie gesond is nie. Op die oomblik is almal gefokus op “verdraagsaamheid” dit en “verdraagsaamheid” dat. Maar ek wil nie ‘n kultuur wat moor en roof en verkrag verdra nie. Ek gee nie om hoe polities inkorrek dit is nie. Dis onaanvaarbaar dat Suid-Afrikaners (wit & swart) daagliks moet vrees vir hulle lewens. En net Swartmense, dmv demokrasie, kan dit uitsorteer. Dit maak my bekommerd want in die res van Afrika kon hulle dit nog nie uitsorteer nie.

Mhambi jy skryf rêrig goed. Die een ding waarmee ek nie saamstem nie is oor die gesondheid van die Afrikaner. Ek dink ons is in ‘n beter toestand as wat mense besef. Kyk ‘n bietjie na besigheid, sport (selfs krieket) & kultuur (oukei behalwe vir ou Steve). Die Afrikaner laat hom geld.

Ek stry ook nie dat ons Moerse struikelblokke in die land het nie. Maar ons het rêrig nêrens anders om heen te gaan nie (ek was 8 jaar in Londen en ek belowe jou daar is maar een land vir Afrikaners en dis Suid-Afrika). Dit gaan nie maklik wees nie, maar juis die feit dat ons nêrens heen het om die gaan nie het ‘n huge bearing op die Afrikaner se toekoms. Ons moet dit maak werk. Ek dink baie Afrikaners, soos ek, sien dit as ‘n positiewe uitdaging.

Ek is ‘n moerse trotse Afrikaner. Delarey, Paul Kruger, FW de Klerk en selfs Charlize Theron is my helde. Maar ek is ook ‘n trotse Suid-Afrikaner. Bryan Habana, Nelson Mandela, Aggrey Klaaste en Prince Mashele is ook my helde. Myns insiens kan jy altwee wees: Afrikaner en Suid-Afrikaner. Maar dit beteken nie ‘n mens moet die k@k wat die ANC (of wieookal) praat aanvaar nie. En dit beteken nie dat ‘n mens die slegte dinge van die Swart kultuur moet aanvaar nie.

11 thoughts on “Afrikaners vs Suid-Afrika

Add yours

  1. Attie, jy se:

    ‘Mhambi jy skryf rerig goed. Die een ding waarmee ek nie saamstem nie is oor die gesondheid van die Afrikaner. Ek dink ons is in ‘n beter toestand as wat mense besef. Kyk ‘n bietjie na besigheid, sport (selfs krieket) & kultuur (oukei behalwe vir ou Steve). Die Afrikaner laat hom weer geld.’

    Dankie vir di kompliment. Ek stem saam met jou dat die Afrikaner nie verby is nie. Kyk byvoorbeeld hier. En ook dat sonder Afrikaner betrokkenheid kan SA dood eenvoudig nie effektief werk nie.

  2. Ek kom nou so sommer van die kant van die skrum in en speel duiwelsadvokaat, maar ek wil tog vir Wessel vra of dit nie effe arrogant is (en selfs paternalisties) om te dink dat SA nie kan werk sonder die Afrikaner se betrokkenheid nie.

    1. Arikaners is die top geleerdes uit al die wit mense in die land (en dis bewys) ons is ook die meerderheid. hoekom se die ANC eweskielik dat hulle wil boere help? Want ons agriculture is in die moeilikheid. Die afrikaner, meestal die boere, het die land gebou. Stadig maar seker is als wat die afrikaner gebou het, besig om afgebreek te word, en dis n feit. (en ge-hernoem…) ons instansies word twee-talig gemaak omdat enigiets wat afrikaans is en waarop ons trots is, dien as n grafsteen vir die verlede.

      wis die afrikaner uit en daar mag miskien minder rasisme wees…mar SA sal nie kan finksioneer nie.

  3. Attie: Bly om jou ook te leer ken. Ek wil met jou saamstem: Ek sien Suid Afrika as ‘n positiewe uitdaging.
    BiB: Ek dink ook dat SA nie kan werk sonder die Afrikaner nie, maar ek sien dit nie as paternalisties nie, maar eerder ‘n oproep aan die Suid Afrikaners om betrokke te raak by die oplossing van die probleme van hierdie land, en nie op die kantlyn te staan en te wag totdat alles in duie strot om dan te sê: “Ek het julle mos gesê !”nie. Die oproep is na my menig: Word deel van die oplossing. Daarmee, geen veroordeling van die ouens wat in die buiteland is nie, ek kan goed verstaan dat hulle gegaan het.

  4. Ek neem beslis ook niemand kwalik wat in die buiteland gaan settle nie. Ek was al in altwee kampe gewees. Elke persoon moet doen wat vir hom werk. Maar dit is nogsteeds hartseer dat mense moet wegtrek uit hul eie land om hulself te laat geld.

  5. Boer, verskoon tog my spelling…

    Dis effe paternalisties en klink dalk arrogant (alhoewel nie so bedoel nie) maar dit beteken nie dat ek verkeerd is nie.

    Die skills om ons staats en siviele majinerie te laat hardloop le grootendeels by Afrikaners.

    Ek praat van polisie personeel, siviele-(dorps)-ingeneurs ander ingeneurs, mynboukundiges, stadsklerke, staatsamptenare, tegnici in vele velde.

    Die nuts en bolts vlak van bestuur van ons land.

    Deels is Afrikaners daar uitgestoot, maar deels het Afrikaners ook hulself ontrek. Ek dink die geleentheid gaan kom waar Afrikaners weer meer betrokke kan raak, want dit gaan amper nie anders kan nie. Die vraag is, gaan hulle wil?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: