Ek is ‘n groot aanhanger van Apple se goed. In Engeland het ek ‘n Nano gekoop en dit was fantasties – ek gebruik hom nou nog; by die werk gebruik ons iTunes as ons musiekspeler en ek het onlangs oorgeskakel na Safari as my amptelike browser. Apple se ontwerp is net eenvoudig die beste , selfs beter as Microsoft (wat ook uitstekend is).
So ek is baie opgewonde oor die nuus dat Apple saam met Vodafone die iPhone in Suid-Afrika gaan versprei. Ek is juis besig om te kyk na ‘n nuwe selfoon. My Samsung D500 is ‘n lekker klein foontjie maar hy is al oud en sy Internet funksionaliteit is beperk. Uit die aard gaan ek nou maar wag om my selfoon te vervang tot die iPhone uit is.
Kyk ook na Apple se iPhone site.
Wat ook nice is is hierdie Golf Scorecard programmetjie. Ek sal dit beslis kan gebruik.
Leave a Reply