
‘n Goeie vriend van my (lees sy Polities Korrekte blog) het vir ons kaartjies gekry vir die nuwe James Bond fliek. Wat dit nog meer spesiaal gemaak het is dat dit ons 1ste fliek by die nuwe Rosehill Mall flieks in Port Alfred was.
Eerstens die nuwe flieks: Die fliek het net 60 sitplekke. Dis klein, maar glad nie ‘n probleem nie – inteendeel dis nogal cosy. Die skerm is nie baie groot nie, naar dis ook heel oukei. Die klank is nie so watwonders nie. Ek gee die flieks 6/10. Nie vreeslik goed nie, maar hey dis 25 minute weg. Bargain!

Nou die fliek self: Ek moet sê ek is nie ‘n Daniel Craig aanhanger nie. Hy kom vir my te veel soos ‘n gorilla voor. There is no subtlety about the guy. En sy bolip is net eenvoudig onatuurlik lank. Maar ten spyte daarvan, was Quantum of Solace vir my heel goed. Daar is beslis ‘n neiging om meer “realisme” in te bring sedert Casino Royale en dit werk nogal. Byvoorbeeld daar is nie ‘n stirred-not-shaken Martini in hierdie fliek nie. Ander goed ook, maar ek wil nie te veel weggee nie.
Hulle het goddank darem nie weggedoen met die gorgeous girls nie. In die fliek is dit die Ukreiener Olga Kurylenko en die Brit Gemma Arterton. Die motor voertuie is ook uit die boonste rakke. Veral die Ford Edge waarmee 007 aan die einde gery het het aandag vereis. Ek sou die fliek 6/10 gee, maar met Olga en Gemma skuif dit op na ‘n respektabele 7/10.
Dankie vir die link, al het jy dit staan en label! Ek verskil nie veel van jou resensie. Die enigste verdere kommentaar is dat Ocean Basket in Port Alfred se diens bietjie stadig was – hoewel dit dalk ‘n ‘once-off’ was.