Attie Heunis's Journey

The ramblings of a Caucasian African American

  • Jacob Zuma
    Jacob Zuma
    The NPA today made the expected anouncement that they are not going to prosecute ANC leader and president designate Jacob Zuma for countless (700+) cases of fraud. It is a dark day for South Africa. I don’t know whether Zuma is guilty or not, but based on the fact that he had R4m in his bank account (fact) and never paid income tax for 8 years (fact) and that his accountant went to jail for fraud (fact) I think he is more than likely guilty. I don’t deny him the “innocent until proven guilty” principle, but Zuma and his puppet master(s) did everything in their considerable power to avoid him going to trial. That smells awfully bad! Read this ABC article about the Zuma case for specifics.

    South Africa as a developing nation under the rule of law took a major blow today. We are now closer to a Banana Republic than we have ever been. Zuma and the ANC manipulated and intimidated everyone from the Constitutional Court (through Zuma’s mate Hlope) to the National Prosecuting Authority into submission. They have now clearly set the example that if you are the Chief you are above the law. Like Idi Amien in Uganda, Robert Mugabe in Zimbabwe; Charles Taylor in Liberia and indeed most of Africa. Tribalism still reigns supreme!

    Even more upsetting is that despite Zuma’s strongly alleged corruption charges, the systemic corruption of the ANC and civil service under the ANC and everything else that is going wrong with South Africa, most blacks are still expected to vote for the ANC. To these people I say that in this Democracy you will get only what you deserve. You must know that you will elect Zuma, a more-than-likely thief, to be your president. The money that he and his cronies have stolen and will steal is your money. It is the money that you could have built a house or educated your children with. You are the ones that will stay in this land that Zuma and the ANC rapes & pillages till nothing works and there is no Justice.

    To the people that vote for Jacob Zuma I say that you will never be treated as equals by the West if you are too stupid and/or cowardly to vote for Jacob Zuma. You will always be the world’s basket case. You will always have to beg if you don’t have the guts and intellectual capability to vote for someone other than the Big Fat Lazy Chief.

    The people that vote for the ANC (this time around) represent the failure of Africa; intellectually challenged, tribalist, racist, gutless and weak.

    Note: This post may seem racially motivated, but it is precisely not. It addresses Black weaknesses in this country simply because our political landscape is determined by Black voters. Besides that very few Whites are expected to vote for Zuma. If I wrote this blog 20 years ago I would have written about the (now obvious) White weaknesses in this country.

  • Rusland herbewapen
    Rusland herbewapen

    Vandag het Dmitry Medvedev, Russiese President, aangekondig dat Rusland voortgaan met grootskaalse herbewapening van konvensionele en kernwapens. Volgens Medvedev het die onlangse ontplooiing in Georgië hulle tekorte uitgewys en hulle vertrou nie die situasie in die streek nie – veral omdat Georgië en Ukraine, Rusland se bure, moontlik Navo lande kan word.

    Wat my aanbetref is hierdie ‘n baie kommerwekkende verwikkeling. Ek self vertrou die Russe niks nie. Ek het al lankal gesê hulle het ongesonde imperialistiese ambisies. Nou dat hulle ekonomie ietwat herstel het van kommunisme het hulle weer lus vir baklei. Ek dink Putin is beslis betrokke by die besluit. Ek wonder ook of Putin en Medvedev nie weer neig na kommunisme nie. Ek is oortuig daarvan dat Putin ‘n probleem het met die onafhanklikheid van die vryemarkstelsel.

    Die laaste ding wat die wêreld nou nodig het is nog ‘n kernwapenresies. Om hemelsnaam, ons was al daardeur!!

    Terloops, Russe het ‘n baie slegte naam in Wes-Europa. Die Wes-Europeërs sien die Russe as dominerende geweldadige mense. Ek besef hierdie is ‘n erge veralgemening, maar ek is ook nie mal oor die Russe nie. Hulle is nie mense wat goed oppas nie. Byvoorbeeld die Natuur. Bewaring is nie rêrig op hulle radar nie. My Pa sê altyd daar is ‘n verband tussen mense se intelligensie en hoe hulle na hulle omgewing omsien. Die Russe sien glad nie om na hulle omgewing nie.

  • Gisteraand op TCM het hulle die uitmuntende The Killing Fields gewys. Die fliek is gebaseer op die ware verhaal van Dith Pran, ‘n Kambodjaanse joernalis, wat na Amerika se ontrekking uit Kambodja gevangene geneem word deur die wreedlustige Khmer Rouge. Al het die fliek ‘n “gelukkige” einde is dit ‘n verskriklike hartseer fliek. Dit wys net weereens hoe Absolute Power corrupts Absolutely.

    Hierdie is een van die beter flieks van die laaste 30 jaar. Ek gee hom 4.5 / 5. Niemand kan ooit die musiek van Mike Oldfield (hieronder) hoor en nie aan die merkwaardige storie dink nie.

  • Ek en my familie bly in ‘n klein dorp in die Oos-Kaap. Ek het grootgeword hier, maar ek is gebore op die delwersdorp Carletonville in die Transvaal. Nou my belydenis:  ek is ‘n baie baie groot Blou Bul ondersteuner. Ek weet self nie presies hoekom nie, die goed gebeur mos maar as jy klein is. My pa het vir Noord-Transvaal geswem toe hy jonger was; dit het miskien iets daarmee te doen gehad. Vra enige ou wat my ken en die sal vir jou sê dat my ondersteuning nogal ‘n ernstige saak is. 🙂

    Maar so mal soos wat ek oor die Bulle is is dit vir my rêrig belaglik as hulle ‘n drie druk of ‘n wedstryd wen, dat hulle hul god prys. As daar ‘n god was hoekom sou hy spesifiek wou hê dat die Bulle ‘n wedstryd moet wen. Die Sharks het ook ‘n klomp godsdienstige fanate (Jacques Botes ens). Hoe besluit god wie moet wen tussen die Bulle en die Sharks? Ek dink dit het baie meer te doen met wie beter rugby speel en wie harder ge-oefen het. Ek dink rêrig nie god sou vir Pierre Spies bo Luke Watson (ook ‘n groot Christen) kies om goed te speel nie. Pierre Spies is net beter omdat hy fisies meer aangepas is (deur evolusie natuurlik; waarskynlik die onderwerp van ‘n toekomstige post) vir rugby. Of jy nou ‘n Christen is of nie: “God simply doesn’t come into it”.

    Ek moet sê ek verwag nie veel meer van rugby spelers nie. Intelligensie is uit die aard van die saak nie ‘n vereiste vir goeie rugby nie, maar dit bekommer my van ‘n grondwetlike oogpunt. Die beheptheid met Christenskap dra nou nie juis by tot die baie belangrike beginsel van godsdiensvryheid nie. Ek dink ‘n Ateïs soos ek of ‘n Moslim sou nie aanvaar word by die Blou Bulle nie. Dis juis vir hierdie rede dat ‘n mens nie godsdiens by die werk (in die geval Loftus Versfeld) beoefen nie. As dit andersom was en almal was Ateïste sou ‘n Christen nie die heeldag Ateïsme in sy keel wou afgedruk hê nie.

    Dit bring ‘n mens noodwendig na ons ou vrind Joost 🙂 Kyk ek dink nie Joost is ‘n goeie segsman vir Christenskap nie. Die een oomblik snuif hy kokaïne en verkeer saam met ‘n slet en die volgende oomblik “behoort sy hart aan die Here”. Met sy geloof op sy mou lyk hy nou net soveel meer belaglik. Weereens nog ‘n rede hoekom ‘n mens jou godsdiens privaat hou.

    Ek vra dus vir die Blou Bulle (en ander Suid-Afrikaanse sportlui ook) om hulle godsdiens privaat te beoefen en nie dit in mense se kele af te probeer druk nie. Godsdiens is rêgtig tog ‘n persoonlike saak.

  • Na ‘n baie besige seisoen het ons drie (Ek, Lené en Elke) laas week ‘n vakansie in die Klein Karoo gehad. Ons het besluit om in Oudtshoorn te bly want dit is redelik sentraal vir ‘n klomp aktiwiteite in die omgewing. Ons het gebly in self-catering eenhede by Klienplaas. My indruk was baie positief – dis baie redelik; in die dorp en daar is ‘n reuse swembad (‘n moet vir die 40°C somersdae in Oudtshoorn).

    Crocodile leaps 2m
    Crocodile leaps 2m

    Dag 1: Cango Wildlife Ranch. Dit is ‘n bietjie kommersieel en min mense hou van diere in hokke, maar vir kinders is dit ‘n belewenis. Ek moet sê die hokke is baie groot, silwerskoon en daar is ‘n bewaringselement (byvoorbeeld die jagluiperd program). Daar is ook wit leeus (waaroor ek maar skepties is). Die krokodille is nog steeds ‘n hoogtepunt van die park. Ek het ook by volwasse jagluiperds in ‘n hok geklim. Dit was iets spesiaals al sal dit nooit ‘n jagluiperd in die natuur klop nie.

    Dag 2: Buffelsdrift Game Lodge. Pragtige plek wat waarskynlik heeltemal te duur vir ons sou wees om by te bly maar jy kan “klein” olifante daar voer teen ‘n aanvaarbare prys. Weereens ek verkies wilde olifante, maar dit was werklik interessant. En dit het ‘n groot indruk op Elke gemaak.

    Ons ry aan Kango Grotte toe. Ongelukkig kon ons nie ingaan nie omdat Elke nog heeltemal te klein is. Maar as ek weer in die omgewing is sal ek baie graag die “Adventure” toer wil doen. Die storie van Veronica Hlabelela, ‘n oorgewig vrou, wat vasgesit het vir 10 ure laat ‘n mens egter twee keer dink oor die spul.

    Meiringspoort
    Meiringspoort

    Ons ry oor die berugte Swartbergpas na Prins Albert toe. Dit was nie te erg nie, ‘n mens moet net stadig ry. Maar ek moet sê ek sal nie weer met lae profiel bande dit doen nie!! Prins Albert is ‘n pragtige sjarmante klein dorpie. Ons het terug Oudtshoorn toe gery deur Meiringspoort. Hier is ‘n baie bekende waterval & gat. Dit is rêrig iets om te ervaar. Jy klouter uit teen die omliggende kranse en duik in die skoonste water in. Die gat is vrek diep (ek het af geswem tot my ore begin pyn en ek was nie naby aan die bodem nie) so dis heel veilig om te duik; solank jy nie op die kranse gly nie.

    Dag 3: Ons ry na die Rust en Vrede waterval so halfuur buite Oudtshoorn. Dis ‘n baie mooi waterval, maar dis nogal ‘n entjie om daar uit te kom en die gat is nie heeltemal so lekker soos Meiringspoort nie. Nog steeds beslis die moeite werd.

    Ons verken ‘n bietjie Oudtshoorn self. Rêrig ‘n mooi Klein Karoo dorp. Daar is heelwat wat my aan Graaff-Reinet, waar ek op skool was, laat dink. Ons ry aan tot by Calitzdorp waar ons aangaan by die beroemde Boplaas. Die plaas is sekerlik die beste Port produseerders in Suid-Afrika en van die beste in die wêreld. Hulle verkoop direk aan die publiek en dit is nie duur nie.

    Terug in Oudtshoorn gaan eet ons by Jemima’s, een van Suid-Afrika se top 10 restaurante. Die ambiance veral in die agterste vertrekke (by die tuin) is regtig spesiaal. Die kos is goed, maar regtig baie duur – te duur. Vir baie mense is die koste blykbaar nie ‘n probleem nie want die plek was so te sê vol, maar dit sit my af. Ek sal nie sommer weer gaan nie.

    Dag 4: Ons ry oor die Outeniquapas deur George en stop by die Sedgefield mark. Ek is nie iemand wat mal is oor markte nie en hierdie keer was dit ook weer so. Te veel dagga en te min substance!! Ons gaan stop by ons ou gunsteling, die Lake Pleasant Hotel, vir middagete. Die plek beveel ek gemaklik aan. Die kos is nie goedkoop nie maar dis so lekker, dis beslis die koste werd!! En die uitsig is unbeatable. Alles inagenome is dit ‘n beter ondervinding as by Jemima’s en vir heelwat minder geld.

    Bloukrans Bungee
    Bloukrans Bungee

    Vandaar ry ons huistoe – oeps nee amper vergeet ek. Nog een laaste stop. BLOUKRANS BRUG!! Ek het die vorige aand gelê en wonder of ek die guts het om te bungee. Toe ons verby ry het besluit ek moet probeer. Die hoogste bungee jump in die wêreld. Wel ek het my R620 betaal en gaan spring. Al het ek soos ‘n maer vark geskree, het ek dink baie geniet. Beslis een van die hoogtepunte van my lewe. Ek was net so bly dat ek dit uiteindelik gedoen het.

    Alles en alles ‘n baie lekker familie vakansie en ons sal dit weer doen. Kyk gerus na al ons Oudtshoorn fotos en my Bungee Jump fotos.

  • As jy na die video kyk dan kan enige ou wat ‘n bietjie van krieket weet sien Dale Steyn kan onspeelbare balle afstuur. In my opinie is sy beste enkele balle nog ooit:

    • Yorker vir Michael Vaughn (Eng) in 2004
    • Outswinger vir Brad Haddin (Aus) in 2008 in die 3rde toets in Australie
    • Yorker vir Dwayne Bravo (WI) in 2007 (hierbo)

    Maar Steyn is beter as dit. Statisties kry hy, op hierdie oomblik, ‘n paaltjie elke 38.2 balle wat hy boul. Dit is die beste syfers in die toetskrieket vir die laaste 100 jaar! Die befaamde (of berugte) spinbouler, Shane Warne, het ‘n paaltjie maar elke 57 balle geneem.

  • Call me counter-revolutionary is an exceptional, well referenced, column by Head of Crime, Justice and Politics Programme at the Institute for Security Studies, Prince Mashele.

    I think it is a great column, because it attacks the idle middle class & its irresponsible consumer culture. I think this is one of the real underlying problems in this country and others. In fact I think Obama also addressed this issue, although in other words, in his inauguration speech.

    While I think this is a problem in any middle class culture, I think it is particularly bad in the new black middle class in South Africa. For obvious reasons there wasn’t a black-middle class in the past. Now these people suddenly have access to money and it seems to have become all-consuming. I applaud Prince Mashele for being honest about the cause & effect of this on blacks.

    I think this issue underlies many of our other problems like crime, corruption, fraud, affirmative action and the resulting poverty of many South Africans.

  • Louis Harms teen Chris NicholsonVandag het my mond regtig oopgehang soos wat Regter Louis Harms (ek ken sy seun so op ‘n manier), adjunk Regter-President, vir Regter Chris Nicholson, ‘n senior regter van die Natalse Hooggeregshof, uitmekaar gehaal het.

    Teen die tyd weet almal sekerlik waaroor die saak gaan en ek is baie in my noppies oor die uitspraak, maar ek was op ‘n manier geskok dat een Regter ‘n ander Regter so in die openbaar basies van onbehepteid beskuldig. Ek dink dis net wat ons nodig het. Deursigtigheid op hierdie vlak stel ‘n fantastiese voorbeeld vir almal in Afrika.

    Volgens ‘n Regsprofessor van Tukkies kan die Zuma kamp nou besluit om Konstitusionele Hof toe te gaan, maar hy sê dat die Appelhof se uitspraak so volledig, omvattend en eenparig was dat die KonHof moeilik die bevel sal omkeer.

    Die ding wat my egter regtig bekommer is watter ander sulke foute het Chris Nicholson nie ook al begaan nie. Ek reken sy loopbaan is regtig in flarde. Ek weet ek sal verseker nie hom as regter in ‘n saak van my wil hê nie. Ek kan net nie sien waantoe nou vir hom nie.

  • Toutrek by Boesmans boeresport
    Toutrek by Boesmans boeresport

    Toe ek grootgeword het was die Boeresport een van die beste goed omtrent Desember vakansies by Boesmans. Ek is seker dit was altyd op die 1ste gewees, maar die jaar was dit die 31ste Desember. Die Boeresport word afgeskop deur ‘n marathon tussen Boesmans mond en Kwaaihoek. Daarna is dit naellope en die oggend hoogtepunt: Toutrek. In die middae is dit swem.

    Toe ons klein was het ek (en glo my ek was nie atleties nie) aan die marathon, toutrek en die swem deelgeneem. Ek het selfs toutrek en swem-aflos oorwinnings gevuur in my jeug!!

    Dit is wat my aanbetref regtig ‘n fantastiese tradisie. Ek aanvaar dat dit begin is deur die boere van Alexandria wat hier kom kamp het met hulle ossewaens (dit is terloops hoe Boesmans self ook begin het). Die boere wou seker maar ‘n bietjie sports hê om die nuwe jaar mee in te lei en watter beter manier as om teen mekaar te kompeteer.

    Dit was rêrig lekker om daar te wees die jaar, maar ek is bekommerd dat daar so min mense was. Ek hoop ek is verkeerd, maar ek kry die gevoel dat die Boeresport nie meer so gesond is soos wat dit in die ou dae was nie. Miskien moet ons by Red Apple kyk of ons nie ‘n bydrae kan maak nie; dit is so ‘n kosbare ding.

    Gaan loer gerus na die res van my Boesmans Boeresport fotos.

  • Vandag toe soek ek vir ‘n Luciano Pavarotti opname van Nessun Dorma. Ek kry toe ‘n clip wat al 8 miljoen hits gehad het. Dit het heeltemal sin gemaak want hy is sekerlik die beste tenoor van ons tyd. Maar wat vir my vreemd was was dat daar ‘n ander opname van Nessun Dorma deur Paul Potts 38 miljoen hits gehad het. Dit kon ek nie verstaan nie – ek het nog nooit eers van Paul Potts gehoor nie! Toe kyk ek maar. En toe kan ek verstaan hoekom die clip 38miljoen hits gehad het. Dit is iets ongeloofliks. Dit wys net hoe ongelooflik kragtig musiek en die mens se stem kan wees.

    En veral omdat dit Nessun Dorma is. Die laaste woorde “Dilegua, o notte! Tramontate, stelle! Tramontate, stelle! All’alba vincerò! Vincerò! Vincerò!” beteken
    “Vanish, o night! Set, stars! Set, stars! At daybreak I shall win! I shall win! I shall win!”.

    Hoe van pas is dit nie?