Ek en my familie bly in ‘n klein dorp in die Oos-Kaap. Ek het grootgeword hier, maar ek is gebore op die delwersdorp Carletonville in die Transvaal. Nou my belydenis: ek is ‘n baie baie groot Blou Bul ondersteuner. Ek weet self nie presies hoekom nie, die goed gebeur mos maar as jy klein is. My pa het vir Noord-Transvaal geswem toe hy jonger was; dit het miskien iets daarmee te doen gehad. Vra enige ou wat my ken en die sal vir jou sê dat my ondersteuning nogal ‘n ernstige saak is. 🙂
Maar so mal soos wat ek oor die Bulle is is dit vir my rêrig belaglik as hulle ‘n drie druk of ‘n wedstryd wen, dat hulle hul god prys. As daar ‘n god was hoekom sou hy spesifiek wou hê dat die Bulle ‘n wedstryd moet wen. Die Sharks het ook ‘n klomp godsdienstige fanate (Jacques Botes ens). Hoe besluit god wie moet wen tussen die Bulle en die Sharks? Ek dink dit het baie meer te doen met wie beter rugby speel en wie harder ge-oefen het. Ek dink rêrig nie god sou vir Pierre Spies bo Luke Watson (ook ‘n groot Christen) kies om goed te speel nie. Pierre Spies is net beter omdat hy fisies meer aangepas is (deur evolusie natuurlik; waarskynlik die onderwerp van ‘n toekomstige post) vir rugby. Of jy nou ‘n Christen is of nie: “God simply doesn’t come into it”.
Ek moet sê ek verwag nie veel meer van rugby spelers nie. Intelligensie is uit die aard van die saak nie ‘n vereiste vir goeie rugby nie, maar dit bekommer my van ‘n grondwetlike oogpunt. Die beheptheid met Christenskap dra nou nie juis by tot die baie belangrike beginsel van godsdiensvryheid nie. Ek dink ‘n Ateïs soos ek of ‘n Moslim sou nie aanvaar word by die Blou Bulle nie. Dis juis vir hierdie rede dat ‘n mens nie godsdiens by die werk (in die geval Loftus Versfeld) beoefen nie. As dit andersom was en almal was Ateïste sou ‘n Christen nie die heeldag Ateïsme in sy keel wou afgedruk hê nie.
Dit bring ‘n mens noodwendig na ons ou vrind Joost 🙂 Kyk ek dink nie Joost is ‘n goeie segsman vir Christenskap nie. Die een oomblik snuif hy kokaïne en verkeer saam met ‘n slet en die volgende oomblik “behoort sy hart aan die Here”. Met sy geloof op sy mou lyk hy nou net soveel meer belaglik. Weereens nog ‘n rede hoekom ‘n mens jou godsdiens privaat hou.
Ek vra dus vir die Blou Bulle (en ander Suid-Afrikaanse sportlui ook) om hulle godsdiens privaat te beoefen en nie dit in mense se kele af te probeer druk nie. Godsdiens is rêgtig tog ‘n persoonlike saak.
Met hierdie tipe bespreking is dit waarskynlik belangrik om my vooroordele te verklaar, nl. dat ek wel ‘n Christen is.
Ja, dis nogal ‘n moeilike een hierdie :-). Ek dink, vir ‘n begin, is ek meer gemaklik met ‘n vinnige boontoe wys gebaar -wat baie van die Blou Bulle doen- as met ‘n wit t-shirt wat verklaar “Jesus is King” en waarvan die draer teen rugbypale uitklim en ‘n triomfanklike vuis in die lug rondswaai. Eersgenoemde kan as ‘n gebaar van ‘nedrigheid’ geinterpreteer word terwyl laasgenoemde… wel, redelik vreemd is sover dit my aangaan.
Die vraag of God aan iemand se kant is, bv. die een span eerder as die ander, is ‘n belangrike een. Dit kan op baie ander belangriker situasies en scenarios van toepassing gemaak word -bv. oorlog… Dit sou selfs ‘n meer uitdagende vraag wees as die ‘ander’ span duidelik nie-Christelik sou wees – bv. ‘n ‘Moslem’ span :-). Ek stem nogal saam dat God nie juis belang het by wie die Super 14 wen nie! God gaan tog nie meer of minder ‘status’ hê o.g.v. wie ‘n sport toernooi of item wen nie…
Indien ‘n sport persoon se bedoeling is om te sê “Ek is dankbaar om die talent te hê, ek het dit nie op een of ander wyse ‘verdien’ nie”, het ek respek daarvoor. Dit wil nog steeds nie sê jy moet dit tydens die wedstryd doen nie, maar dis vir my aanvaarbaar.
Godsdiensvryheid, insluitend die vryheid om ‘nie te glo’, is uiters belangrik. Sovêr dit my aangaan beteken dit dat jy jou geloof of nie-geloof moet kan uitleef, maar wel op ‘n manier wat nie inbreek maak op ander se vryheid. So kan die ateïs rugby speler, argumentshalwe, nadat hy ‘n drie gedruk het ‘n vinger na homself wys as hy wil, of uit nie-godsdienstige nederigheid na die speler wat die bal vir hom aangegee het voor die doellyn. Hy kan sy hand op sy bors sit om te wys hoe lief is hy vir die Blou Bulle, ens…
Maar waar trek mens die streep? Ek dink nie mens kan regtig nie, jy loop te veel gevaar om ‘n grondwetlike (menseregtelike) reg in te perk. Solank mens aanvaar dat die nie-‘gelowige’ en ‘gelowige’ dieselfde reg het om hulself uit te leef. Dit beteken ongelukkig dat individue simpel goed, selfs erg onsensitiewe goed gaan kwytraak – maar dis hul reg om so te doen. Baie dieselfde argument sou geld rakende sensuur op die internet, of in ander media.
Haatspraak is natuurlik ‘n ander storie, maar ek dink nie dit is hier van toepassing.
Joost se geval, daar’s seker nog ‘n kans dat hy ‘onskuldig’ is, illustreer wel ook dat mens self verantwoordelikheid moet neem vir dit wat jy kies om in die openbaar te verklaar. Ek wonder wel in hoe ‘n mate die hele petalje ‘in die openbare belang’ is en dus goeie joernalistiek verteenwoordig. Dit lyk vir my na ‘n voorbeeld van tjekboek- en/of ‘human interest’ joernalistiek wat tipies is van Rapport, Son, Heat, Huisgenoot, ens. Ek’s nie so seker dat ons regtig nodig het om te weet wat Joost in sy privaat tyd doen nie. Maar dis ‘n ander debat.
Ek respekteer die feit dat jy ‘n Ateїs is en nie soos baie ander mense moreel verplig voel om kerk toe te gaan en jouself vir watter rede ook al in die Christen geloof in te sluit nie.
Christenskap is al van kleins af in ons almal se kele afgedruk, en myns insiens is dit verkeerd en baie irriterend.
Having said that, ‘indulge’ my asb. wanneer uit ‘n Christen-oogpunt my opinie oor die saak gee.
God is God en mense is mense.
Alhoewel jy as mens trekke van jou ‘Vader/Pa’ sal hê, is jy nie self die entiteit nie.Dus sal ek nie oordeel oor God trek agv. die aksies van mense nie.
My punt is net dit, as ‘n man sy vinger in die lug steek, teen ‘n paal uitklim of ‘die Jesus-kaart speel'(vir watter rede ook al op daai oomblik in sy kop), se dit nie dat God hom kies(en ‘n potensiele oorwinning vir sy span beplan) bo die spelers van die ander span nie.God het nie gunstelinge nie, of mens in Hom glo of nie.
Soos jy weet, beinvloed mens se siening van die Godheid of nie-Godheid elke vlak van jou bestaan.(selfs wanneer jy rugby kyk)
Dit bepaal grootliks hoe jy jouself sien, hoe jy die wêreld sien, en hoe jy jouself in die wêreld sien inpas.
God is in jou, so jy kan jouself nie van Hom skei nie.Dis onmoontlik om Hom by die huis te los, of in jou ‘binnekamer’ te bêre.
As Christen is dit vir my ook ‘n stryd, want die oordeel wat jy as Ateїs van Christene kry, kry ek daagliks van, glo dit of nie, mede-Christene, Muslims, Ateїste ens.
Ek is verbaas dat Ateїste nie meer pro-‘freedom of expression’ is nie, juis omdat julle weet hoe sleg dit is om so veroordeel en onderdruk te word.(En in Joost se geval wil ek hom ook nie veroordeel nie)
Sal die samelewing ons nou almal dwing in die ‘mainstream’ in, waar ons die kern van ons wese moet ‘deny’ om almal gelukkig te hou?
Julle altwee maak uitstekende punte! Vryheid van Spraak is verseker een van ons belangrikste grondwette. Dit is beslis waar dat dit iemand se reg is om te dien wie of wat hy/sy wil en ek hou dit teen niemand nie. After all, wie sê ek is reg oor my ateïsme?
Dit is egter ook my reg om in geselskap te vloek of te skree. Maar dit is onvanpas. Die sportveld soos die werkplek soos skole is nie die plek vir godsdiens nie. Net soos dit nie ‘n plek is vir politiek nie. Dink net Bakkies Botha (argumentshalwe) dra ‘n t-hemp na ‘n wedstryd met AWB op. Of Luke Watson met ‘n ANC t-hemp. Sure dis hulle reg, maar dit is onvanpas.
Wat Joost aanbetref; I couldn’t resist. 🙂
Jy maak ‘n baie interessante punt en ek het ‘n lang reply daarop begin skryf. My keyboard se ‘num lock’ was af en toe ek ‘n kappie op ‘n ‘e’ wou sit, of iets in der voege, het my browser geback page. Hel, al daai skryf en dink in die water. Ek gaan nou maar eers moet werk en dan kom ek terug na jou :-).
Hierdie tipe gesprekke is in elk geval baie lekker, meer mense moet hulle daarmee besig hou. Na my mening…
Ek’t in elk geval vanoggend lekker geglimlag in my motor toe ek dink aan al die christen gebare wat aanhoudend van jou liefling span se spelers kom. Siestog! Dis ‘n blerrie goeie span, al is die meeste goed rondom die span ongelooflik (no pun intended) KITSCH. Ten spyte daarvan, sal ek in die wolke wees as hul weer die Super 14 sou wen.
Ek is weer later terug oor die t-hemp ding. Moeilike een daai!
Ek verskil ‘n bietjie hier met jou. Meeste sportmanne is diep gelowig, en hulle geloof is vir hulle juis die fondasie van hulle sukses. As Bakkies bOtha na ‘n wedstryd sy vertoning aan God opdra, is dit bloot ‘n nederige erkentenis van waar hy glo sy krag en vermoëns kom vandaan. Hy probeer nie daarmee vir iemand ‘n punt bewys, of sy Christenskap in iemand se keel afdruk nie.
Hashim Amla se openlike uitdrukking van sy geloof maak ook nie dat enige Christen hom joejou wanneer hy goeie krieket speel nie. Almal is (meestal) verdraagsaam teenoor die ander se geloofsoortuigings.
As die openlike prysing jou pla, is daar mos niks verkeerd om vir daardie oomblik jou oë toe te maak of weg te kyk nie. Jy verloor definitief nie ‘n stukkie van die aksie nie!
Wat my pla van hierdie hele skrywe, is dit: hoekom pla dit jou as selferkende ateïs? Hoekom dan nie net giggel oor hierdie arme drommels se geloof nie? Of is hierdie dalk ‘n klein, fyn roepstem uit die woestyn? Net jy sal weet…
Ai toggie… Verskoon tog al die typo’s…
Hi Attie,
‘n Paar van die opmerkings hierbo het reeds goeie praktiese redes gegee hoekom dit aanvaarbaar en normaal is vir ‘n christen om erkenning te gee aan God vir sy prestasies. Wat die een span bo die ander betref: God word vereer deur die gedrag van sy volgelinge, nie deur die wen of nie wen van ‘n wedstryd nie. Die Bybel leer wel vir christene (ek ingesluit) om alles wat ons doen te doen asof vir die Here. M.a.w. hierdie spelers gebruik dus hul talent vir die Here.
Om dit op so ‘n openbare metode te doen is wel ‘n mate van geloofsbelydenis. Deur dit te doen laat hulle mense weet dat hul christene is. Dit opsig self is nie evangelisasie nie, maar ek verstaan hoekom ‘n nie-christen (op wie christenskap vroër afvorseer is) nie daarvan sal hou nie. Maar ook op dit moet ek sê dat die Bybel weereens vir christene sê om die wil van God te soek en nie van mense nie. Om dus my christenskap uit te leef op ‘n sigbare wyse is ‘n opdrag en nie ‘n keuse nie. Dit beteken egter dat my lewe Christus moet weerspieël en nie dat ek kan doen wat ek wil solank as wat ek vir God die eer gee vir elke drie nie. Lees maar gerus my inskrywing http://bernsstories.wordpress.com/2009/02/19/skepper-vs-skepping.
Groetnis en sterkte met jou rugby frustrasie, want ek dink dit gaan nog baie gebeur hierdie jaar n.a.v. die Bulle so vorm in die eerste twee wedstryde.
Berns
Ek dink miskien bluf ons onsself wanneer ons in terme van ‘n digotomie begin dink, met ander woorde: of God is aan die een kant, of hy’s aan die ander een – en dit maak nie sin nie, so nou’s die hele storie sommer snert.
Die lewe is nie ‘n digotomie nie. Daar bes moontlik ‘n derde en ‘n vierde (en ‘n vyfde….en ‘n sewentigste) antwoord.
Ek stem saam jou Attie. Ek sal graag wil hoor wat dieselfde mense wat so graag hulle sports helde in die openbaar sien hulle geloof vertoon voel as twee persone van dieselfde geslag hulle liefde vir mekaar wys deur hande vas te hou of te soen. O genade, dis seker die grootste sonde wat gepleek kan word, behalwe vir nie in god (‘n god) glo nie.
Ek gaan nie se dat mense wat sport doen die slimste klomp altyd is nie. Hoe meer duidelik is die nie as normale rationele persone kan glo dat hulle Sondag in die kerk sit en ‘n 2000 jare oue god se bloed drink, dat slange kon praat, ‘n man vir drie dae in ‘n vis kon woon… moet ek nog aangaan… dan kan mens verstaan dat hulle nie altyd die beste oordeel het nie.
Op die ou einde kom dit neer op glo jy of glo jy nie. Daar hoef geen rede of feite of enige ander logiese rede te wees hoekom jy glo nie. Dit is net ‘n kwessie van glo, of nie.
Maak dit saak dat mense in die publieke oog openbloot hulle geloof vertoon, nee. Moet ek saamstem? Nee. het hulle die reg? Absoluut. Kan jy jou opinie daaroor lig, verseker, want dit is wat vryheid van spraak beteken.
Oor die blou bul ondersteuning sal ek maar ander dag moet skryf… weet nie wat dink jy nie. Nou wonder ek of jy nie nog in Kersvader glo nie. 🙂
Ai, dit maak nie saak of hulle glo of nie, op die ou end van die dag weet ons dat die Flying Spaghetti Monster in beheer is van ons lewens deur Sy noodly appendage. Die Flying Spaghetti Monster speel met ons soos ‘n kind sal speel met action figures.
Hy is in beheer terwyl ek die bootskap tik, hoe anders sal ek by sulke nonsens uitkom?!
RAmen
Reken jy eerlikwaar dat mense hulle lewensuitkyk en waardes (om eer aan God te gee is vir pparty mense ‘n belangrike waarde) tuis moet los terwyl hulle werk of sport doen? Veronderstel my passie was skilder, sou jy dan verwag dat ek nooit met my kollegas oor skilderye praat nie? Verwag jy van tienermeisies om nooit die ou op wie hulle verlief is se naam te noem nie, of van iemand wat vir ‘n liefdadigheidsorganisasie ‘n vrywilliger is om nie by werk of sport te praat oor wat hy/ sy doen nie. Laat mense praat waaroor hulle wil. Dit geld vir jou ook.
Hi Attie,
Kry nou eers kans om te reply!
Rugbyspelers is publieke figure, en oral waar hy kom, herken mense hom.As hy maak soos jy voorstel, sal hy fisies net wanneer hy in sy eie erf agter sy eie mure is, enige vorm van uitdrukking aan God kan gee.As hy wil bid vir kos in ‘n restaurant sal hy ter wille van die publiek dit ook nie kan doen nie.
Ek en my Pa werk saammet God in ons besigheid, en die voorsiening wat volg is direk van Hom af.Ek sou graag wou sien dat gewone mense soos ek, en publieke figure dieselfde menseregte kan geniet.
Ps. ek dink dit sal vir jou makliker wees om in God te glo, as om te glo dat politiek ooit in Suid Afrika van sportveld OF werkplek verwyder sal word!:)
Ek is impressed met die hele gesprek. Baie nice. Ek het niks nuut om by te dra nie. Ek gaan net ‘n opmerking maak. Dinge het al ‘n lang pad gekom na al die emotionele en soms irrationele gersprekke oor godsdiens.
Hierdie was nou een van die meer interessante inskrywings wat ek al op die blogs gelees het. Voor ek verder gaan – ek beskou myself as ‘n Christen. Dit gese^, net die volgende: –
Ek glo vas God moet ‘n uitstekende humorsin he^, want net ‘n goeie humorsin sal enige wese / entiteit soms kan laat cope met die aardighede van die mensdom.
Ekself het nogal gedink daai ou wat die pale uitgeklouter het, het meer soos ‘n bobbejaan gelyk as wat hy my sou oortuig om God te eer, met alle respek gese^.
En natuurlik bid ek elke keer dat die Blou Bulle moet verloor, want ek verpes die goed – ja, ek is ‘n Stormers ondersteuner en ek weet daai was nie baie Christelik nie 😈
So, is my geloof dan nou swakker as die Blou Bulle s’n? of luister God net vir hulle en nie vir my nie? I just don’t think so!
Ek is van kleins af geleer daar is ‘n tyd en ‘n plek vir alles en as ek my nie misgis nie, staan dit in die Bybel ook. So ek dink God dink dalk ook net dat dit ietwat onvanpas is van die Blou Bulle om te glo hulle is die uitverkore volk 😆 (En my tong is in my kies, Attie)
Ek is ook moeg daarvoor dat Attie vir almal lieg en se hy is ‘n Attiehis. Attie behoort aan die kerk van Charles Lyell, who without instruments or any concrete knowledge declared rocks to be 3,2 billion years old. The churches name is evolution, and Attie is NO atheist!
Ek weet nie eers wie is Charles Lyell nie! Evolution ain’t no religion. If it was religion it wouldn’t be taught (by law) as Science in every single American school.
I agree I’m hovering halfway in-between an Atheist and an Agnostic.