Boesmansriviermond Boeresport

Toutrek by Boesmans boeresport
Toutrek by Boesmans boeresport

Toe ek grootgeword het was die Boeresport een van die beste goed omtrent Desember vakansies by Boesmans. Ek is seker dit was altyd op die 1ste gewees, maar die jaar was dit die 31ste Desember. Die Boeresport word afgeskop deur ‘n marathon tussen Boesmans mond en Kwaaihoek. Daarna is dit naellope en die oggend hoogtepunt: Toutrek. In die middae is dit swem.

Toe ons klein was het ek (en glo my ek was nie atleties nie) aan die marathon, toutrek en die swem deelgeneem. Ek het selfs toutrek en swem-aflos oorwinnings gevuur in my jeug!!

Dit is wat my aanbetref regtig ‘n fantastiese tradisie. Ek aanvaar dat dit begin is deur die boere van Alexandria wat hier kom kamp het met hulle ossewaens (dit is terloops hoe Boesmans self ook begin het). Die boere wou seker maar ‘n bietjie sports hê om die nuwe jaar mee in te lei en watter beter manier as om teen mekaar te kompeteer.

Dit was rêrig lekker om daar te wees die jaar, maar ek is bekommerd dat daar so min mense was. Ek hoop ek is verkeerd, maar ek kry die gevoel dat die Boeresport nie meer so gesond is soos wat dit in die ou dae was nie. Miskien moet ons by Red Apple kyk of ons nie ‘n bydrae kan maak nie; dit is so ‘n kosbare ding.

Gaan loer gerus na die res van my Boesmans Boeresport fotos.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: