Vandag het my mond regtig oopgehang soos wat Regter Louis Harms (ek ken sy seun so op ‘n manier), adjunk Regter-President, vir Regter Chris Nicholson, ‘n senior regter van die Natalse Hooggeregshof, uitmekaar gehaal het.
Teen die tyd weet almal sekerlik waaroor die saak gaan en ek is baie in my noppies oor die uitspraak, maar ek was op ‘n manier geskok dat een Regter ‘n ander Regter so in die openbaar basies van onbehepteid beskuldig. Ek dink dis net wat ons nodig het. Deursigtigheid op hierdie vlak stel ‘n fantastiese voorbeeld vir almal in Afrika.
Volgens ‘n Regsprofessor van Tukkies kan die Zuma kamp nou besluit om Konstitusionele Hof toe te gaan, maar hy sê dat die Appelhof se uitspraak so volledig, omvattend en eenparig was dat die KonHof moeilik die bevel sal omkeer.
Die ding wat my egter regtig bekommer is watter ander sulke foute het Chris Nicholson nie ook al begaan nie. Ek reken sy loopbaan is regtig in flarde. Ek weet ek sal verseker nie hom as regter in ‘n saak van my wil hê nie. Ek kan net nie sien waantoe nou vir hom nie.
Mmm, ek hoor wat jy sê Attie. Ek dink wat hierdie uitspraak ook illustreer is hoekom ons regstelsel werk soos hy doen (op Engels-Nederlandse model geskoei… ek dink). Baie ander regstelsels werk natuurlik ook so. Waarvan ek praat is dat daar tot op ‘n hoë vlak ‘n appel proses beskikbaar is. Soos ek dit sien is die hoër howe ‘n soort van veiligheidsnet om besluite van die laer howe te toets – indien nodig. Die feit dat daar so iets in plek is, nodig is, onderstreep natuurlik dat laer howe soms ‘foute’ maak. Dit beteken ook dat as jy as aangeklaagde swak regsverteenwooridging gehad het, jy met ‘n ander regspan dit kan probeer regstel in ‘n hoër hof.
Wat my die meeste pla van howe en die wet, op meeste plekke in die wêreld, is dat jy geld nodig het om werklike top regsverteenwoordiging te kry. As jy ‘n arme drommel is wat verkeerdelik vir een of ander misdaad aangekla is kan jy lank in die tjoekie sit en wag net om te verskyn – nevermind jou onskuld bewys wanneer jy eendag wel in ‘n hof verskyn.
Hoe dit ookal sy, ek was ook beïndruk met die uitspraak. Nicholson se uitspraak is van meet af gekritiseer deur heelwat kenners. Maar ek het nogal sy uitspraak geniet :-). Soos Harms dit gestel het, Nicholson het rooi kaarte uitgedeel vir van die toeskouers! Dis nice dat Mbeki et al bietjie oor die vingers getik is. Maar soos Harms duidelik uitgewys het was dit nie sy rol of die tyd en plek om dit te doen…
Dit het natuurlik die Zuma kamp die gap gegee om van Mbeki ontslae te raak. Maar ek dink Mbeki was reeds ‘n lame duck president. Die nuwe ANC leierskap het reeds die leisels stewig in die hand gehad.