As jy na die video kyk dan kan enige ou wat ‘n bietjie van krieket weet sien Dale Steyn kan onspeelbare balle afstuur. In my opinie is sy beste enkele balle nog ooit:
- Yorker vir Michael Vaughn (Eng) in 2004
- Outswinger vir Brad Haddin (Aus) in 2008 in die 3rde toets in Australie
- Yorker vir Dwayne Bravo (WI) in 2007 (hierbo)
Maar Steyn is beter as dit. Statisties kry hy, op hierdie oomblik, ‘n paaltjie elke 38.2 balle wat hy boul. Dit is die beste syfers in die toetskrieket vir die laaste 100 jaar! Die befaamde (of berugte) spinbouler, Shane Warne, het ‘n paaltjie maar elke 57 balle geneem.
Leave a Reply