Russiese herbewapening is slegte nuus

Rusland herbewapen
Rusland herbewapen

Vandag het Dmitry Medvedev, Russiese President, aangekondig dat Rusland voortgaan met grootskaalse herbewapening van konvensionele en kernwapens. Volgens Medvedev het die onlangse ontplooiing in Georgië hulle tekorte uitgewys en hulle vertrou nie die situasie in die streek nie – veral omdat Georgië en Ukraine, Rusland se bure, moontlik Navo lande kan word.

Wat my aanbetref is hierdie ‘n baie kommerwekkende verwikkeling. Ek self vertrou die Russe niks nie. Ek het al lankal gesê hulle het ongesonde imperialistiese ambisies. Nou dat hulle ekonomie ietwat herstel het van kommunisme het hulle weer lus vir baklei. Ek dink Putin is beslis betrokke by die besluit. Ek wonder ook of Putin en Medvedev nie weer neig na kommunisme nie. Ek is oortuig daarvan dat Putin ‘n probleem het met die onafhanklikheid van die vryemarkstelsel.

Die laaste ding wat die wêreld nou nodig het is nog ‘n kernwapenresies. Om hemelsnaam, ons was al daardeur!!

Terloops, Russe het ‘n baie slegte naam in Wes-Europa. Die Wes-Europeërs sien die Russe as dominerende geweldadige mense. Ek besef hierdie is ‘n erge veralgemening, maar ek is ook nie mal oor die Russe nie. Hulle is nie mense wat goed oppas nie. Byvoorbeeld die Natuur. Bewaring is nie rêrig op hulle radar nie. My Pa sê altyd daar is ‘n verband tussen mense se intelligensie en hoe hulle na hulle omgewing omsien. Die Russe sien glad nie om na hulle omgewing nie.

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

search previous next tag category expand menu location phone mail time cart zoom edit close