Ek het vandag onwillig my lidmaatskap aan AfriForum opgesê. Dit was vir my ‘n moeilike besluit gewees. Ek is deur van my vriende gewaarsku dat Afriforum nog steeds die verkramptes is, net in ander gewaad. Ek het dit nie geglo nie en het lekker groot gepraat oor al Afriforum se indrukwekkende oorwinnings in die hof en hoe hulle die politieke landskap verbeter vir minderhede en Afrikaanssprekendes.
Dit was dus met skok dat ek vandag in AfriForum se nuusbrief verneem het van hulle teenkanting teen die Afrikaanse Vrydenkersbeweging (AVB) se aandrang dat alle skole ons land se wette rakende opvoeding moet nakom. Spesifiek gaan dit oor die beoefening van die Christen geloof in ons skole. Die AVB en ek, wat nie ‘n Christen is nie, wil nie hê dat belasting geld moet betaal om ons mense te probeer bekeer nie. AfriForum, blyk dit, wil.
Al is die konsep van ‘n persoonlike god vir my belaglik, is dit nie my saak as ouers hulle kinders wil bekeer (of watookal) nie. Maar ek trek die streep by staatsinstansies waarvoor ek (deur belasting) betaal. Dit is nie die staat se plek om die Christen of enige andere geloof te bevorder nie. Geloof is een ding; die staat ‘n ander. Alle 1ste wêreldse lande respekteer hierdie weldeurdagte, regverdige beleid. Die flip side is lande soos Afganistan en Iran waar fundamentalisme seëvier.
Tot vandag het ek gedink dat AfriForum juis vir die Grondwet staan, maar nou blyk dit heel duidelik dat dit nie altyd die geval is nie. Godsdiensvryheid is iets waarvoor ek al lank baklei. Tesame met Persvryheid is dit vir my van kardinale (verskoon my pun) belang en verseker van die hoekstene van ‘n demokrasie. Die ondermyning van hierdie beginsels deur AfriForum is vir my onaanvaarbaar en ek kan nie dit met my beginsels vereenselwig nie. So ten spyte van al die fenomenale werk wat AfriForum gedoen het en steeds doen, onttrek ek vandag my ondersteuning (finansieel en moreel) van die groep.
Afriforum se idee van minderheidsregte is blank, Afrikaans, straight, gelowig (natuurlik net goeie Protestante). Daarom glo ek nie enige iets wat organisasies soos AfriForum en die VF+ sê oor minderheidsregte, regstellende aksie ensomeer nie. Dit is organisasies wat met mooi woorde veg vir Afrikaner-bevoorregting en die benadeling van ander landsburgers (die meerderheid swart mense ingesluit).
Dankie dat jy bereid is om jou spreekwoordelike geld by jou mond te sit. Chris “Boetman” Louw was miskien die eerste amptelike uit-die-kas-geklimde gatvol Afrikaner, maar beslis nie die laaste nie.
Verwag dat die Sarel Cilliers-aanhangers gaan laer trek, maar hierdie keer is die land se wette teen hulle.
Geniet die Feesseisoen – dit gaan nie die laaste vuurwerke vir die volgende 12 maande wees nie.
The United Church of Evolution (Of which both you and Charles Darwin are religious followers) currently preaches in the same schools, but that does not seem to bother you.
“Geloof is een ding, die staat is ‘n ander,” to quote a famous poet.
Separate religion from teaching and the inherent conflict it creates by removing both church religion and the pseudo-science taught.
Juiceboy, net iemand wat evolusie glad nie verstaan nie kan sê dat evolusie ‘n godsdiens is. Ek ken iemand (jy ook – en dis nie ek nie) wat sê of jy evolusie aanvaar of nie is ‘n funksie van jou intelligensie: intelligente mense verstaan/aanvaar evolusie; minder intelligente mense kan nie evolusie insien nie.
Maar ek wil regtig nie weer oor evolusie argumenteer nie. Jy glo dat die Aarde plat is, dat God die wêreld in 7 dae gemaak het, dat Lazarus opgestaan het na die dood, dat die wêreld 8,000 jaar oud is en dat evolusie bog is.
Ek (en meeste wetenskaplikes met regte kwalifikasies) aanvaar evolusie omdat daar onteenseglike bewyse is; my gedagtes word nie deur godsdiens ingeperk nie. I think that says it all. Kom ons los dit maar so en dan beweeg ons almal aan.
Attie, ek so dankbaar dat daar sulke intelligente mense soos jy is wat hier in Suid Afrika bly. Ek sou graag ‘n bietjie dieper met jou wou gesels oor spesifieke mutasies wat op die kort arm van chromosoom 13 voorkom en die rol wat dit speel in evolusionêre ontwikkeling van vroue in Soud Afrika. Ek sou dan graag wou hoor wat jou gedagtes is waarom die Quantum fisika nie saam met die relatiwiteits teorie die universele konstante van die heelal kan wegredineer nie? Of dink jy die antwoord lê in die stringteorie?
Ek moet sê in my jare lange studie en vele na-graadse kwalifikasies het ek net meer en meer besef dat ‘n bietjie kennis eintlik meer gevaarlik is as baie, want hoe meer jy werlik weet, hoe meer besef jy daar daar nog soooo baie dinge is wat ons ou mensies maar net nie verstaan nie.
Dalk kan jy sommer dan ook vir my verduidelik hoe ek sien hoe iemand wat dood is, weer lewendig word sonder enige ingreep behalwe ‘n gebed tot Die God wat jy nie in glo nie, want as spesialis en dokter kan ek dit nie doen nie? Dalk is ek net nie intelligent genoeg nie?
Ek sê nie ek glo aan (of verstaan altyd) quantum fisika, die relatiwiteitsteorie of string theory nie. Ek sê net daar is wetenskaplike bewyse vir evolusie, maar daar is geen erkende wetenskaplike bewyse vir die bestaan van ‘n persoonlike god nie. Hoekom bid mens dan nie net elke keer as iemand siek is nie, of soos die bekende vraag “why doesn’t god heal amputees” of hoekom het god Ruben Kruger laat doodgaan en hoekom laat god toe dat onskuldige kinders verkrag word? Hoekom? Want daar is nie ‘n god nie.
Volgens jou kwalifikasies kan jy nie te stupid wees nie, maar jy (soos so baie ander Saffers) is vasgevang in Christelike fundamentalisme. En nou gaan ek soos een van julle klink: jy moet die lig sien ou broer. Ek weet dis scary, but that doesn’t change the fact that it is true.
En as jy DIT kan glo, kan jy glo daar’s ‘n hel. En ‘n tandmuis. En ‘n Kersvader. En ‘n … wag, ek dwaal nou van die punt af.
Juiceboy, how can you compare observation and evidence to religion? You are a gibbering nitwit and a perfect example of why mythical stories should not be taught as fact in public schools.
Ek is gelowig, maar ek glo in ‘secularism.’ My mening is dat daar regtig geen kwessie daaroor is nie en dat die staat en geloof geskei moet word.
Maar jy moet jouself af vra wat is tot jou beskikking in hierdie land. Wie gaan na jou belange om sien? Partykeer moet mens ongelukkig die minste skadelike organisasies of partye ondersteun. Dis al hoe ‘n demokrasie kan werk. Die werklikheid is dat daar bitter min organisasies is wat vir ander baie goeie goed beklei, soos Afriforum.
Hi, stem saam met jou oor Afriforum.
Wat godsdiens in skole betref, dink ek jy sal die blog The Meming of Life geniet – hierso is ‘n inskrywing oor hoe kinders rondskuif van geloof ná skool: http://parentingbeyondbelief.com/blog/?p=3662