Eie besigheid: Pros en Cons

business plan
Business is about ideas

Ek en Lene het in 2006 terug Suid-Afrika toe gekom om ons eie besigheid, Die Red Apple – ‘n padstal/restaurant, te begin. Ons het albei goeie werke gehad in Engeland. Ek het so op ‘n manier vir myself gewerk as ‘n konsultant, maar dit was verseker nie my eie besigheid nie.

Ons het ons eie geld bymekaar gekry, besigheidsplanne opgestel, geld geleen en uiteindelik in Desember 2006 oopgemaak. Ons het gespook en gespartel; baie foute gemaak en vrek baie geleer. Desember 2006 self was goed gewees want dis hoogseisoen hier in Boesmans, maar in 2007 het ons by tye gewonder of die ding gaan werk. Maar Desember het weer gekom en toe in 2008 het dinge rêrig begin mooi loop. Ons het begin planne maak vir ons volgende winkel, maar toe kom die “smooth sailing” tot ‘n dramatiese einde!

Eerstens het daar padwerke begin – eers aan die een kant van “ons” pad en toe aan die ander kant. En tweedens tref die ergste wêreldwye resessie in 60 jaar! So dis 3 substansiële terugslae waaroor ons geen, niks, nul beheer het nie. Ongelooflik frustrerend!! Skielik vat ons omset ‘n duik en ons winste verander in verliese.

So wat doen jy? Of jy kan die besigheid verkoop. Dit sal ongelukkig nie vir ons werk nie. Ons besigheid is net te nuut en potensiële kopers sal moeilik koop as ons – met ons commitment – nie self dit kan laat werk nie. Of jy kan jou “losses cut”, jou krediteure betaal en wegloop (in ons geval terug Engeland toe). Glo my ons het dit sterk oorweeg, maar dit sou 4 jaar van harde werk net so tot niet maak EN as die ekonomie wel eendag inevitably regkom en die padwerke klaar is glo ek in my murg en been dat ons in ‘n uitstekende posisie is om goed te doen. Dit voel net na so ‘n waste om nou te loop.

So ons het besluit dat ons aangaan. Dis great, maar dan moet jy eers besluit hoe doen jy dit. Glo my dit verg konstante slapelose nagte. Jy moet probeer om jou omset op te kry, maar jy kan nie regtig spandeer nie. Goed wat ons ge-identifiseer het en nou doen is:

  • om ander dienste aan te bied wat nie oorspronklik deel van ons planne gevorm het nie (bv funksies en onthale).
  • Ek doen nou weer sagteware vir kliënte vir ekstra inkomste.
  • onderhandel vir beter pryse en afslag waar ons kan.
  • probeer om bestaande en potensiële besighede om ons te stimuleer
  • sluit aan by effektiewe besigheidsorganisiasies om konneksies op te bou.
  • stuur nuusbriewe uit (aan 550+ mense) en SMSe (aan 100+ mense) net om ons naam op mense se lippe te hou.
  • “bestuur” ons krediteure.

Al die goed kos fyn beplanning en daar is min ruimte vir foute. Basies probeer ‘n ou jou verliese (want daar is g’n sprake van wins nie) minimaliseer. Dis nie gesond vir die siel nie, maar dis al wat ‘n mens nou kan doen om te oorleef.

Ek moet erken as ek nou ‘n keuse kon hê dan sou ek maklik ‘n cushie joppie vat wat my huislening en dies meer kan afbetaal, maar as ek dink hoe baie ‘n mens leer en hoe tough jy raak dan wil ek soveel meer hê dat ons besigheid ander kant bo uitkom. Jy kan nie daai commitment hê in ‘n job nie. Die houe wat jy vat as dit sleg gaan is erg, maar uit die aard van die saak is die belonings (en dis verseker nie net geld nie) ook soveel meer.

Ek sien uit na die dag wanneer ek gaan blog oor daai belonings. 🙂

One thought on “Eie besigheid: Pros en Cons

Add yours

  1. En veral nie so geheimsinnig wees nie. Ek was in die laaste vier jaar al twee keer in Boknes en, as ek geweet het van julle appel, sou ek verseker langsgekom het! Laat die ander potgooiers bietjie vir julle adverteer.

    Volgende keer.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: