My droom gisteraand – ‘n strange ene – het so gegaan:
Ek en ‘n klomp mense onder andere my groot vriend Thinus kuier by vreemde mense – almal slaap in een groot vertrek. Daar is ‘n vrou wat van Shari, my niggie praat. Ek sê toe vir haar dat Shari my niggie is. Shari is High Society en die vrou glo my nie; ek vertel toe vir haar ‘n klomp feite van Shari totdat sy my glo. Sy vertel my dat Shari getroud is met Nico Panagio (van Survivors) se neef. Ek sê toe dat Thinus ook vir Shari ken – hulle het saam in ‘n huis gebly. Thinus sê toe verleë hy wil nie daaroor praat nie.
Volgende scene: Ek, Thinus en ‘n klomp ouens ry in ‘n klein vliegtuig oor Johannesburg. Ons sien ‘n fabriek wat afbrand. Die fabriek behoort aan een van die passasiers, maar hy gee nie om nie. Die vlieënier vlieg nou stadig en baie laag (5m) bo oor al die voertuie in die verkeersknope. Johannesburg lyk soos Oos Los Angeles. Daar is verskriklik baie karre en overpasses en geen mooi huise of groot geboue nie. Dis nie heeltemal ‘n shanty town nie, maar nog steeds depressing. Ons stop met die vliegtuig sommer in die pad en klim uit. Ons pak blikkies koeldrank uit op ‘n keermuur langs die pad. Die blikkies is blou.
Volgende scene: Ek en ‘n klomp ouens staan in ‘n enorme garage – moontlik ‘n chop shop. Hierdie deel is weird! Ek sien een van die ouens het enorme eiers! Die volgende oomblik roep ‘n horny vrou hom nader en hulle gaan shag in ‘n limousine. ‘n Ander vrou roep my nader, maar sy lyk te veel van ‘n slapper vir my. Ek sê nee dankie. Een van die ander ouens vra my of hy haar kan vat. Ek sê ja. Hy vertel my dat dit ‘n baie eerbare ding is in hulle “gang” en gee my ‘n high five. Die limousine reverse uit die garage uit. Ek wil weer kyk of die vrou wat ek nou net laat gaan het rêrig so sleg was en probeer die limo volg. Na ‘n lang ruk besef ek dat ek nie kan opvang met die limo nie. Ek draai om en soek na die groot garage. Maar ek het verdwaal.
Ek sien ‘n groep van 4 meisies (een baie mooi, met ‘n kort blou blink mini aan) wat ek op ‘n manier erken. Hulle koop iets in ‘n hoek kafee. Ek loop by die kafee in en vra hulle of hulle weet waar die garage en die ander ouens is. Die een met die blou rokkie gee my ‘n vieslike kyk en stap by die winkel uit; die res volg haar. Hulle ignoreer my flat. Ek strip my moer; loop agter hulle aan en skree “I don’t have a disease you know!”. Die een – ‘n valerige een – draai om en sê op ‘n gawe manier vir my dat ek iets moet eet voor die aand om is. Skielik sien ek sy is baie oulik; ek kan sien sy laaik my ook. Ek sit my arm om haar; ek kan sien sy hou daarvan. Een van haar buddies – ‘n blonde een – stap nader en terg haar oor ons – maar welwillend. Ek het ‘n geel plastiek eendjie in my hand en gooi die blonde buddie jokingly agter teen die kop. Ons al drie lag saam en stap verder. As happy as can be!
En toe word ek wakker.
Ek dink baie mense sal hierdie goed probeer analiseer, maar ek doen nie dit nie. Vir my is dit maar net vreemd; en ek hou van vreemd!
Haha. As jy maar net weet hoeveel inligting jy vir my uit hierdie drome gegee het. Jy het jou hart heeltemal oop gemaak en dis ‘n goeie hart!
Ek het van spinnekoppe gedrooom veskillende grootes en kleure en meeste van hulle is gevaarlik. Party
het ek dood gemaak, maar as ek sien is daar nog met ñ amder kleur en vorm spinnekop.
Ek droom van my huis word oorstroom van water dit het gereent. Die huis word al hoe voller van water en ek moet my kinders red ek sien my oudste kind in klaar op die dak die ander een so amper ook bo ek gaan help haar, maar sien ook hoe my man sukkel om bo uit te kom en ek weet hy kan nie swem nie maar los hom om te spartel toe skreeu ek “WATER” toe word ek wakker.
Droom…sien n gesig..waewiel met 12 speke..een wit kleur,die ander bruin..wat sal dit beteken
Hi. Ek het verlede nag so ‘n werklike droom gehad dat ek vanoggend op gestaan het en dadelik gaan google het oor drome.
Ek het gedroom dat ek ‘n afspraak by ‘n groot klient van my (korporatiewe handelaar) het en dat ek saam met ‘n sekere Bank daar opdaag vir ‘n vergadering maar ek het nie skoene aan nie en toe ek my kom kry is ek nie deel van die vergadering nie, maar sit op n afstand om ‘n ander tafel maar kan die verrigtinge sien. Die klient is egter baie vriendelik en bly om my te sien en na die tyd kuier ons almal vriendelik saam. Ek het so ‘n gevoel dat ek op die punt staan om hierdie groot klient te verloor en voel dat dit ‘n waarskuwing is. Ek sal ook bid en vir lyding vra want as God my waarsku sal hy ook ‘n kreatiewe oplossing vir my gee om proaktief te wees, glo ek. Enige kommentaar (wat beteken sonder skoene?)
Ek sal dankbaar wees as iemand my met my droom van Woensdag aand sal kan help .Ek droom ek le op my bed,maar voel hoe my niere begin beweeg,dat ek dit vas gryp..n warm gevoel kom oor my.Toe ek langs my kyk le daar n groot bondel slange..almal dood,behalwe een wat so gekoek is in die ander,en probeer om by my uit te kom. Die kleur van die slang was donker groen.Ek het toe wakker geskrik.Onmiddelik die HERE geloof en geprys.Dit was of dit n bevryding vir my was.Kan enige iemand hierop kommentaar lewer .Geseende dag verder.
Ek het gedroom my dogtertjie val van n gebou af, kon nie betyds by haar uit kom nie, sy het geroep na my (Mamma Mamma)
EK IS 63 JAAR OUD EN DROOM EK HET N BABA. WAT KAN DIT BETEKEN?
ek droom my man ek en my kind word ontvoer dan hou hul my man aan maak my en kind om op bed te le dan verkrag hul my en dan wil hul my kind ook verkrag as hul aan my kind raak skrik ek wakker het hier die droom al 4keer gedroom
Ek droom van ‘n groot spinnekop wat in my been is.
Ek droom ook dieselfde droom maar aparte gebeurtenis van ‘n vrou wat aangeval word met ‘n mes en sy le en sy skree. Sy word doodgemaak.
Ekt gedroom ons almal is saam op n tiepe van n plaas want die einde van die wereld is op pad, julle mans was bymekaar en en , daar was n bje groot storm maar het op geklaar, ons het uit geloop en die son het deur die wolke geskein, toe ons op kyk toe was daar verskillende gesigte in die wolke wat almal in een rigting beweeg………..kan iemand my se wat dit beteken
Ek droom my huidige werk se voertuig wil my omry , ek stop om dit tevermy die oomblik wat ek stop kruip n slang teen my been op in my klere in, waarna n spinnekop op my bors spring……ek wil dit net noem dat ek baie probleme ondervind met my huidige werk.
Dankie
Ek droom ek en n jong man is in die Lee huis, dis net spinnekoppe waar jy sien, ek maak net dood waar ek die gud sien, Wat beteken dit