Afrikaners en Evolusie

Charles Darwin
Charles Darwin

Ek was ‘n programmeerder (op verskillende vlakke) in Engeland vir 7 jaar. Soos lesers sekerlik weet is programmeerders redelik “geeky” en meeste mense sou sê relatief intelligent. Ek het sekerlik ‘n honderd kollegas gehad in hierdie periode. En ek kan eerlikwaar erken dat ek net 1 kan onthou wat nie evolusie aanvaar nie. En hy was ‘n Sikh Indiër gewees. Dit is ook nie dat ek nie geweet het wat die ouens dink nie want dit is iets wat ons gereeld bespreek het. In Engeland en nog meer in Europa word mense wat nie Darwin se teorie aanvaar nie, as oningelig beskou.

In 2006 het ons terug Suid-Afrika toe gekom en van toe af is ek weereens verstom hoe evolusie nog moet plek maak vir godsdienstige dogma in Suid-Afrika; selfs nog meer by Afrikaners. Hier word evolusie gesien as ‘alternatief’ en word vergelyk met Crop Circles!! Dit is vir my baie frustrerend.

Na al die gesonde wetenskaplike debat vanaf 1859 (toe Charles Darwin se seminale “Origin of the Species” eerste gedruk is) word evolusie nou aanvaar in die moderne wêreld as die beste & enigste teorie huidiglik wat alle lewe op Aarde kan verduidelik. Die wetenskaplike gemeenskap erken egter dat dit ‘n teorie is. Net soos Galilei, Newton & Einstein se wette ook teorieë is. Miskien sal iemand eendag weer bewys dat die Aarde plat is of dat evolusie onsin is. Maar ek twyfel!!

Suid-Afrika (en veral Afrikaners) se beheptheid met geloof word weerspieël in die res Afrika waar mense ook nie vir hulself kan dink nie; miskien uit misplaaste vrees is vir iets wat nie bestaan nie. Dit is teleurstellend vir ‘n volk wat as modern wil beskou word.

Op 24 November is Charles Darwin se boek “On the Origin of Species by Means of Natural Selection or The Preservation of Favoured Races in the Struggle For Life” 150 jaar oud. Die Smithsonian Instituut sê die boek “may be the most important book ever written”.

24 thoughts on “Afrikaners en Evolusie

  1. Ek het ‘n kursus in VB6 gedoen en het nog altyd gehoop ek sou eendag iets daarmee doen. Ek het VB prettig gevind. Ek dink nie die Suid-Afrikaners wil nie sy teoriee aanvaar nie, ek dink net ons is nie so uitgesproke soos die ouens aan die kant van die poel nie. Sommige mense sal hardop se hulle aanvaar sy teorie slegs om “saam” met die res te “praat”. – veral Britte hoor…ek het een oggend na ‘n radio-praatjie geluister waarin dit uitgekom het (nou nie oor Darwin nie).

  2. VB6 was my brood en botter (letterlik) vir ‘n lang tyd, maar C# is nou my poison!

    Nee kyk ‘n mens kry altyd die Ja-broers wat te lui is om self die goed uit de figure, maar ek praat van hardcore teenkanting teen evolusie. Asof dit ‘n groot conspiracy of iets is!

  3. Mens meng teise en wentenskap. hulle het dit gedoen in galileo se tyd en nooit weer opgehou nie.
    Die ander probleem is dat mense wat krities is jeens evolusie, nog nooit ‘n enkele boek oor dit gelees het nie, hulle tel stompies op. weet eintlik NIKS daaroor nie.
    dit is soos om te se jy hou nie van fanta nie, maar jy het nog nooit een gedrink nie, net 3de range verwronge weergawes daaroor gehoor.
    tog sit die VSA en ander lande ook met dieselfde probleem.
    baie mense verdraai evolusieleer moedswillig, hulle wil nie leer nie. soos die nonsens: as ons van sjims afkom (verkeerde stelling) hoekom is hier nog sjimps (ook verkeerd)

    anyway laat ek nie begin nie, onnoselheid sit my nie lekker aan nie.

    1. Rosalind, wat op aarde is “teise”?
      En het jy nou Attie se nuutste pennevrug gesien?
      Julle wat so aangaan oor hoe sleg godsdiens is, en hoe wonderlik Darwin is, moet bietjie nadink oor hoe om Darwin in die kassie van Biologie terug te sit, en weg te hou van mense wat sosiale en etiese gevolgtrekkings uit sy werk wil maak.

  4. evolusie nou aanvaar in die moderne wêreld as die beste & enigste teorie huidiglik wat alle lewe op Aarde kan verduidelik.

    Soos ek verstaan, kan evolusie juis nie lewe verduidelik nie? Abiogenese sal die bestaan van lewe moet verduidelik? En abiogenese kan dit nog nie doen nie?

    Wat “godsdienstige dogma” betref wat glo mense weghou van die aanvaarding van evolusie, ek weet van verskeie mense wat sê hulle houding daarteen het niks met godsdiens te doen nie?

  5. @Besoeker: Mmmmmm. Jou 1ste punt is streng gesproke 100% reg. Evolusie verduidelik slegs die verandering van lewensvorme oor tyd; vanaf Amoebas tot Mense, maar nie hoe die 1ste aminosure uit “niks” uit ontwikkel het nie. En jy is weereens reg as jy sê dat Abiogenese nog nie 100% verstaan word nie.

    Met jou 2de punt verskil ek egter. Soos ek nou hier sit weet ek nie van 1 anti-evolusionis wat nie godsdienstig is nie. As jy van iemand weet kan jy gerus name-and-shame!

  6. @rosalindfranklin: Soos gewoonlik is alles wat jy sê spot on. Ek dink ouens soos Bush het die sekulariteit van hulle regering (en onderwys) probeer ondermyn. Wat goed is is dat die skole nog steeds verplig word om evolusie as wetenskap te leer.

  7. Dit wil vir my voorkom dat jy ‘n lys bewyse dat evolusie-teenstanders dit nie noodwendig is oor hulle godsdiens nie, verkeerd sal hanteer.

    Jou eerste reaksie sal blykbaar wees om te wil “name and shame.” Die punt, as iemand jou sulke bewyse gee, sal nie wees hoe akkuraat hierdie mense is nie, maar dat godsdiens dikwels nie met anti-evolusie korreleer is nie. Ek, of iemand anders, kan moeite doen met ‘n lys wat wys die konneksie tussen evolusie-ongeloof en godsdiens is nie so sterk as jy dink nie, maar as jy net gaan reageer deur almal op die lys dom/ verkeerd te noem, (en sommer my dom en verkeerd oor ek so ‘n lys maak) gaan jy die punt mis, en is die lys onnodige moeite. Of hulle dom en verkeerd is of nie.

  8. http://www.evolutionnews.org/
    Ek vind hierdie site soms “interessant”. Nie dat ek altyd tyd het om rond te lees nie, maar soms soek ek net bietjie na meer iets stimulerend as net die gewone skoolgoete. 🙂

  9. ‘n Mens kan nie rede (reason) gebruik om ‘n anti-evolusionis te probeer oortuig van wetenskaplike feite nie want hulle het nie rede gebruik om by hul standpunt uit te kom in die eerste plek nie. Hulle is verdoem om die res van hul lewe deur te bring in onkunde, en dit is tragies.

    1. Couldn’t agree more. Maak dit egter nie minder frustrerend nie. 🙂

  10. ‘n Mens kan nie rede (reason) gebruik om ‘n persoon wat glo “alle anti-evolusioniste is wat hulle is oor irrasionele/ godsdienstige redes” te probeer oortuig van feite nie want hulle het nie rede gebruik om by hul standpunt uit te kom in die eerste plek nie. Hulle is verdoem om die res van hul lewe deur te bring in onkunde, en dit is tragies.

    Dit skeel hulle min dat mense soos David Stove of Michael Denton glad nie godsdiens gebruik het om by hulle standpunte uit te kom nie, maar rede.

    “Ultimately the Darwinian theory of evolution is no more nor less than the great cosmogenic myth of the twentieth century. Like the Genesis based cosmology which it replaced, and like the creation myths of ancient man, it satisfies the same deep psychological need for an all embracing explanation for the origin of the world which has-motivated all the cosmogenic myth makers of the past” – Denton

    1. Michael Denton? Michael Denton is ‘n “Poster Boy” vir Rede.

      In 1986 het hy “Evolution: a theory in crisis” geskryf waarin hy teen evolusie argumenteer. MAAR teen 1998 het hy begin bykom en “Nature’s Destiny” geskryf waarin hy erken dat hy fundamentele foute gemaak het met sy interpretasie van evolusie. Nou is hy ‘n sterk voorstaander van evolusie. Google dit gerus.

      David Stone is 100% beinvloed deur godsdiens. Vanaf sy eie website: “He is currently serving full time in street evangelism and church planting”. En in elk geval hy is ‘n elektroniese ingenieur en nie ‘n natuurlike wetenskaplike nie. Maar ek sou nog steeds verwag dat hy van beter behoort te weet.

  11. Ek weet nie wie David Stone is nie. Hy is in elk geval nie David Stove nie.

    1. Jammer nou sien ek jy’t geskryf David Stove. Jy’s reg. Stove het ‘n probleem gehad met evolusie, maar dit was nie met die grondleggende konsep dat die mens en alle ander lewe van a gemene voorsaat kom nie.

      Sy probleem was meer met sosiale Darwinism. Iets wat ek self in I challenge Richard Dawkins bevraagteken.

  12. Jy het jou misgis toe jy van David Stone i.p.v. David Stove gepraat het. (As daar hoegenaamd ‘n David Stone is, is dit ‘n ander mens en praat ek nie van hom nie.)

    Die Barnes en Noble webblad som “Nature’s Destiny so op: “New England biologist Denton continues the assault on Darwinian science, especially the theories of evolution and natural selection, that he began in Evolution: A Theory in Crisis.”
    Denton, wat ons saamstem ‘n poster boy vir rede is, reken in “Nature’s destiny” steeds dat evolusie net deur Goddelike ontwerp moontlik is en dat natuurlike seleksie, ens. dit nie kan verklaar nie.

    En die punt was dat hy ‘n redelike mens was wat hom nie deur godsdiens laat lei het in wetenskap nie (soos die aanhaling in my ander kommentaar wys) selfs toe hy daardie ander boek geskryf het.

  13. Jammer vir my oor en oor reageer. Dis oor jou antwoorde aandag verdien. En ene Mark I Vuletic se webblad reken: “It seems to have become conventional lore that Denton has recanted his earlier book. In reality, I see only one major change between his position on evolution in the earlier and the newer book–that is his position on functionless intermediates…Denton has not disavowed the bulk of what he wrote in his earlier book…Nature’s Destiny can be viewed as a natural extension of Denton’s earlier project of seeking an adequate non-Darwinian account of the development of life.”

  14. Alleman, dit was ‘n tikfout en met teisme wees ipv teise.

    In die eerste plek het Darwin nooit gepraat oor die ontstaan van lewe nie, maar enige een wat al Darwin gelees het sal dit weet 😉 , maar wat hy gedoen het en niemand anders nie was om die proses van evolusie en dus spesiasie te verduidelik: dus natuurlike seleksie.
    En 150 jaar later maak dit nie net steeds toenemend sin nie, dit is tiendeuisnde keer oor bewys en nou onwrikbaar in genetika.

    Of mens lewe kan skei van evolusie is ek nie so seker nie, soos Theodosius Dobzhansky gese het: Niks in biologie maak behalwe in die lig van evolusie nie.

    1. Rosalind waaroor gaan jy tog aan? Ek het geen wetenskaplike verkil met jou, of met evolusie nie.

      Ek wil weet hoe om te keer dat white supremacists (soos Attie hier in https://attieheunis.wordpress.com/2009/11/29/i-challenge-richard-dawkins/ ), en mense wat Eugenics voorstaan, Darwin se idees misbruik, want hulle maak hul eie sosiale en (on)etiese afleidings as gevolg van hulle begrip van Darwin.

      Dis hoekom ek voel Darwin hoort in die Biologie lab, en nie in anti-godsdiens veldtogte onder die algemene bevolking nie.

      1. White supremacists??? Wie is ‘n White Supremacist? Ek het nog nooit ooit probeer insinueer dat Wittes eenvoudig beter as Swartes is nie. Maar ons is meer aangepas vir die moderne eeu. Vir nou. Wie weet miskien eendag is ons die “agtergeblewenis”. Dis geheel en al moontlik.

        As jy dink ek is ‘n White Supremacist, verstaan jy glad nie my argument nie. Vir my is evolusie en slegs evolusie die enigste manier waarop rassisme wel sy gat kan sien. Dit het reeds tot ‘n groot mate in Amerika gebeur. Om die waarheid te se ek het nie ‘n probleem met inter-racial verhoudings nie. Klink dit vir jou soos ‘n White Supremacist?

        Terloops, evolusie is nie moreel of eties (of oneties) nie. Maar dit is waar en onafwendbaar. En jy kan nie evolusie in ‘n boks toesluit nie of afkamp nie. Al is dit wat heelwat Christene graag wil doen.

  15. Nee Attie, sosio-ekonomiese omstandighede en nie evolusie of gene nie, veroorsaak die verskille tussen swart en wit. Die feit dat jy jou blind en doof hou (in jou ander artikel) vir die onregte wat daardie verskille in sosio-ekonomiese omstandighede veroorsaak het, laat my dink jy is ‘n White Supremacist.

    1. Nee my vriend. Die sosio-ekonomiese omstandigheid (oftewel milieu-gestremdheid) argument hou nie water nie. Hoekom is dit altyd net die swartes wat agterbly?

      Jou white guilt kompleks laat jou die feite miskyk. Ek sukkel om met iemand te debatteer wat bang is vir die waarheid. Jy kan eenvoudig nie die feite weg verduidelik nie en dan gil jy White Supremacist, White Supremacist!

      Terloops daar is twee Heunisse wat op my blogs kommentaar lewer. Moenie ons verwar nie.

  16. Rosalind waaroor gaan jy tog aan?

    oe jirre god tog…voel of die skoolhoof my kantoor toe geroep het.

Leave a reply to Besoeker Cancel reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.