My drome kort ‘n uitleg

Gisteraand het ‘n weird en lang droom gehad. Hy’t so gegaan:

1ste scene: Daar is ‘n klomp mense wat saam in ‘n kamer slaap. Ek, ‘n dokter en ‘n swart man lê op een bed. Niks gebeur nie, maar die volgende oggend toe ek wakker word word daar op my skouer geopereer deur die dokter.

Volgende scene: Dieslefde groep mense loop rond in Riversbend se lang gras op soek na iets. Skielik bars Sven (my swaer) uit en sê “Weet julle wat? Ek het gisteraand 3-uur wakker geword en dit was baie interresant om te sien wie pomp en wie nie.”. Almal bars uit van die lag. Toe sê ek “Sven, you have just spoken the unspeakable.”. Toe lag almal nou eers.

Volgende scene: Selfde groep mense eet by ‘n restaurant in Grahamstad. Daar kom ‘n ouer ordentlike vrou in en gryp ‘n bottel tamatie sous. Sy maak asof sy opgooi en gooi die tamatie sous uit op ‘n tafel. Toe sit sy by die tafel en eet saam met die mense, wat toe haar vriende is. Maar niemand lag nie; dis doodernstig. Toe kom die vrou na ons tafel. Sy maak reg om dieselfde ding te doen. Ek gryp haar aan haar hare en pen haar vas. Die eienaar neem haar weg. Toe ons loop sien ek die vrou het my aan my vinger gebyt. Ek gaan soek die dokter.

Volgende scene: Nadat ek by die dokter was soek ek my groep, maar nou skielik is ons Londen in Shaftesbury Ave (daar waar Tiger Tiger is). My groep maats is nêrens te sien nie. Ek loop verby iemand wat Cockney praat, maar ek weet sy is Afrikaans. Ek vra haar toe of sy my vriende gesien het. Sy sê toe – sonder dat ek enige name noem – dat sy Mike Tours se groepie gesien het en hulle was oppad Piccadilly Circus toe.

Volgende (ergste) scene: Ek lê op ‘n bed op grasperk op ‘n hoëerige gebou. Skielik sien ek ‘n moerse kern-missiel verby ons vlieg. Ek weet dis ‘n kern-missiel want ek sien baie duidelik sy plofkop. Ek sien hoe hy ontplof net bo ‘n gebou aan die ander kant van die stad en ek sien Die Sampioen. Ek voel hierdie oorweldigende gevoel van magteloogsheid – dis so erg dit druk my plat. Ek weet dis verby. Ek weet dit help nie eers om te probeer ontsnap nie. Ek maak my oë toe en dink aan die mense wat ek ken en wag vir die inevitable.

Volgende scene: Ek vlieg, maar al wat ek sien is 1000e van daai 2de Wêreldoorlog bommers. Toe is dit weer 1000e vegvliegtuie. Toe net een groot gewapende helikopter in die verte. Die helikopter kom al hoe nader, maar hy word niks groter nie. Op die ou end is die vreesjaande helikopter ‘n speelding. Ek pluk die helikopter uit die lig uit. Toe pyl ek af – teen ‘n helse spoed – op ‘n groot vuilerige geel muur. Met die trefslag word ek wakker.

Weird hê! Toe ek wakker word was ek papnat gesweet. Maar ek moet sê ek was ongelooflik bly om wakker te wees!! Nou wens ek ek kon weet wat dit alles kan beteken. 😉

Categories About UsTags ,

32 thoughts on “My drome kort ‘n uitleg

  1. 1 Die operasie
    Jy het nodig om iets uit jou sisteem te kry. Dalk laat gaan van iets of ‘n gewoonte verander.
    2. Swaer Sven en die laggende mense
    Dit dui op jou onsekerhede en vrese om nie aanvaar te word nie.
    3.Die Restaurant
    Jy word oorweldig deur besluite/keuses in jou lewe, die fisiese konfrontasie dui op jou gevoel van hulpeloosheid om die besluite/keuses te maak.
    4.Londen toneel
    Die vreemde meisie stel dele van jou persoonlikheid voor waarmee jy onvertroud of vreemd mee is. Dat sy met so ‘n aksent praat is ‘n boodskap van jou onderbewussyn wat jy nog moet ontvang.
    5.Atoombom
    Hierdie een is ernstig – jy voel hulpeloos en bedreig en dinge raak buite beheer, moontlik selfs tot ‘n punt waar dit vernietigend raak. an die ander kant kan dit ‘n aanduiding wees dat jy iets belangrik en noodsaaklik verloor het en dat belangrike veranderinge op die punt is om te gebeur.
    6. Vliegtuigtoneel
    Jou persoonlike lewe is in ‘n warboel, maar jy kan beheer neem – die helikopter is jou ambisies en doelwitte en jy gryp dit aan.
    7.Die geel muur
    Jy kan bang wees vir jou onvermoe om aksie te neem.

    1. hi Cybersakkie

      klink of jy weet van uitleg van drome.

      ek wonder oor n droom…. ek droom van my ma (het baie slegte verhouding met haar – nog altyd). sy is in n trourok saam met my tannie wat verlede jaar oorlede is – ook in n trourok. ek is hoog in n gebou en hulle in die straat. kan jy my se wat dit beteken? my e-pos is: lulu.smith@sasfinlogisitics.com

      dankie

  2. Magtig Cybersakkie – be easy on the guy!

  3. Easy dreams, easy going… I.e. the yellow wall: in a good dream it may be energy and wisdom, but not quite when you are heading for it at 100 miles an hour! And so on for the other scenes.

    Dream interpretation is a bit like educated guesses. I may be totally wrong and Attie may be on anti Malaria medication (which induces this type of vivid dreaming). As I don’t know Attie personally, I could only give my interpretation of the symbols in the dream. Sorry Attie, if I’m hard on you, but I’d expect nothing less from you if it was my dream.

  4. Ek sal graag Attie se reaksie wil sien!

  5. Goeie uitleg Cybersakkie!

    Ek wil net gou iets toevoeg. Al wat ek weet van droomuitleg is dat emosies wat jy ervaar tydens jou drome eintlik belangriker is as die inhoud self. Byvoorbeeld in die eerste scène , waar die dokter jou geopereer het. Was jy kwaad omdat dit sonder jou toestemming gebeur het, bang dat soiets weer sal gebeur of verlig, want jy het pyn gehad in jou skouer?

    As jy kwaad was kan dit byvoorbeeld wys dat jy gefrustreerd voel dat mense besluite maak oor jou, sonder jou. As jy verlig was kan dit dalk beteken dat jy dankbaar is oor hulp wat jy van iemand gekry het.

    Nog ´n ander belangrike ding by droomuitleg is herhaling. As jy gereeld dieselfde droom(Of iets wat dieselfde emosie ontlaai),dan is dit ´n rooi vlaggie dat jou drome vir jou iets probeer vertel.

    Groete uit Holland,
    Charlene

  6. mmm… Attie paid a visit to the Kruger Park recently. The anti Malaria meds may just be it :-). Right now he’s out of town, so we’ll have to wait for his own response – unless he gets hooked up in his distant location.

  7. kan jy my dalk help met my droom.ek bly droom van my broer wat verlede jaar oorlede is.

  8. Hi almal.

    Ek is ongetroud en droom dat ek by vriende gaan kuier en met die intrapslag haal n vriend van my sy trouring af en se ek moet dit aanpas en kyk hoe dit lyk aan my hand. Ek maak toe so, na die pas haal die ring af en gee dit vir hom terug.

    Wat beteken hierdie droom. Ek is nie n mens wat droom nie, baie, baie selde.

  9. ek droom dat ek en my vrou ‘n vliegtuig moet vat erens heen. Iets het gebeur en sy is reeds op die vliegtuig en ek nie, ek moet deur die verkeer en alles gebeur om my te vertraag. Ek beriek toe uiteindelik die lughawe, harloop in die gange af, kry een van die vroue daar met ‘n radio en vra dat sy die vlienier moet se ek is daar hy moet wag. hardloop toe op die aanloopbaan en die vliegtuig, groot boeing kom om die draai om ‘n gebou en ek sien my vrou daar in die vliegtuig, al die mense spring op en klap vir my hande, hulle laai my op, Sjoe wat ‘n veligting!!!

  10. ek droom baie van ander vroue wat probeer om my verhouding te wil opbreek

  11. EK HET NOU 2 KEER GEDROOM DAT EK VERDRINK EN AS EK OM HULP ROEP KAN NIEMAND MY HELP NIE. WAT BETEKEN DIT

  12. Hi

    Ek het gedroom my pa is ‘n vlienier. Hy het opgestyg en toe val die vliegtuig reg voor ons neer. My pa boer en hou glad nie van vlieg nie. Wat beteken dit.

  13. Ek het 2 verskillende drome gehad Die eerste een was Ek droom mense se Jesus is oppad maar ek moet nie vir ‘n mooi man soek nie, want dan gaan ek hom nie sien nie. Die volgende oomblik is daar ‘n man voor my, ek het nie sy gesig gesien nie net ‘n baard maar het in die droom ervaar dat dit Jesus was ek het my regterhand uitgesteek en Syne gevat soos jy groet en Hy het vir my gese als gaan reg wees, en toe die volgende oomblik is ek op ‘n lang trein vol mense en terwyl ek so staan kom daar ‘n man met swart pak klere by die venster van die trein en vra my waar is die cd en ek se ek weet nie waarvan hy praat nie hy vra my toe weer en ek se ek weet nie waarvan hy praat nie die volgende oomblik gryp hy ‘n jong seun wat sit aan die skouer en se as ek hom nie se nie gaan hy die suen vat, en met my wysvinger het ek vir hom gese in die Naam van Jesus los en hy het verdwyn. Die 2de droom was ek het met my exman se ma in ‘n woonstel gestaan (ek en hulle kom glad nie oor die weg nie) en oor die see uitgekyk. Ek het gesien hoe dolfyne uit die see spoel en hoe mense hulle probeer terug sit ek het afgehardloop en gehelp maar daar was 2 spesifieke dolfyne wat ek opgetel het om in die see te laatgaan,terwyl ek hom optel het hy met sy stertfin teen my bors gekap, ekhet so liefde ervaar wat ek nog nooit van tevore ervaar nie, die dolfn het toe vir my gese ek moet net sy maat pook bring en ek het gese ek sal hom toe in die see gelos, toe ek trug gaan om die andereen te gaan haal was hy agter by ‘n hok ‘n bruin hond wou my byt en het die heeltyd geblaf, die volgende oomblik het die hond dood gegaan en ek het die dolfyn opgetel en ook met sy stertfin het hy teen my bors gekap en die selfde liefde ervaar, maar terwyl ek in die see loop verander die water soos in helder borrelbad water en die 1 dolfyn le daar en ek laat die ander daarneer en die 1ste dolfyn se ek kan vra net wat ek wil en dt sal gebeur ek het gese ek wou altyd met ‘n dolfyn swem en hy het gese dit ssl so wees. Kan jy my help wat beteken die drome. Het die ‘n ruk terug gedroom maar bly helder by my

  14. Ek het n baie weird dromm gehad wat my baie pla.
    Ek het gedroom n man staan voor my sy oe was baie snaaks half misvormd.
    Hy se aan my more is jou laaste dag op aarde pasop vir glas.

  15. Ria coetzee May 6, 2012 — 10:55

    N Vriend van my is n pastoor. Het gedroom hy gee iewers bedining. Ek het laat in gestap en nog voor ek gaan sit het kom hy na my toe en se, die Here se hoeveel keer moet Hy my nog red Hy het my alreeds 7 keer gered. Ek was vebaas,het nie geweet wat hy bedoel nie. “Later het ek gedroom by n huis ek weet nie of dit my huis was nie. Reg om di huis was net water as jy huistoe loop loop jy in water enkel hoogte. Ek het op n manier n gleef gekry en so die water laat wegloop. My vraag is wat dit als beteken.

  16. My ma het ‘n droom gehad gistraand. Sy se die droom het begin met n plat deur op die vloer wat oopgeskyf het,toe hak hy aan die 1 kant,en wou nie lekker oopgaan,maar na n ruk toe gaan hy oop,toe is daar water onder,maar kan nie die kleur sien nie,kan net sien dis bewegende water.
    Daar kom n man en vrou van voor af erens,en hulle maak toe n deur oop wat oplig,toe kom daar baie visse in,meer vis gesien as water. Toe se my ma vir die man,hy moet kyk na daai deur,hy is hakerig,net nou kry hulle n probleem.

    En n ander droom,na daai 1 was van n swartkop man wat my ma styf vas gehou het. N groot sterk man.

    Kan jy ons dalk help om dit te ontrafel en betekenis kry asb

  17. denise

    6 OKT 2012

    middag,

    ek het gedroom ek het geslaap en di volgende dag ek wakker word toe is my mazda 6 weg uit die motorhuis. My man werk weg van di huis weg hy glad nie naby di huis ni, oz het goeie vriende en di man km van die werk af en ek is steries en hy vra my wat gan aan ek se di mazda is gesteel uit die motorhuis uit en hy vra my wat is nog weg ek se alles wat in di mazda was. hy se het jy jou man laat weet ek se ja maar my man sehy is te besig en kan nie huistoe kom nie ek moet self di probleem op los ek en di vriend nog gestaan en gesels toe stop my man hier hy was glad nie bly om my te sien nie en my man vra vi my het jy geld ek se nee di beursie was in di mazda ons vriend se hier is geld my man se hy gaan di mazda soek hy se vir ons vriend hy moet by my bly. toe word ek wakker.

  18. ‘N vriendin het gedroom ek trou sy’t my en die ou se gesigte gesien. sy’t tot vir my gese hoe oud is die ou. wat sal dit beteken.

  19. Ek verstaan nie die droom nie,ek het gedroom my Broer trou maar die troue het net gekom tot by die kerk se deure.

  20. My man is oorlede in April 2013 9 dae na ons troue en van daar af droom my skoonsus vreeslik baie van hom asook sy droom dat hy opstaan uit die dood uit en dat hulle karre gesteel word in diesele droom. Daar gaan party dae om wat sy dit 3aande in n ry in droom en dis elke keer diesele droom. kan enige iemand asb vir my se wat dit beteken. (Hy is in n motorfiets ongeluk oorlede n uur en n half na die ongeluk) baie dankie asb dit sal waardeur word

    1. Hartseer dols…..baie sterkte vir jou…

  21. ek het gedroom ek verdwaal oppad na my kind se skool toe

  22. Hi kan jy vir my n uitleg vir my droom gee asb. Droom: ek hoor n stem se daar gaan n vliegtuig val ek vra waar gaan die vliegtuig val die stem se in Suid Afrika. Ek se vir my man kom ons kyk of ons die vliegtuig kan sien en ek kyk in die lug op daar kom toe n skerp blink ding uit die lig ek se vir my man daar is die vliegtuig en hy val toe ek is toe in n droe veld daar waar die vliegtuig geval het kom rook op in n mushroom vorm. Ek se vir my man hy moet met die droe rivier opkyk dan sal hy sien waar die vliegtuig geval het met die kom n baie baie groot olifant aangehardloop in ons rigting ek se vir my man kyk die groot olifant toe my man opkyk is dit n dinasouris, daar kom toe nog n olifant aangehardloop met klomp verskillende diere agterna ek se nou moet ons eerder padgee en is toe deur n diep droE rivier en is toe by alby my oorlede ouers in n huis. Dankie sal bly wees as jy my kan help.

  23. Ek droom baie my verloofring se diamante val uit. Ek soek dit en kry soms alles maar dan is daar weer ander kere wat ek nie alles kry nie.

  24. ek het gedroom ek kry n rooi borsluis in my vrou se hare, ek het die ding try doodmaak maar hy wou nie vrek nie. ek het hom gebrand met n lighter en gesteek met n speld, sy bene het wel afgeval maar hy wou nie dood nie. HELP ASB

  25. Christa de Beer April 6, 2016 — 14:43

    Wat beteken dit as jy droom dat jy oder water kan asemhaal? Ek droom dit herhaaldelik oor baie jare heen.

  26. Christa…snaaks ek het net eergister gedroom ek haal asem onder die swembad water terwyl ek probeer wegkruip vir eienaar vd huis….. pretty weird!!!!! Heleen

  27. Ek droom ek piepie teen ‘n paal net om in die kooi te pie…

  28. Ekt gedroom daar staan n groot boom in die middel van die see. My ma en pa sit onder die boom en my boeti ( wat al lankal dood is). ek staan maar net daar rond en sien n vloed water aankom. En rondom alles is baie hoe mure

  29. Naand mense ek wil kom vra wat dit beteken as ek ge droom het van my dogtertjie van 2 sy word 3 dat sy dood is en begrawe haar. Ek het my self wakker gehuil,

  30. denise Taljaard March 5, 2017 — 07:32

    Middag
    Ek soek asb n uitleg vi die droom . Dit pla my n bietjie ek.ht gedroom. Van my vriend en hy n.ou gestuur met n boek om vir my te gee mar die ou wat vir my die boek bring is ni vertroubaar ni. Maar elke val ek.droom dinou kom na my huis tu hy se vi my hy moet di boek vi my gee kobus so gese so bekyk ek die boek en in di boek ht kobus geskryf “DINA EK HET JOU BAIE LIEF ONTHOU DIT” en dr is ander gud ook in di boek mense wt ek mut gan sien wat vir kobus geld skuld mar soos beleggings en so vat ek di boek di name van di mense is daar mar ek weti wr om te begin soek ni en di een persoon is n prokureer en ander by n bank.ens ek weti wat om vir di
    Mense se ni ek gaan mar huistu en ek st di boek neer maar oop dis net ek en die ou wat di boek vir my gebring het

    Ek se vi di ou ek gan gou vensters oop mak en ek kom terug enndaar stan die man en krap.in my kaste ek.vra hm wat hy suk hy se nt kobus ht gese hy mut iets kyk ek se o . Met di sit en dink wonder wk.hkm sl kobus di boek vi dai ou gee wt saam hm werk . En ek wrd wakker

    Ek soek n uitleg oor di droom hoop mar dit beteken iets
    Danki
    Denise

Leave a reply to Karlien Cancel reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.