Gister het Robbie Hunter die 1ste Suid-Afrikaner en Afrikaan geword om ‘n skof in die Tour de France te wen. Ek is ‘n groot rugby ondersteuner, maar ek admireer ouens soos Robbie Hunter en Roland Schoeman meer omdat hulle baie meer moet opoffer om hulle sport te kan be-oefen. Hierdie wen sal al die moeilike tye (en Robbie het heelwat gehad) vergete maak.
Maak nie meer saak wat vorentoe met Robbie se loopbaan gebeur nie – hy sal nou altyd kan sO hy het ‘n skof in die grootste fietswedren op aarde gewen. Dis nou as hy nie enige iets snaaks gedrink het nie!
Leave a Reply