Ek en Lené het so ‘n paar maande terug besluit om huis te bou. Ons is gatvol gehuur – ons moet in en uit oor Desember en ons betaal net ‘n ander ou se huislening af.
Die erf waarop ons gaan bou het ek kontant gekoop vir ‘n appel en ‘n ui terwyl ons in Londen was. Dis ‘n lekker groot erf (1209m2), hy kyk Noord-Oos (perfek vir die son) en hy’s relatief plat. Ons het die erf skoon gemaak (maar die meeste bome gelos) en ons was in ons noppies om vir FD Theron as argitek aan te stel. FD Theron het ‘n baie goeie reputasie in die omgewing en daar is ‘n bietjie van ‘n status aan ‘n FD Theron huis – vir Lenê se onthalwe 🙂
Ons kyk na so ±200m2 huis met 3 slaapkamers, 2 badkamers, ‘n dubbel-garage en al die ander mod cons. Ons wil die huis agter op die erf hê sodat ons die grasperk voor kan maksimeer en ons wil probeer om nie dubbel verdieping te gaan nie.
Sovêr het Jaap Stricker (van FD Theron) vir ons baie goeie werk gedoen, maar ons spook en spartel nog net om die huis agter in te pas. Die erf is ‘n bietjie nou agter so dit maak dinge moeilik, maar ek is baie gretig om dit reg te kry want ek is oortuig daarvan dat dit die erf se volle potensiaal sal uitbring. Dit sal dit ‘n great huis maak om in te lewe en in my opinie sal dit ons belegging verder konsolideer.
Ek moet myself keer om nie te opgewinde te raak oor die huis nie – as jy te veel in die lug is oor die goed vergeet ‘n mens partykeer goed!
Baie geluk met die planne. Ek is seker julle is nie verniet opgewonde nie!!
Thanks Kraai! As ons klaar is moet jy kom braai eendag.