Afrikaans op SA TV

Tans is daar ongelukkig meer sleg as goeie Afrikaanse programme op Suid-Afrikaanse TV.

Die SABC se Afrikaanse dekking sou snaaks gewees het as dit nie so ernstig was nie. Hulle verkrag eenvoudig ons taal. Kim Cloete kan NIE Afrikaans praat nie en tog gee sy verslag op omtrent elke 2de item op die Afrikaanse nuus. Dit is eerlikwaar ‘n aanval op Afrikaners se konstitusionele regte. Die enigste Afrikaanse SABC program wat my aandag nog kan hou is 50/50.

MNet (deur Kyknet) probeer darem, maar daar is hopeloos te veel gemors. Die sepies is natuurlik die heel ergste. Villa Rosa, Begeertes, Binnelanders en (die mees patetiese van almal) Plek van die Vleisvreters wys net weereens hoe sleg sepies en toneelspel kan raak.

Nog ‘n swak advertensie vir vermaaklikheid is die vreeslike vervelige Saterdagnag waar in drie tewe die hele aand lank “bitch” oor hoekom Pretoria beter of slegter as Johannesburg is. Gaap!

Gelukkig is daar hoop. Uitstekende programme soos Groen met die uitmuntende Dave Pepler, Roer, Kwela, Tuin, Laat Wiel en Wat’s die Storie wys die pad aan.

Soos George Bush en die Amerikaners is ons self die skuldiges. Afrikaners moet stem met hul voete en net nie die gemors kyk nie. MAAR dit is makliker gesê as gedaan!!

Update (5 Julie 2007): Nee wat daar is nie eintlik enige hoop nie; net meer twak. Oor die Kole, Glitterati en Hester en Ester Bester (behalwe vir die sexy Marisa Bosman) is almal shows wat erg treurig is. Rian met Rian is nie sleg nie.

4 thoughts on “Afrikaans op SA TV

Add yours

  1. Mis jy nie nou Sky nie ? Is ook maar nie veel beter nie, want dis ook 1000 kanal van gemors, maar tenminste het jy n bietjie meer keuse.

  2. Amen… ons kyk Kuduclub en praat baie oor hoe swak die akteurs en die toneelspel is.
    Afrikaans het so baie potensiaal, dis net asof dit nie gebruik word nie, of hulle weet nie hoe nie.

  3. Ek dink dat mens maar net gewoond raak aan die groot budget shows soos in die UK of VSA. Daar is drie nuwe shows wat begin het in Oktober, met baie fan fare en ons het dit begin kyk, maar na net drie episodes is al drie gekanselleer. Daar is maar ook stront hier, maar daar is baie kompetiesie, so gewoonlik is die shows darem nie te bad nie, en ook nie die akteurs nie.

    As ek na die spaanse kanale hier kyk is dit presies dieselfde as die Suid-Afrikaanse shows wat ons op Kuduclub kyk. Dit is maar ‘n kwessie van aanvraag en geld wat die kwaliteit bepaal. Ons het vriende wat in sepies in SA gespeel het, en hulle het nie miljoene gemaak nie, nie eers genoeg om voltyds akteurs te wees nie.

  4. Boerseun said it: “Ons het vriende wat in sepies in SA gespeel het, en hulle het nie miljoene gemaak nie, nie eers genoeg om voltyds akteurs te wees nie.

    Actors in South Africa are being exploited. Compared to the grand residences of producers, actors live in very middle class holes.

    I have it on good authority that make-up artists earn bigger salaries than the soap actors whose faces they paint.

    There are no acting stars in South Africa. You only shine as long as producers allow it. And if you get too shiny and expensive, it doen’t take much to drop you for a “up-encoming” actor.

    I wonder how long it will take for some South African actor to do what Drew Carey did for himself? The problem will be getting channel bosses to fork over the money…

    Maybe one should start small… like a podcast…but how many South Africans have ipods?!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: