Attie Heunis's Journey

The ramblings of a Caucasian African American

Wel hier is hy nou op Wit en Swart vir die 1ste keer. Vir die van julle wat nog nie weet nie – ek en Lené is verwagtend. Of eerder Lené is nou tussen 11 en 12 weke verwagtend.

Voorlopig weet ons nog nie of dit ‘n outjie of ‘n vroutjie is nie so ons noem hom/haar maar Ertjie vir nou.

Ons het vandag vir ons 1ste scan gegaan en alles goed verloop. Ek is net nie heeltemal gelukkig oor een ding nie: Lené het na vele bespreking nog steeds ge-manage om die Van der Watt neus na ‘n volgende geslag oor te dra 🙂

Posted in

6 responses to “Die Ertjie op wit en swart!”

  1. LenT Heunis Avatar
    LenT Heunis

    Hey, los ons neuse uit, dit is ons aristokratiese herkoms!

    Ja, ons is baie opgewonde oor die kiddie – daar is al selfs n mini Blou Bul hempie in die kas.

  2. Christa Bothma Avatar
    Christa Bothma

    Ek kan ook nie wag dat klein Adam Habana Heunis gebore word nie! Aristokratiese Neus of nie, ek is seker hy gaan ‘n “heartbreaker” net soos sy pa wees!

  3. Boerseun Avatar
    Boerseun

    So wat as die laaitie bietjie slimmer is, en vir WP ondersteun? Gaan julle hom dwing om die blou truitjie te dra? Haai nee, ek sal maar hom moet oor die waters “inlig”.

    Baie geluk weereens, en alle sterkte!

  4. Charles Avatar
    Charles

    Baie geluk Attie en LenT. Hoop hy/sy bring vir julle baie vreugde!

  5. Abbie Heunis Avatar
    Abbie Heunis

    Julle moet nou vir ertjie huistoe bring. SA is ‘n baie lekker plek – die kleintjie kan Afrikaans leer praat, die familie is hier – en hy/sy kan van kleins af ‘n goeie dosis Vitamien D kry met ons lekker warm son (en ‘n tan)!

  6. Michael & Clair Avatar
    Michael & Clair

    Is it a boy, is it a girl? NO – Its a baby! Congrats and hope he/she brings you both much happiness and joy!

Leave a reply to Charles Cancel reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.