
Ek was so ‘n ruk terug by die SA Golf Dag hier in Engeland. FW de Klerk, een van my ultimate helde was ook daar gewees. Dit was interessant en hy het ‘n baie goeie speech gegee, maar ek was eintlik effens teleurgesteld in hom. Hy het obviously oud geword, maar meer as net dit: dit het gelyk asof hy opgegee het.
Ek het al aan hom begin dink as ‘n moontlike kandidaat vir die SekGen van die VN (veral omdat Kofi Anan ‘n absolute pateet is), maar nadat ek hom nou die dag gesien het, dink ek nie dit sit op die oomblik in sy broekspyp nie. Plus ek sien hy’t nou die dag ‘n R7m saak verloor ook. Die hele ding het ook vir my ietwat dodgy geklink.
Ek hoop waaragtig hy kan homself regruk. Hy is so vrek slim en hy kan rêrig baie beteken vir minderheidsregte (dis nou vir ons wittes, onder andere) en die Afrikaner. Dit sal vir my baie hartseer wees as hy net so stil-stil verdwyn.
Akeel says,
Good Point!!!