Attie Heunis's Journey

The ramblings of a Caucasian African American

Author: Attie Heunis

  • The NPA today made the expected anouncement that they are not going to prosecute ANC leader and president designate Jacob Zuma for countless (700+) cases of fraud. It is a dark day for South Africa. I don’t know whether Zuma is guilty or not, but based on the fact that he had R4m in his…

  • Vandag het Dmitry Medvedev, Russiese President, aangekondig dat Rusland voortgaan met grootskaalse herbewapening van konvensionele en kernwapens. Volgens Medvedev het die onlangse ontplooiing in Georgië hulle tekorte uitgewys en hulle vertrou nie die situasie in die streek nie – veral omdat Georgië en Ukraine, Rusland se bure, moontlik Navo lande kan word. Wat my aanbetref…

  • Gisteraand op TCM het hulle die uitmuntende The Killing Fields gewys. Die fliek is gebaseer op die ware verhaal van Dith Pran, ‘n Kambodjaanse joernalis, wat na Amerika se ontrekking uit Kambodja gevangene geneem word deur die wreedlustige Khmer Rouge. Al het die fliek ‘n “gelukkige” einde is dit ‘n verskriklike hartseer fliek. Dit wys…

  • Ek en my familie bly in ‘n klein dorp in die Oos-Kaap. Ek het grootgeword hier, maar ek is gebore op die delwersdorp Carletonville in die Transvaal. Nou my belydenis:  ek is ‘n baie baie groot Blou Bul ondersteuner. Ek weet self nie presies hoekom nie, die goed gebeur mos maar as jy klein is.…

  • Na ‘n baie besige seisoen het ons drie (Ek, Lené en Elke) laas week ‘n vakansie in die Klein Karoo gehad. Ons het besluit om in Oudtshoorn te bly want dit is redelik sentraal vir ‘n klomp aktiwiteite in die omgewing. Ons het gebly in self-catering eenhede by Klienplaas. My indruk was baie positief –…

  • As jy na die video kyk dan kan enige ou wat ‘n bietjie van krieket weet sien Dale Steyn kan onspeelbare balle afstuur. In my opinie is sy beste enkele balle nog ooit: Yorker vir Michael Vaughn (Eng) in 2004 Outswinger vir Brad Haddin (Aus) in 2008 in die 3rde toets in Australie Yorker vir…

  • Call me counter-revolutionary is an exceptional, well referenced, column by Head of Crime, Justice and Politics Programme at the Institute for Security Studies, Prince Mashele. I think it is a great column, because it attacks the idle middle class & its irresponsible consumer culture. I think this is one of the real underlying problems in…

  • Vandag het my mond regtig oopgehang soos wat Regter Louis Harms (ek ken sy seun so op ‘n manier), adjunk Regter-President, vir Regter Chris Nicholson, ‘n senior regter van die Natalse Hooggeregshof, uitmekaar gehaal het. Teen die tyd weet almal sekerlik waaroor die saak gaan en ek is baie in my noppies oor die uitspraak,…

  • Toe ek grootgeword het was die Boeresport een van die beste goed omtrent Desember vakansies by Boesmans. Ek is seker dit was altyd op die 1ste gewees, maar die jaar was dit die 31ste Desember. Die Boeresport word afgeskop deur ‘n marathon tussen Boesmans mond en Kwaaihoek. Daarna is dit naellope en die oggend hoogtepunt:…

  • Vandag toe soek ek vir ‘n Luciano Pavarotti opname van Nessun Dorma. Ek kry toe ‘n clip wat al 8 miljoen hits gehad het. Dit het heeltemal sin gemaak want hy is sekerlik die beste tenoor van ons tyd. Maar wat vir my vreemd was was dat daar ‘n ander opname van Nessun Dorma deur…