Afrikaans in Familie Heunis
Welkom by Attie & Lené Heunis se Amptelike Webtuiste. Ja dis net ons twee vir nou, maar Lené is verwagted. Teen September 2006 behoort ons drie te wees. Op hierdie stadium dink ons dit gaan 'n dogtertjie wees.
Ja-nee ons is beslis Afrikaners en trots daarop! Ons glo Afrikaans het 'n helse rol te speel in nie net Suid-Afrika nie, maar oor die hele wêreld. Dit is werklik 'n mooi taal en dit is iets baie spesiaal vir die al die Afrikaanses - dit sluit
Kleurlinge, Afrikaners, Boesmans, Jode, Hottentotte en Swartmense ook in. Dit is
vir ons net so wonderlik om straat-Afrikaans in die Kaap te hoor as om grênd
Afrikaans in 'n N.P van Wyk Louw gedig te lees. Afrikaans lewe in allerhande vorme!
Omdat ons en ander so mal is dinge in Afrikaans uit te druk het ons 'n Afrikaanse
potgooi (dis nou Afrikaans vir podcast) webtuiste begin. Jy kan gerus na ons en
baie ander baie goeie shows gaan luister by Potgooi.NET.
Gepraat van Afrikaanse gedigte, iemand wat my gereeld stomslaan is Hilda Smits van
dignet. Gaan loer gerus. My gunsteling is nog altyd:
die trofees
die koppe teen jou kamermuur tuur glasig uit oor land en wier vas
gemessel sonder graf of steen jou vier mure demp die reuk van reen
soveel fier oe in jou tronk vermink verower die dag rus loodswaar
op sy drie pote maar jy klein man rower van die stom siel was jou
hande in bloed blind vir verstarde spoke snags soekend na reen
Afrikaans is ook beslis besig om tegnologie te omhels. Raymond Greenberg en ander
is besig om 'n aanlyn Afrikaanse Radio stasie aanmekaar te slaan. Gaan luister gerus
by Radio Afrikaans.
Wel hou die blink kant bo! En ons hoop om julle iewers weer raak te loop.
|