The Heunis Family

November 5, 2005

About Us

I don’t know nearly enough about the Heunisses so I’m thinking of putting together a Heunis database. I figure that Heunis.NET will be a good place to host this as well.

All I know of the Heunis family tree from my sisters (Katinka Ladewig and Abbie Heunis) and I (Attie Heunis) up is: Rulan Heunis (my father), Attie Heunis (my grandfather) and I think Jan Heunis (my great-grandfather). That really (and shockingly) is about as much as I know.

Heunis isn’t such a well known name in South-Africa, but I think most of us are based in the Southern-Cape. As far as I know the first two South African Heunisses were two brothers that arrived from Holland and settled in the Southern Cape. The one was a builder and the other one worked in the forest.

I know my dad’s cousin, Hannes Potgieter, from Alexandria researched his family quite extensively. His mother was a Chrissie Heunis so we do feature quite prominently in his research. This sounds like a good place to start.

Advertisement
,

About Attie Heunis

I'm from Boesmansriviermond in South-Africa's Eastern Cape. My passions are Nature, Politics (in the greater sense of the word) & Software. I love all things to do with nature & wilderness, but my absolute passion is for Africa. You haven't lived until you have experienced the deserts, plains or bushveld of Africa! To earn my living, my wife and I are setting up our business.

View all posts by Attie Heunis

37 Comments on “The Heunis Family”

  1. ilo Says:

    My skoonpa het sy familie hier in Suid Afrika nagevors tot by ‘n Boesman moeder en ‘n Deense Vader! Dit is regtig ongelooflik amazing om die stamboom te sien. Maar dit is ook nogal hectic met tye, want daar is nogal ‘n hele paar ‘skandale’ wat so uitkom as mens ‘n bietjieste veel krap.

    Ek het ook ‘n groot behoefte om my familie na te vors. maar die tyd, o die tyd…

    Reply

    • Cynthia Morris Says:

      My ouma was Elizabeth Margarethe Heunis, gedoop in Graaff Reinet in 1892. Haar pa was Christiaan Jesaia Antonie Albertus Heunis and haar ma was Johanna Renci Smith. Ek soek graag meer inligting oor hulle as iemand my kan help. Ek weet nie watter nasionaliteit hulle gehad het.
      Ek sal bly wees om enigiets daaroor ro hoor.
      Dankie,
      Cynthia

      Reply

    • Cynthia Morris Says:

      Hello ilo…. Could you let me have more information about your father-in-law’s family research as it sounds a little like ours!

      Thank you
      Cynthia Morris

      Reply

  2. Attie Heunis Says:

    Hey ilo,

    Ek gee nogal nie om vir sulke skandes nie. ‘Sekere’ lede van my gesin is rOrig te bruin om heeltemal wit te wees. LOL!

    Reply

  3. Anonymous Says:

    Hi daar,

    My naam is Deon Heunis, seun van Casper Heunis, seun van Job Heunis.

    Ek het al probeer om die “heunis clan” te trace, maar kon nie veel uitrig nie :( Ek is wel familie van oorlede oud minister, Chris Heunis. Hy was my Pa se klein neef ?? so iets.

    I found this, don’t know if it will help? http://www.mypeoplepuzzle.co.za/2/2777.html

    As jy meer uitvind, email my asb. @ deon@heunis.com

    Cheers
    Deon

    Reply

  4. Anonymous Says:

    My naam is Wim Heunis seun van Coenraad Hendrik Heunis seun van Urnis Philipus Heunis. Was ook ,n neef van Chris Heunis. My pa se broers se name was asvolg, At, Erens,Klasie en sy susters was Rietie en…. Seun van oom At se naam was Deon wat saam met my in die weermag was in 1982 te Oudtshoorn. Sy suster se naam is Sharmyn.

    Reply

  5. Casper Heunis Says:

    Son of Casper Heunis
    Grandson of Sam Heunis

    Reply

  6. Casper Heunis Says:

    My Pa Casper Heunis was ook n neef van die oudminister Chris Heunis.

    My e-mail is casper.heunis@siemens.com

    Reply

  7. Marius Heunis Says:

    My Pa was Hermanus Casparus Heunis en was van Hermanus afkomstig, gebore in 1914, my broers is Eugene, Gerhardt, Herman en my susters is Annette en Estelle. My Ma se van was Du Preez van Graaf Reinet
    Ek en Hermann het probeer om die Heunis van na te vors maar die oudste wat ek kon vasstel is sowat 1895 afkomstig van Nederland.

    Reply

  8. Loudine Heunis Says:

    My pa is David Stephanus Heunis, my oupa was Johannes Stephanus Heunis en ons is ook erens verbonde aan Chris Heunis, asook Johan Heunis, die rugby speler. Ek dink ons is almal verwant aan mekaar! Ek probeer die betekenis van die naam Heunis opspoor, maar sover kry ek niks. Kan een van julle my dalk help om die inligting op te spoor?

    Reply

  9. yolandi Says:

    ek probeer ook familie lede opspoor. my pa was cristo arthur heunis enigste seun van koos heunis wat in aberdeen gewoon het.

    Reply

  10. Ina Baker Says:

    My ma is Rietie Heunis suster van At, Klasie,Ernest,Bettie en Coerad. Wil ook dieselfde doen as almal. Indien dit van enige waarde sal wees Sedgefield was ,n plaas wat aan ons familie behoort het. Sal enige iemand my asseblief ophoogte hou is ook bereid om te help. My suster Joey het die familie stamboom of die wapen julle kan haar kontak by die volende e-pos adres: morne@live.au laat weet my as julle nie reg kom met haar mail nie.

    Groete,
    Ina

    Reply

  11. Casper Heunis Says:

    Ek is Casper Willem Heunis
    Pa is Frans Sebastian Heunis
    Oupa is Casper Willem Heunis, het vir ‘n lang tud in George gebly.

    Ook ver familie van Chris Heunis and Johan Heunis.

    My broer is Andreas Francious Heunis and suster Margaret Lious Heunis.
    Pa se broer is Christian Heunis, susters is Izel and Thea.

    Het gesoek vir familie wapen maar kon dit nerens kry, as iemand weet waar om dit te kry laat my asb weet.

    Reply

  12. Hettie Barnard Says:

    My man se ouma se van was Heunis – sy het getrou met Hendrik Jacobus Gerber – hulle het in Langvlei, naby Knysna gewoon dink haar naam was Susarah (Sarie) – jammer dat mens nie gedink het om meer uit te vra toe jy kind was nie – nou het ons net hierdie brokkies informasie …..

    Reply

  13. Francois Heunis Says:

    Ek is Francois Sebastian Heunis, seun van Francois Palm Heunis van George.
    My oupa was Frans Sebastiaan en hy het 3 seuns gehad, Casper Willem, my pa en Vondel Sebastiaan, asook 2 susters, Gertruida Martha en Dorothea Catharina (nie seker van hul 2de name).
    Die familiewapen het in my oupa se huis gehang, maar ek weet nie wat daarvan geword het nie, sal bietjie uitvind en dit probeer afneem.

    Reply

    • Attie Heunis Says:

      Ja asse-groot-blief. Ek sal wat gee om een in die hande te kry.

      Reply

      • Loftus Heunis Says:

        Goeie dag,

        Wie gaan inspring en ‘n massiewe groot Heunis-saamtrek laat gebeur (ek sal help. Kan julle dink hoe ‘n absolute jol dit kan wees! Ons kan feitlik daar ‘n stamboom saamstel.

        TERLOOPS: ENIGIEMAND WAT DIE FAMILIEWAPEN WIL SIEN KAN MY PER E-POS KONTAK.

      • Loftus Heunis Says:

        STUUR MY ‘N E-POS EN JY KRY DIE WAPEN.

  14. Chris Heunis Says:

    Ek is Chris Heunis, kleinseun van oud minister Chris Heunis.

    Groete,

    Chris

    Reply

  15. Jaco Heunis Says:

    Ek sal ook graag die familie wapen wil sien waar kry ons dit, Ek is Jacobus Heunis seun van Jacobus Heunis seun van Albertus Heunis

    Reply

  16. Estelle van Rensburg Says:

    Eks Estelle van Rensburg, gebore Heunis. My pa was Marthinus Johannes Heunis van die Rietbron/Willowmore omgewing. Ekt in die Groot Afrikaanse Familienaamboek die volgende inligting gekry: Heunis – betekenis: Seun van Heun of Heune, ‘n vorm van Hendrik.
    Stamvader: Herman Heunis, van Leiden (Nederland). Kom vor 1798 hier aan. Trou 5.8.1798 op Swellendam met Maria Catharina Gerber (5 kinders). Daar is ongelukkig nie ‘n familiewapen in boek nie.

    Reply

    • Jacquline Ignashia Heunis (Izaks) Says:

      Hi ek is Jacquline Ignashia Heunis (getroud Izaks)gebore te Suurbraak naby Swellendam die klien dogter van Japie Heunis hy was gevestig in Mosselbay. Hy het in die tweede wereld oorlog nog geveg. Ek sal graag meer van die Heunis stam wil uit vind.

      Reply

  17. Hannes Heunis Says:

    Hallo al die Heunisse. My doopname is Johannes Marthinus, gebore 8 Jan. 1961. My oorl. pa was Pieter Daniel, gebore in Knysna distrik en grootgeword in Knysna Bos. My oupa was die legendaries Hannes Heunis, bekend in die Bos as “Meester Heunis” . Dalene Matthee vermeld hom in een van haar boeke oor die Bosmense. Hy het die eerste skooltjie in Veldmanspad in Knysna bos begin en die bosmense se kinders geleer. Ek dra die oorspronklike familie naam (nou omgekeerd) wat aanvanklik Marthinus Johannes was. My oudste broer, Gert, doen al jare navorsing oor die Heunis familie se herkoms en status. Kontak my gerus vir meer inligting. Hy het feitlik die hele stamboom nagevors. Ek vermoed hy kan ook meer lig werp op die moontlikheid van ‘n familie wapen. Groete. Hannes

    Reply

    • Hans Heunis Says:

      Middag Hannes
      My Pa (Johannes Jacobus ook Hans gebore Mrt 1926) is ook afkomstig van Knysna. Hy’s die oudste van 7 kinders Hy het al dikwels van Hannes Heunis gepraat. Hy’s die oudste seun van Christiaan Stehpanus (Fanie) Heunis en Sarah gebore Pienaar. Hy sal dit dit waardeer as hy die familie-wapen kan sien. Groete Hans Heunis

      Reply

      • Hannes Heunis Says:

        Dag Hans,
        Oupa Hannes het ‘n paar broers gehad, onder andere Jan, Fanie, Sam, en Hertjie. Laasgenoemde was die jongste. My oorl. Pa (Pieter) het vertel hoe hulle as kinders by Oom Fanie-hulle in die bos gaan kuier het. Blykbaar het Oom Fanie (dit mag dalk jou oupa wees) hout gemaak in die bos, en het hy dit ook uitgery Knysna toe. Oupa Hannes het volgens oorlewering onder oom Fanie se naam ook hout gemaak. My pa het ook vertel hoe hulle as familie elke jaar oor Kerstyd met oom Fanie se wa en osse?? afgetrek het Nature’s Valley toe en daar vir die maand vakansie gaan hou het.
        Ons kan dalk direkte kleinneefs wees. Terloops, ons het my pa op “band” opgeneem waar hy vertel van hulle grootword jare in die bos. Jy kan my gerus telefonies kontak. Ek woon in Kuilsrivier. Sel. no. 0765519644 e.pos; maheunis@telkomsa.net. Ons kan gerus so ‘n Heunis saamtrek organiseer.
        Heunis en Bos groete aan almal.
        Hannes Heunis

  18. Louis Heunis Says:

    Aan die mede Heunisse
    My naam is Louis Barnend Heunis
    Gebore 17 April 1955 te Uitenhage

    My “spore” is soos volg:

    My Pa se geboortedatum is 16 Mei 1931. Sy naam is Aubrey Lawrence Heunis. Hy is ook in vandag se Oos Kaapprovinsie gebore. My Ma se doopname was Aletta, nooiensvan (Bellingham). Sy is in Uitenhage gebore. My Ma en Pa is ook in Uitenhage getroud. My oupa en ouma het ook lank op Uitenhage gebly. Vanaf 1955 – ongeveer 1969. Daarna het hulle Bloemfontein toe verhuis om maar weer terug Port Elizabeth toe te trek. My Oupa is in 1976 oorlede en in Port Elizabeth begrawe.

    My Oupa, aan my Pa se kant, se doopname was Barend Johannes Vorster. Hy is met ‘n nooi (My Ouma) met die naam van Lilian van Eck getroud wat ook uit Graaf Reinette se wereld kom. My Pa se oudste suster se naam is Jean (gebore 10 April 1927). My Oupa het sy Ma se nooiensvan “Vorster” as tweede naam gehad. Sy Oupa/Pa? het in Graaf Reinette gebly. Laasgenoemde is daar met ‘n tweede vrou getroud. Nie kinders by haar gehad nie. Volgens oorlewering was ook iewers nooiensvanne “Palm” en ‘Gerber” in my voorgeslag. Daar was ook iewers ‘n seun/broer met die voorname Frans Sebastian in my voorgeslag.
    Ek het dit ook so dat die Stamvader was ‘n Herman Heunis, van Leiden (Nederland). Hoe akkuraat dit is weet ek nie.

    Groete. Louis

    Reply

  19. Louise Says:

    Wel, ek is nou nie ‘n Heunis nie, maar, yip daars altyd ‘n Maar.
    ‘n Sam Heunis van Vredenburg het vroeer jare vir my skool gehou? Enige familie van jul alger?

    Groetnis,

    Louise van den Heever

    Reply

  20. Claudette (Claudie) Says:

    Hello, my naam is Claudette Hiles (gebore Heunis). My pa was die oudste van 6 kinders van CC Heunis (Cornelius Christiaan Heunis) wat met Edith Kapp getroud was. Hulle het ook oorspronklik in Knysna bewoon waar my pa, Johannes Alexander (Bobby) gebore is in 1918. Ek weet nie of sy broer, Christiaan Cornelius (Groot Neels), Basie (die jongste broer), Rita (oudste suster) Edith (middel suster) en Johanna (jongste suster) ook daar gebore was nie. Oupa en Ouma Heunis het later Grahamstad toe getrek en nog later Boesmansriviermond toe. Sover ek weet is almal oorlede (veral in 1994!), maar ek is nie seker van Tannie Edie (wat laas Sedgefield toe getrek het) nie. Oom Neels se vrou, Tannie Crimora, leef nog (in haar 80′s) in Grahamstad. Bobby (my pa) se kinders is Edie (afgetree en bly iewers in die Weskus), Loretta (dokter in Boesmans), Claudette (ek) wat nou in Sacramento, California bly, Andre (Port Elizabeth) en Rochelle (sterf in motorongeluk in 1994). Dis nou genoeg vir eers.
    Kan iemand my asseblief die posadres van Loftus Heunis stuur? Ek stel baie belang in die familie wapen.
    My adres is: claudie1001@yahoo.com
    Dit was nou ‘n verrassing om al die Heunisse hier te vind!!
    Groete
    Claudette (Heunis) Hiles

    Reply

  21. Lorraine \mcDowell Says:

    My Father, James Banfield did some extensive research on the Heunis family name. He recorded nearly 800 names which you can access on the Danie Farr website (http://www.farr.co.za). My mother was a Heunis and her parents were Casper Wilhelm Heunis and Louisa Kapp. The research goes back to Hermanus Heunis, born 19 Jan. 1768 in Leiden, Nederland. If you can link up your family with any of those Heunis’s just send your information to Danie and he will add it to the website.
    Regards
    Lorraine McDowell

    Reply

Leave a Comment

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.